Die voormalige DA-leier Mmusi Maimane se aansoek in die Konstitusionele Hof om die geleidelike heropening van skole te stuit, het misluk.
Maimane het Maandag, by wyse van sy nuwe organisasie, One South Africa Movement, ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om te vra dat skole eers oor drie maande oopmaak, het EWN berig.
Etlike skole het die afgelope Maandag weer kontakonderrig hervat en daar word verwag dat alle skole komende Maandag sal heropen. Dít nadat skole op 18 Maart gesluit het om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Maimane meen egter dit is onverantwoordelik om skole nou al oop te stel en dat leerders en onderwysers onveilig sal wees.
Die Konstitusionele Hof het dié aansoek egter Vrydag van die hand gewys op die grondslag dat Maimane se organisasie nie behoorlik motiveer waarom hy dié hof direk nader nie. Die hof het nie ʼn bevinding rakende koste gemaak nie.
Min. Angie Motshekga se besluit om skole te heropen word wyd gekritiseer en onderwysvakbonde voer aan dat skole nie betyds toegerus is met behoorlike beskermingsmateriaal om te verseker dat hulle aan al die veiligheids- en gesondheidsmaatreëls voldoen voor hulle leerders terugverwelkom nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
So die priester het bloedbek gekry. Word al hoe meer irrelevant
grap gat
Ag Maimannie, ons het al vergeet van jou.
Gaan slaap maar weer verder.
Jammer Pastoor, maar sonder tannie Singapoer is jy in jou ………..
Op sy eie nou