Skole moet voedingskema onmiddellik voortsit – hof

(Foto: Helpende Hand.)

Die hof het die departement van basiese onderwys beveel om onmiddellik voort te gaan met die nasionale voedingsprogram by skole.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het hom na die hof gewend nadat die voedingskema, wat nagenoeg nege miljoen leerders by skole landswyd voed, gestaak is toe skole gesluit het om die verspreiding van Covid-19 te verhoed. Skole het op 1 Junie vir bepaalde grade heropen, maar die voedingskema is nog nie weer hervat nie.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het die nasionale onderwysdepartement en onderskeie provinsiale LUR’e van onderwys nou beveel om binne tien dae met ʼn plan vorendag te kom waarin hulle uiteensit presies hoe die voedingskema hervat gaan word. Die uitspraak spesifiseer ook dat leerders in die grade wat nog nie teruggekeer het skool toe nie, ook gevoed word.

“Leerders se toegang tot basiese voeding is ʼn grondwetlike reg wat noodsaaklik is vir die verwesenliking van die reg tot basiese onderrig,” lui die uitspraak. “Die volgehoue versuim van die departement en LUR’e om aan dié vereiste te voldoen, sal miljoene kinders tydens die winter honger laat.”

Die MRK het die uitspraak verwelkom.

“Dit is net een van die redes waarom die kommissie meen leerders so gou moontlik moet teruggaan skool toe,” lui ʼn verklaring wat die kommissie Maandag uitgereik het. Daar heers tans groot verdeeldheid onder ouers, onderwysvakbond en ander rolspelers in die onderwysbedryf oor of skole weer moet sluit soos die getal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika al skerper styg. Vakbonde eis dat skole weer sluit tot ná die pandemie ʼn piek in Suid-Afrika bereik het.

Die MRK het verwys na die uitkomste van die nasionale studie oor inkomste dinamika (NIDS) wat verlede week gepubliseer is en wys op die toenemende gevalle van hongersnood onder leerders.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Baie goeie nuus.

JohanR

Die ANC sal dat elke kind in Suid Afrika sterf van die honger, en nie ‘n duit om gee nie. Julle gaan stem vir mense wat ‘n polisie wa voor Cradle of Hope sit, om te stop dat kinders ‘n grondboontjie toebroodjie en piesang kry vir die dag? Ek lees iewers vandag dat ouers is besig om hulle kinders plante te gee om te eet…..plante. Het een ANC sedert 26de Maart sonder ‘n salaris gegaan? Kyk na ou Gwede Mantashe se maag…..dit lyk asof hy 18 maande swanger is! Floyd Shivambu lyk asof hy sommer ‘n hele MacDonalds gebou, kombuis… Lees meer »

PH

Dis wat gebeur as kommunisme oorneem.

Isabella

My hart gaan uit na kinders wat skool gaan en honger is terwyl ander saam hul kos ht…mense help waar jul kan …ek gaan beslis