Skole ook nie ontsien tydens KZN-onluste

(Argieffoto: Unsplash)

Tientalle skole in KwaZulu-Natal is die afgelope paar dae deur misdadigers verniel en geplunder nadat grootskaalse onluste die naweek in dié provinsie uitgebreek het. Drie kantore van die departement van onderwys het ook deurgeloop.

Volgens die departement van basiese onderwys is skole in uMgungundlovu, Pinetown, Umlazi, Harry Gwala, Ugu en Amajuba geteiken. Altesaam 29 skole en onderwyssentrums het deurgeloop.

Infrastruktuur by skole is gebrand, geboue verniel en eiendom geplunder. Rekenaars, ’n gasstoof en boumateriaal is van die items wat gesteel is. Van die skole se skade moet nog bepaal word.

Basil Manuel, uitvoerende direkteur van die onderwysvakbond Naptosa, sê die plunderaars het blykbaar kos by die skole gesoek.

“Dit is skokkend dat soveel skole geplunder is. Die oortreders beroof onskuldige kinders van onderrig en ’n blink toekoms. Hulle lewens word heeltemal ontwrig,” het die vakbond in ’n verklaring gesê.

“Afgesien van die sielkundige impak wat die plundering op die leerders en onderwysers van die betrokke skole het, is daar ook oor die algemeen ’n baie groter impak op die psige van kinders. Elke keer wanneer volwassenes oor sekere kwessies in die samelewing betoog, vrees hulle dat hul skole moontlik in die proses geteiken gaan word.”

Die vakbond sê die vandalisme en vernietiging van skole moet in ’n ernstiger lig beskou word. “Dit moet nie meer as net ’n oortreding van ‘saakbeskadiging’ beskou word nie. Daar moet strenger hierteen opgetree word. Hierdie dade is gelykstaande aan verraad.”

Naptosa het ’n beroep op gemeenskapslede gedoen om diegene aan te gee wat vir die beskadiging van skole verantwoordelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

casper ·

Maak net die skole toe — hulle verdien nie onderrig nie !!!

Snowball ·

Onderrig en opvoeding is duidelik nie deel van die toekoms vorentoe nie..
En die armoede en ongeletterdheidsiklus duur so voort.

Johann ·

Bloot deel van n ANARGIE STAAT. Hou die ongeskoolde massas ONGESKOOLD om hulle soos nou te kan verwoes sonder keer.of gewete. GEEN vermoë om vooruit te dink en beplan nie.

Dis deel van ‘n plan wat al laaaaaankal deur die terroris regering bedink is.

Suzette ·

Johann en ek wonder wat het ace nou die dag by zuma gaan maak – selfde met cele.
Hierdie anargie is behoorlik beplan – hier is ‘n paar vingers in die pastei….. soos jy se ongeskooldes ideale manupilasie materiaal – glo alles wat hulle vertel word en dan breek en brand ons.

Elize ·

Die Afrikaan het ‘n probleem met vooruitgang. Hy beskou geboue en skole as kolonisasie. Ons het hulle iets gemaak wat hulle nie is nie. Hulle wil nie westerlinge wees nie. Ek het nou die dag na ‘n klompie van hulle geluister. Hulle was tevrede met hulleself en toe kom die witman???

Misky ·

Ek verstaan nie die ‘af duim’ nie. Jy is 100% in die kol Elize

Marilize ·

“Basil Manuel, uitvoerende direkteur van die onderwysvakbond Naptosa, sê die plunderaars het blykbaar kos by die skole gesoek.”
En dis hoekom die skole afgebrand word?

Genade, hulle eie kinders se toekoms.

marius ·

Want hulle is honger en verarm , nie so nie jul spul patetiese leunaars ?

Suzette ·

Mmmm en dan more is daar weer oproer omdat daar nie voldoende skole is nie, of omdat die skole nie voldoende toegerus is nie – wat ‘n klomp idiote….

Johanna ·

Ag nee wat…
As mens dom onnosel is, moet ander sukkel. Hoe meer julle afbrand en verwoes hoe minder kos en skole gaan daar wees. Net mense sonder verstand brand skole, universiteite en Besighede af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.