Skole uitgelewer oor departementele werknemers staak

Johannesburg (Foto: Stad Johannesburg)

Meer as 130 skole in Johannesburg word die afgelope twee weke aan hul eie genade oorgelaat omdat distriksamptenare staak weens swak werksomstandighede.

Die DA se skaduminister van onderwys in die Gautengse wetgewer, Khume Ramulifho, het Donderdag ʼn onbeplande oorsigbesoek aan die distrikskantoor in Johannesburg-Oos gebring, maar het voor dooiemansdeur te staan gekom.

“By my aankoms by die kantoor het ek gesien hoe distriksbeamptes voor die gebou betoog oor swak werksomstandighede. Ons is ingelig dat ʼn verteenwoordiger van die departement van arbeid opgedaag het om die gebou te ondersoek, maar hy is glo deur die departement van onderwys aangesê om die perseel te verlaat,” sê Ramulifho.

Ongeveer 200 beamptes is hier werksaam.

Hy sê departementele beamptes pleit glo al lank by die departement om hul werksomstandighede te verbeter, maar die klagtes val op dowe ore. “Die gebou is vervalle, die dak lek, die vloer is nat en brandblussers is verouderd, wat ʼn veiligheidsrisiko inhou,” sê Ramulifho.

Die trappe, kombuiswasbak, dak en toiletgeriewe is ook glo buite werking of in ʼn uiters swak toestand. “Die gebou is boonop vol rotte en die gif wat gebruik word om van die rotte ontslae te raak, maak werknemers siek,” sê Ramulifho.

Hy sê weens hierdie swak toestande en gevolglik die staking kry ongeveer 139 skole in dié distrik nie die nodige ondersteuning nie. Dit sluit in skole in Sandton en Morningside.

Die DA sou later Donderdag met die Gautengse departement van onderwys vergader om te verneem waarom daar nie gereageer word op klagtes deur distriksbeamptes in Johannesburg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Our people betoog omdat our people swak werksomstandighede vir our people skep. Iets maak nie sin nie.
Maar die skole sal oorleef. Standaarde is nou so laag, dat dit poeding is om te slaag.

Michael ·

Dit is hoekom SA opgedeel moet word in verskillende onafhanklike tuistaat sodat ons beheer het oor hierdie tipe optrede

PieterP ·

Daar word nie gereageer op hulle klagtes nie? Hulle het dan die departement van arbeid se inspekteur aangesê om die perseel te verlaat!! Dit is veel lekkerder om boggerol te doen as wat die probleem opgelos kan word en ons weer kan werk nê! Help us we are struggling and suffering but eish not yet, not now, we are still enjoying the time off. Pateties.

JM ·

Wat is nuut? Lekkerder om rond te dans as om te werk en dan is Lesufi verbaas oor die swak uitslae …

Marius ·

Dalk tyd dat Mnr Lesufi voor sy eie deur begin vee & wegbly van die skole af met sy persoonlike agenda.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.