Skole nog glad nie veilig om te heropen – opname

(Argieffoto)

Driekwart van skole landwyd het nog nie eens regulasies ontvang oor hoe veiligheid- en gesondheidsmaatreëls te midde van die Covid-19-pandemie toegepas moet word nie. Bitter min skole het ook reeds maskers, watertenks en ontsmettingsmiddels ontvang.

Só wys ʼn opname deur verskeie onderwysvakbonde wat verlede week onder amper 10 000 openbare skole (40% van skole) landwyd gedoen is. Dié opname wys hoe min werklik tot dusver gedoen is om skole gereed te kry om teen 1 Junie die eerste groep leerders te ontvang. In baie gevalle is skole nog nie eens ingelig oor wat van hulle verwag word nie. Angie Motshekga het Dinsdag gesê dat alle prosesse gereed is om te verseker dat leerders en onderwysers binne die volgende twee weke kan terugkeer skool toe.

Die opname wys egter die volgende:

  • Slegs 22% van skole het reeds regulasies ontvang oor hoe gesondheid en veiligheid by skole toegepas moet word.
  • Die meerderheid skole (60%) sê hul kringbestuurder was nog nie in verbinding met die skool om te verduidelik wat van hulle verwag word nie. In Noordwes en Gauteng het die minste skole aangedui dat hulle kontak met hul kringbestuurder het.
  • Amper die helfte (44%) van skole het aangedui dat hulle nie genoegsame toegang tot water het nie. Meer as 60% van skole in die Oos-Kaap sê hulle het nie genoeg water om hande te was en die skool skoon te hou nie.
  • 39% van skole wat afhanklik is van watertenks het dit nog nie ontvang nie.
  • Slegs 8% van skole sê dat hulle kantore en administratiewe ruimtes reeds skoongemaak en ontsmet is. Die Noord- en Wes-Kaap het tot dusver die meeste vordering in dié verband gemaak.
  • Slegs 5% van klaskamers is tot dusver by skole landwyd ontsmet.
  • 92% van skole het aangedui dat hulle nie genoeg skoonmaakmiddels het om die klaskamers daagliks skoon te maak nie.
  • Amper al die skole (99%) het aangedui dat hulle nog nie genoeg gesigmaskers ontvang het sodat elke leerder en onderwyser ten minste twee het nie. Slegs 6% van skole het reeds genoeg handreinigers ontvang.

22 Mei_SKole Heropen.jpg“Die opname wys daar is veral ʼn agterstand met die instelling van maatreëls in landelike provinsies soos Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap,” lui die verslag. Vakbonde, onder wie die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika (Naposa) sê in ʼn gesamentlike verklaring dié opname wys daar is ʼn duidelike gaping tussen wat die minister van onderwys verkondig en wat werklik op grondvlak gebeur.

“Indien beskermende toerusting nie betyds by skole afgelewer en klasse nie behoorlik skoongemaak word voor onderwysers en leerders terugkeer nie, sal onderwysers en leerders hul lewe in gevaar stel deur dié skole te betree,” lui die verklaring.

Kyk vanmiddag (Vrydag) 14:00 na Maroela Media se regstreekse uitsending, wanneer ons dié belangrike kwessie met kenners bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Emily ·

A.M en al die ander soos sy wat dink hulle weet wat goed is vir ons, moet asb verder gaan leer en lees.

capie ·

So belieg hulle die mense en parlement net om goed te lyk. Sal miskien volgende jaar die tyd reg wees.

Stof ·

As mense, met menslike planne wat bloot net menslik is, teen mekaar praat, saai hulle vrees, paniek, twyfel, kleingeloof en selfs ongeloof bly saai. So ook, verwarring en frustrasie.
Ek sien daagliks hoedat wondere gebeur, as ons ons klein en eiegeregtige plannetjies opsy skuif, en direk, ons uitdagings na die Hoogste gesag neem, sonder om eers ons eie aarse slimmigheidjies te beproef. Vader se genade is groot. Hy is getrou. Hy kan selfs vir politici lief wees. Kom ons doen die regte ding, en konsulteer Hom altyd eerste, voordat ons met ons menslike breintjies, elkeen uiteenlopende slimmighede kwytraak. En dít, geld veral vir die politici.

Lizanda ·

Op die wyse wat hierdie land regeer word, dalk nooit weer nie, wie weet?

Jan ·

Miskien is ek dom. Maar maak die townships waar die siekte broei toe en maak die skolle oop. Die grootste probleem is dat as die land oop maak moet die staat begin om hulle werk te doen. Meerderheid van hulle is oor 60 oordie muur en met n voet op n piesang skil. En dit is die ouderdom wst die meeste geraak word deur die virus. Hille is bang hulle kry daai siekte.

Petrus ·

Tipies soos hulle is is die praat baie en die doen min. Gaan seker konsultante aanstel om die skole oop te maak. Wat hulle nodig het is ‘n skop onder die gat.

Alida ·

Die skole was nog nooit op standaard nie. Hulle 26 jaar gehad om te sorg vir lopende water en spoeltoilette!!nou skarrel hulle met watertenks teen astronomiese pryse. Die ANC kan nie die land regeer nie dit is duidelik. Die DA het hulself bewys in die Weskaap. Maar die dommes sal weer ANC stem.

ElizeK ·

Alida, ek stem ongelukkig nie met jou saam nie.
Die DA beheerde Wes Kaap, veral COCT area lyk en ruik ook al soos n riool aanleg.
Ons pragtige moederstad en omgewing, gaan by die dag agteruit en dit breek my hart.
As jy nou DA in beheer wil sien, gaan kuier gerus in Mosselbaai en omgewing.
Jy sal nie eers n papiertjie in Kwanonqaba Township kry nie.

David ·

Die opname is gedoen agt dae terug. In Gauteng, waar ek op skole se beheerliggame help, is daar tussentyds baie gedoen. Omvattende riglyne is deurgegee en veiligheidstoerusting is afgelewer. Die GDO het selfs vir skole met “competent governing bodies” R15000 gegee om self die sanering te doen en sertifisering te bekom pm oop te maak. Die GDO het ook gehelp deur die gewone Desember bydraes vir uitgawes nou betaal om skole te help.

marius ·

Waarom sal hulle ? Daar is mos baie klasse oop in die skole wat hul nerwe afwerk ……

Willem ·

Idien sadru wil wag dat alle skole gereed sal wees vir skool gaan hy lank wag.Na 24 jaar is die skole in die noorde nog sonder water. Nee wat jul soek n verskoning om nie te werk nie. Daar word verwag dat skoolfonds betaal word maar julle wil nie werk nie. Geen WERK geen Betaling

Jack ·

So gaan dit jaar na jaar met skoolboeke en dit is dus niks snaaks dat dit ook hier die geval sal wees nie. Daar bly maar net n gebrek aan dringendheid by mense in die posisies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.