Skole open wel vandag ondanks Winnie-boodskap

Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Dumisani Sibeko/ANA

Die Gautengse departement van onderwys het Maandag ʼn boodskap verwerp wat lui dat skole in die provinsie nie Dinsdag heropen nie.

Die departement het gesê dit volg nadat ʼn “misleidende” boodskap wyd op sosiale media gedeel is waarin “streeksbeamptes” leerders inlig dat skole vandag nie heropen nie weens Winnie Madikizela-Mandela se begrafnisproses.

“Dit is jammer dat so ʼn misleidende boodskap versprei word en die departement distansieer hom van die ongegronde ‘kennisgewing’,” het Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in die provinsie, gesê.

“Ons wil graag ons leerders vandag terugverwelkom in die tweede kwartaal en hoop en sien daarna uit dat hulle uitblink.”

Madikizela-Mandela is op 2 April in ʼn Johannesburgse hospitaal dood ná ʼn siekte. Sy was 81 en word op 14 April begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anne ·

Ek stem , kan hulle dit asb tog nou agter die rug kry, ons wil regtig nie vir die volgende drie maande daarvan lees nie.

SjN ·

Dit is een van die vele redes hoekom ons land rommel status is, wat het dit met onderwys uit te waai.

Alida ·

Siek en sat vir hierdie uitgerekte gedoente. Kry klaar en gaan aan met die lewe.

Van more af ·

Uiteindelik vandag. So van more af kan mens weer begin nuus luister. Wat n ophef van n persoon wat bygedra het tot die val van die sterkste land in Afrika. Daar gaan daagliks mense dood in die land wat werklik iets vir die land beteken het.

Casper Labuschagne ·

@Van more af, ek sou nie so vinnig wees om te sê dat jy van WInnie ontslae gaan wees nie. Die kanse is goed dat in die naburige toekoms jy met Winnie Mandelaweg moet afry om by die winkels uit te kom.

haha ·

Jys reg Casper. Die tipiese ANC mens het mos nie inisiatief of vermoe om eie paaie en ontwikkelings te bou nie, hulle kan net dit wat ons gebou het se name verander en dit dan vol slaggate laat vergaan.

Leana ·

Beter dinge om te doen as om n krimineel se begrafnis by te woon.

Kannaland ·

Dis reeds wat die ANC van hou, om kriminele tot helde op te hef, soos Zuma en vele ander.

Casper Labuschagne ·

In Winnie se dae was die een geslag swart mense na die ander se toekoms effektief vernietig deur die slagspreuk, “Liberation before education.” En na Winnie se afsterwe klim daardie selfde spook letterlik alweer uit haar graf uit – net hierdie keer is dit nie bloot ‘n nuwe geslag se toekoms wat vernietig gaan word nie, maar dalk die hele land se toekoms.

En daardie “Liberation before education” is die felste aanklag wat ek teen Winnie Mandela het en iets wat niemand nou noem of van skryf nie. Sy het die letterlik die geleentheid op ekonomiese verbetering vir tientalle miljoene swart mense vernietig deurdat sy hulle oorreed het om hul opvoeding prys te gee ter wille van ‘n stryd teen die wit regering. En aan die einde van die dag het verandering plaasgevind geheel ondanks Winnie Mandela se stryd en het gekom omdat die val van die Sowjet Unie veroorsaak het dat die ANC nie meer ‘n gewapende stryd effektief kon voortsit nie en het sodoende die deur vir ‘n onderhandelde skikking moontlik gemaak.

Oom Kalahari ·

Dit is net logies dat die skool kindertjies vir die week kon tuis bly om Mama Winnie se afsterwe te eer en Maandag kon terugkeer. Dit sal ook van pas wees as die groot stryder van apartheid ge-eer kan word deur Winnie dag, Winnie Avenue(Straat naam), Museum, Parke, geboue en Standbeelde. Daar is sovele wat na hierdie Ikoon vernoem kan word. Wat van ‘n SA Lugdiens vliegtuig wat na Winnie vernoem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.