Skole: Steeds geen datum vir ander grade se terugkeer

Angie Motshekga. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die minister van basiese onderwys het Dinsdagaand bevestig dat skole op 1 Junie vir gr. 7’s en gr. 12’s sal heropen. Geen aanduiding is egter gegee oor wanneer leerders van ander grade of kinders in kleuterskole en dagsorgsentrums sal kan terugkeer nie.

Minister Angie Motshekga het tydens ʼn perskonferensie gesê alle voorsorg is getref om te verseker dat skole gereed is om gr. 7- en gr. 12-leerders op 1 Junie te ontvang. Die minister kon egter nog nie sê wanneer leerders in ander grade sal kan terugkeer skool toe nie en het bloot gesê dat dié besonderhede “later” bekendgemaak sal word.

Skole is reeds sedert 18 Maart gesluit om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

“Ons is ook in gesprek met die departement van maatskaplike werk om te bepaal wanneer sentrums vir vroeë kinderontwikkeling mag oopmaak.” Die minister het wel gesê dat albei departemente werk sal maak daarvan om te verseker dat dié sentrums vroeër kan oopmaak as wat aanvanklik beplan is.

Motshekga het gesê die rede waarom alle leerders nie op een slag kan terugkeer skool toe nie, is omdat behoorlike sosiale afstande nie gehandhaaf sal kan word in oorvol klaskamers nie. “Ons is in die proses om verskeie voorstelle te oorweeg, soos die gebruik van ander fasiliteite soos skoolsale en tente as klaskamers.”

Sy sê die nuwe skoolkalender sal “binnekort” in die Staatskoerant gepubliseer word.

Gr. 12’s van Xhentse Senior Secondary in die Oos-Kaap. (Foto: Groundup/Manqulo Nyakombi)

“Ons het van die begin af geweet dat kontakonderrig móét voortgaan. Skool gee aan kinders struktuur. Verskeie internasionale liggame ondersteun dié siening. Ons kan egter nie toelaat dat dit ten koste van onderwysers en leerders se gesondheid is nie.”

Volgens die minister sal alle onderwysers – nie net dié vir gr. 7 en gr. 12 nie – komende Maandag terugkeer skool toe. Die departement het aanvanklik beplan dat onderwysers op 18 Mei teruggaan skool toe. “Dit is omdat dit in sommige gevalle langer gevat het as wat ons aanvanklik gedink het om beskermende toerusting en noodsaaklikhede soos watertenks, maskers en handreinigers vir skole te bestel en af te lewer. Die minister het die versekering gegee dat alle skole teen 1 Junie behoorlik toegerus sal wees.

Skole vir leerders met spesiale behoeftes sal anders benader word. “Ons besef dat baie van hierdie skole ook terapie aan leerders bied en dat langdurige afwesigheid van skole dié leerders besonder negatief kan beïnvloed. Daarom sal ons nie ʼn stelselmatige benadering vir terugkeer na dié skole volg nie.” Besonderhede in dié verband is egter ook nog nie gefinaliseer nie.

Die minster het ook gesê spesiale maatreëls word getref om seker te maak openbare vervoer en die uitdeel van kos aan leerders vind op ʼn veilige en gesonde manier plaas.

Die departement het wel gesê dat ouers die keuse sal hê om hul kinders tuis te onderrig, solank leerders behoorlik tuis onderrig word. Ouers sal egter hul kinders hiervoor moet registreer en ʼn behoorlike leerplan aan die departement voorlê.

Die vraestel vir die matriekeindeksamen is ook reeds gereed en die departement het weer eens die versekering gegee dat die pandemie geen invloed op gr. 12’s se kurrikulum sal hê nie. Die eindeksamen sal wel na ʼn datum later in die jaar verskuif word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jerry ·

Ek dink dit is belangrik, kom ons stuur ons graad sewe kinders skool toe… Dit gaan nou vir jou n sirkus afgee. Wat nou as my kind siek word dan is my ander kinders ook in gevaar en ons ouers. My kinders bly by die huis punt!

Francois ·

Ek stem dat skole oopmask. As hulle oopmaak kan ek darm weer gaan werk en saaris verdien. Ek stem saam met minister. Gaan kyk na die touwnships en strate dis vol kinders wat saamspeel maar nou kla die ouers oor skool.

Francois ·

Kan iemand dalk net vir die kabinet vra om die ministers in te lig dat wanneer hulle hulle voorleggings op tv doen nie oor te slaan na haar taal want ons gewone agtergeblewe wit Suid Afrikaanse burgers kan geen woord verstaan as sy in haar engelse sin oorslaan na haar huistaal nie. Dit is onbeskof en rasisties

Talitha ·

Hoe belaglik! ‘n Tuinier mag nie in grond skoffel nie, maar ons KINDERS moet skooltoe gaan. ‘n Motorwerktuigkundige mag nie onder ‘n kar lê nie, maar ons KINDERS moet skool toe gaan. Dit maak glad nie sin nie. As die skole oopmaak moet elke ander besigheid en winkel ook oop wees. Wat ‘n klug. Wie bluf dan nou vir wie?

Emily ·

Mense hier is iets anders aan die gang. Die regering het nie n idee wat om hulle aangaan nie, die een het minder breinselle as die ander. Hoe de hel, kan die kinders terug skool toe, Maar ons moet by die huis sit.
Maak nie sin nie.
Hier kom groot moeilikheid.

Queline ·

Hoekom wil hul die kinder terug in skole hê. Ja, ons almal weet dit is n baie groot risiko. My kind ry bus skool toe so hy moet reeds deur n provinsie se grense gaan , wie gaan daai permit voorsien. Ek werk reeds, so ek sukkel om my ouers vanaf Oudtshoorn tot in die vaal driekhoek te kry. Vir hulp met my kind se skoolwerk.

Magda ·

en die toespraak is toe wel gehou 19/05 – maar min het maskers opgehad, en die een wat die toespraak “tafel” afgevee na elke toepsraak, het elke keer dieselfde lappie gebruik, nou waar is die algehele ontsmetting dan nou daaraan. Ai tog ons onbevoegde korrupte regering. Suid Afrika is die LAND met die meeste STAATSKAPING MET 2% MENSE WAT DALK OF DALK NIE VERVOLG GAAN WORD. N klomp Terroriste / Kommuniste wat die mense van SA het as Government. SHAME ON YOU.

Willem ·

Kinders mag skool toe in alle prov maar hulle wil Kaapstad op 4 hou. Sadtu is gekant teen skole wat oopmaak en dis hulle reg maar laat die departement net jul lede nie betaal nie asb. Ons het geen inkomste maar julle verdien geld deur te kla

Francois ·

Ek stem 100% saam. Hoekom moet jy gaan werk as jy covic die skuld kan gee en met volle betalig by die huis sit. Ek stem no work no pay dan kyk ons hoe smeek hulle ook om terug te gaan skool toe om te werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.