Skole: Maimane se hofaansoek van die hand gewys

Vakbonde en skoolbeheerliggame sê skole is nie gereed om Maandag te heropen nie. (Foto: Unsplash)

Die voormalige DA-leier Mmusi Maimane se aansoek in die Konstitusionele Hof om die geleidelike heropening van skole te stuit, het misluk.

Maimane het Maandag, by wyse van sy nuwe organisasie, One South Africa Movement, ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om te vra dat skole eers oor drie maande oopmaak, het EWN berig.

Etlike skole het die afgelope Maandag weer kontakonderrig hervat en daar word verwag dat alle skole komende Maandag sal heropen. Dít nadat skole op 18 Maart gesluit het om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Maimane meen egter dit is onverantwoordelik om skole nou al oop te stel en dat leerders en onderwysers onveilig sal wees.

Die Konstitusionele Hof het dié aansoek egter Vrydag van die hand gewys op die grondslag dat Maimane se organisasie nie behoorlik motiveer waarom hy dié hof direk nader nie. Die hof het nie ʼn bevinding rakende koste gemaak nie.

Min. Angie Motshekga se besluit om skole te heropen word wyd gekritiseer en onderwysvakbonde voer aan dat skole nie betyds toegerus is met behoorlike beskermingsmateriaal om te verseker dat hulle aan al die veiligheids- en gesondheidsmaatreëls voldoen voor hulle leerders terugverwelkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bernard ·

So die priester het bloedbek gekry. Word al hoe meer irrelevant

gatgogga ·

Ag Maimannie, ons het al vergeet van jou.
Gaan slaap maar weer verder.

Adam ·

Jammer Pastoor, maar sonder tannie Singapoer is jy in jou ………..

Outop ·

Kan nie glo die DA het so dom ou gehad as leier. Hy is totaal irrelevant

Michael 1 ·

Dit is jammer die terug skole toe gaan baie mense nou blootstel aan die virus,ek dink hulle moet die jaar skrap en 2021 oor begin.

Anoniem ·

Wat van die matrieks. .?Dit is nie moontlik dat hulle 2020 sommer net so kan mors nie.

Rodger17 ·

Maimane het in ellende verval na hy uit DA is!Nou funksioneer DA onder Johan Steenhuysen!Wys jou net wat kan gebeur met bevoegde mense in beheer!

lodewyk ·

Bly die matrieks en gr 7 kan weer skool hervat en die res sal volg

Willem ·

Plaas hy gaan praat met daai slim Graad 12 van Bishops wat nou staak en eise stel aan onderwysers en beheerlgaam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.