Skolegeweld: Nóg ʼn leerder doodgesteek

(Foto: pixabay)

In die soveelste voorval van ernstige geweld by skole is ʼn 15-jarige leerder Maandag glo deur ʼn 15-jarige medeleerder by ʼn skool in Mooinooi in Noordwes doodgesteek.

Fielies Sitembile was glo kort ná 14:00 op pad huis toe, toe die verdagte hom met ʼn mes gesteek het. ʼn Verbyganger het Fielies na ʼn plaaslike kliniek gehaas waar hy gesterf het.

Sy vermeende aanvaller het ná die voorval gevlug. Sy ouers het die seun vroegoggend aan die polisie oorhandig, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

“Die provinsiale kommissaris (van die polisie) in Noordwes, lt.genl. Baile Motswenyane, het haar skok oor dié voorval, en verskeie ander wat die afgelope ruk deur leerders teen medeleerders in die provinsie gepleeg is, uitgespreek,” het Myburgh gesê.

Baile het gesê hoewel die polisie hard werk om misdaadvoorkomingsprogramme by skole in te stel, het die publiek ook ʼn verantwoordelikheid om die geweld wat voorkom, te help bekamp.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 48-jarige onderwyser is vanoggend by ʼn skool in Folweni in Durban in KwaZulu-Natal op die skoolterrein doodgeskiet. Die omstandighede rakende dié voorval is nog onduidelik. Volgens inligting het die onbekende verdagte egter bloot die skoolperseel binnegestap en verskeie skote afgevuur.

In nóg ʼn voorval is ʼn hoërskoolleerder geskors nadat hy ʼn onderwyser by die Luthayi High School in Hammarsdale naby Pinetown met die vuiste bygedam het. Die voorval is op video vasgelê.

Die 19-jarige Mohamed Mwela, ʼn leerder van die Forest High School in Turffontein in Gauteng, het ook gister weer in die landdroshof verskyn, nadat hy ʼn 16-jarige skoolmaat, Daniel Bakwela, glo buite die skool doodgesteek het. Mwela is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Verlede maand is die negejarige Odirile Mafore dood nadat ʼn 17-jarige medeleerder by die Kgalagatsane Primary School in Koster in Noordwes hom na bewering ernstig aangerand het. Die tiener het Odirile glo op die kop geklap en by ʼn stel trappe by die skool afgestamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jessica ·

Really this is getting out of hand this is like a game now just to shoot and stab to kill, i would hang them in a blink of an eye, no going to jail to sit on my tax money i’m very sorry.

James ·

Dit hou nie op nie en Lefusi spandeer al sy tyd aan Afrikaans vendetta en worry nie verder nie. Dis hoe hy sal onthou word..

Dries Moolman ·

Jy is heeltemal reg. Dit verstom my hoe statistieke ingespan word om sekere groepe te kap, maar as dit by hierdie voorvalle kom, is dit net ‘n olifant in die vertrek.

remondo ·

lees ek reg? n 17jarige wat n negejarige medeleerder op n primere skool aanrand wat soek hy nog daar op die ouderdom?

barend v d westhuizen ·

bedank die anc regering dat kinders toe gelaat word om te doen wat hulle wil

honourable member ·

Kyk hoe lyk die geweld in hierdie land so dit begin nou in die skole want dis die voorbeeld wat vir kinders gestel word. Skole sal maar moet begin die kinders deursoek voor die skool kan begin in die oggend. Tragies wat in hierdie land aangaan.

Matts ·

Ja, in plaas daarvan om die lat terug te bring, en in plaas daarvan om die Bybel byderhand te hou, word hulle eerder geleer van masturbasie op 10 jarige ouderdom, watse vrugte verwag hulle gaan gepluk word?

Johan ·

Die gevolge van ‘n sekulêre, humanistiese regering. Maar ons wou mos so graag ‘n “demokrasie” gehad het…

Louisa ·

Daar is baie gevalle wat nie eers in die nuus is nie.
‘n kollega se seun van 15 is met ‘n skêr 4 keer gesteek deur ‘n 9 jarige meisie by ‘n skool in Gauteng .
Die skêr het sy hart met mm gemis. Daar is gevra dat hulle nie ‘n saak by die polisie aangee nie.

skêr ·

Wat sou veroorsaak dat ´n 9-jarige meisie ´n 15-jarige seun met ´n skêr (moet) steek? Daar is dalk ´n ander rede waarom die saak nie by die polisie aangemeld is nie; dalk moes/het die meisietjie haarself verdedig?

Willem van der Merwe ·

Is dit nie snaaks dat dit net die swartes is wat hulle skuldig maak daraan nie,asook aanranding van onderwysers en ontwrigting van klasse nie. Toe skole nog blak was het jy nie gehoor van so iets nie en was leerlinge wat moet voorberei om matriek te skryf nie nog in die learskool gewees nie,dit was net in die swart skole gewees

Jan ·

It all comes down to……. Wat jy by jou ouerhuis leer. Die blootstelling en wat jy vir jou kinders leer by die huis, maak ‘n groot impak op die kinders se optrede in die publiek. Dinge gaan so erg raak dat sekuriteit wagte daagliks die terein gaan moet patrolleer om te verhoed dat so iets nie moet gebeur nie.

Jerry B ·

Geen wette almal dink hulle kan maak net wat hulle wil. Voel regtig baie jammer vir die ouers. Weet nie hoe hulle met dit deel nie.

Louisa ·

Daar is baie gevalle wat nie eers in die nuus is nie.
‘n Kollega se seun was met ‘n skêr aangeval deur ‘n 9 jarige meisie oor hy die meisie se broer geslaan het.
Daar is gevra om nie ‘n klag by die polisie te lê nie.

Mariana ·

Kinders totaal buite beheer. Maar hoe anders, daar word niks gedoen aan kriminele nie en daar word geen voorbeelde gestel nie. Kinders maak nes hulle wil want regering het hulle vrye teuels gegee deur ouers en onderwysers se hande ten opsigte van dissipline vas te bind. Dit gaan net erger word.

Ella ·

Hallo President Ramaphosa het jy doof en blind en stom geword?
Wanneer gaan jy jou uitspreek teen die geweld in Suid-Afrika? Almal ly nou onder hierdie wetteloosheid met geen gevolge
Die duiwel is los in die land en die leiers het voete van klei.

skurweberg ·

Nie eers die regverdige en beheerde wettering van leerlinge sal meer help nie. Die opvoedkundige verhoudingstrukture is deur die huidige stelsel omstandighede gekriminaliseer d. Ons weet vandag nie meer wie vriend of vyand is nie.

Christa ·

Geen dissepline tuis. Wat verwag jy. Dan Moet opgevoede Kinders met sulke Kinders saam in klas wees. So Bly my Kinders is Groot.

Oh Whena! ·

Genade! dis NIE die publiek se werk om misdaad te bekamp nie! ek word nie betaal om polisieman te wees nie EN, dis die OUERS se werk om hul kinders sodanig op te voed want hulle ken net geweld van kleins af. en SO word hulle groot. dan wonder hulle waarom ons apartheid geniet het – want ons blankes is nie aan sulke dinge gewoond nie. Waarom kom bly baie swartes tussen ons blankes? want ons lewe nie soos hulle nie. Punt.

Charlie ·

Is dit hoe.Mfakane begin ?

Sal moet begin oplet wat om my gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.