Skolier beseer toe vermeende betreders op skool begin skiet

Dowerglen High School in Edenvale, Johannesburg (Foto: Google Maps)

ʼn Matrikulant van Dowerglen High School in Edenvale, Johannesburg, is Woensdagoggend beseer toe hy in ʼn klaskamer by die skool geskiet is.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê gewapende betreders is glo naby die netbalbaan opgemerk en het lukraak begin skiet. “Van die skote is deur twee klaskamervensters op die eerste verdieping gevuur. Die matrikulant is op sy skouer en maag, net onder sy arm, getref.”

Polisiebeamptes en veiligheidsmaatskappye in die omgewing het dadelik reageer en die verdagtes agternagesit. “Drie persone is in hegtenis geneem en ʼn soektog duur voort na ʼn moontlike vierde verdagte,” het Mabona bygevoeg. “Die skoliere se ouers is in kennis gestel.”

Paramedici het ook vinnig reageer en die seun is in ʼn stabiele toestand na Edenvale-hospitaal geneem. “Ons wens hom spoedige beterskap toe,” het Mabona bygevoeg.

Die departement het ook traumaberading vir skoliere gereël.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die klinieksuster by die skool het reeds die seun begin behandel toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Hy het vermoedelik saam met ander leerders in die klaskamer gesit toe hulle geweerskote gehoor het. Hy is in die bors getref en dadelik na die skoolkliniek geneem,” het Meiring bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

IK ·

Laaste sin, par.2 maak nie sin van ‘ . . . . op sy skouer . . . ‘ en ‘ . . . in die bors getref . . . ‘ (laaste par.)
Sterkte aan hom oor iets nóg sinneloos in hierdie rama-land.

Onnie ·

Skokkend! Dis ‘n skande dat ons regering en polisie so pateties is dat hulle nie die belangrikste instellings in ons land, soos opvoeding en gesondheid, kan beskerm teen die kriminele nie.

Ek. ·

Kan ons nie nou hieroor ook, soos baie ander mense voor lief is, n rasse bohaai opskop nie? Ek sal my hoed verwed dis nie blankes wat daar geskiet het nie.

Charm ·

Dit is verseker nie n blanket skool, dus hoekom daar stilte is.. Ander mense se kinders kan mos minder belangrik wees.

Baie erg ·

SA het regtig baie erg geword. Ek lees vandag op ander media platforms van twee Wit Prinse in hul Afrika drag (ek bedoel nie drag soos in drag queens nie) maar hul gewade wat deel geword het van ‘n stam in die Vrystaat wat grond gryp. SA is regtig ‘n bisarre land. Geen wonder die mense moet soveel sterk pille drink vir hul senuwees nie.

Lag net ·

Moet die “betreding” in die opskrif nie “onwettige betreding” wees nie? Betreding is nie ’n misdaad nie. Wanneer jy op ’n plek is waar jy nie mag wees nie, is jy onwettig daar. Ek merk in ander media dat dit nou ’n gewoonte geraak het om net van betreding te praat waar dit duidelik onwettig was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.