Skole se voorbereidings ‘vorder’ voor Maandag se heropening

(Argieffoto: Unsplash)

Skole maak vordering in hul voorbereiding om op 1 Junie te heropen nadat dit vroeër die jaar weens die Covid-19-pandemie gesluit is. Sommige skole het egter steeds nie veiligheidstoerusting ontvang nie, het die departement van onderwys Dinsdag gesê.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Maandag met die raad van opvoeders vergader om die vordering by skole te bespreek. Motshekga het gehoor dat skole skoongemaak word voor leerders se terugkeer, terwyl persoonlike beskermende toerusting afgelewer word.

Suid-Afrikaanse skole en universiteite is sedert die middel van Maart gesluit in ʼn poging om die verspreiding van die nuwe koronavirus onder leerders, studente en personeellede te bekamp. Verlede week het die departement gesê alle onderwysers, asook gr. 7- en gr. 12-leerders moet volgende week terugkeer skool toe.

Dinsdag het die departement gesê daar word daarop gekonsentreer om te verseker alle gesondheid- en veiligheidsbepalings word geprioritiseer. Dit sluit in kwessies soos vervoer van leerders, die voorsiening van water, basiese higiëne en sanitasie en sielkundige ondersteuning. Skoonmakers en mense wat siftingstoetse by skole kan doen, moet ook gewerf en aangestel word.

Die raad sal Donderdag ʼn finale vorderingsverslag ontvang. Hy sal ook die kwessies wat nog aandag benodig uitstippel.

ʼn Konsortium gelei deur die National Education Collaboration Trust is aangestel om die proses te monitor en te bevestig dat alle skole voldoen aan die voorwaardes vir heropening onder die huidige Covid-19-omstandighede.

“Die konsortium sal ʼn onafhanklike oudit van die provinsies se voorbereidings vir die heropening van skole doen,” het die departement gesê.

Motshekga sal na verwagting vandeesweek beleidsriglyne oor die uitreik van reisdokumente vir onderwysdoeleindes, die gr. 12-eindeksamen, veiligheidsmaatreëls en massabyeenkomste by skole onderteken.

Tot dusver het 23 615 mense in Suid-Afrika die Covid-19-virus opgedoen en 481 het weens die nuwe virussiekte gesterf. Net minder as die helfte van mense wat besmet is, het reeds van die siekte herstel.

Verskeie onderwysvakbonde het hul bedenkinge uitgespreek oor die kwessie of Suid-Afrikaanse skole gereed is om Maandag (1 Junie) te heropen, terwyl talle ouers tot dusver gesê het hulle is bekommerd oor die gesondheid van hul kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Ek sou my kind vir ten minste nog ‘n week to 10 dae uit die skool hou, en die ding van uit die bos bekyk. Dit kan nie skade doen nie, of nog meer skade doen nie. As lede nie eers wil terug gaan parliment toe nie, hoekom kinders terug stuur skool toe?

Pieter ·

Vyf en twintig jaar later en julle werk nog aan die sanitasie. Julle ANC is n sirkus en sal een bly

Janc ·

Ag asseblief…. Ons kinders was al blootgestel aan Varkgriep, Ebola en wie weet wat nog. Ons kan hulle nie vir die res van die jaar uit die skole hou weens die virus nie. Ons kinders het so vinnig geleer van hierdie nuwe Covid19 en weet sekerlik meer as ons! Ek is seker hulle sal okay wees gedurende skooltye. As die virus nog ‘n jaar of plus met ons gaan wees, kan ons self en ons kinders maar net educate om voorsorg te tref. Elke ouer het ook ‘n verantwoordelikheid om ‘n siek kind by die huis te hou.

Willem ·

Die unies (sadtu) wat weier dat hul lede terug gaan skool toe is mos heeltemal simpel. Skielik is die skole nie op standaard nie . Ditwas nog nooit so los die skole uit wat wil begin soos in die Wes Kaap Ouers het n keuse stuur n kind of nie. Al wat ek vra sadtu en ander unies no work no pay

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.