Skolier gevonnis oor onnie se moord

Klaskamer_bord_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn 17-jarige is Donderdag in die Lehurutshe-streekshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis in verband met die moord op sy onderwyser.

Die tiener is op 13 September 2018 in hegtenis geneem nadat hy sy 24-jarige onderwyser, Gadimang Daniel Mokolobate, met ʼn mes doodgesteek het, het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 11:00 by die Ramotshere High School in Dinokana naby Zeerust plaasgevind. Die onderwyser was besig om op die bord te skryf toe die 17-jarige gr. 10-leerder die klaskamer betree en hom genader het. “Die onderwyser het omgedraai, waarna die leerder hom in die bors gesteek het sonder om ʼn woord te sê.” Mokolobate is na Dinokana-gesondheidsentrum geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is. Die polisie is na die toneel ontbied en die leerder is in hegtenis geneem.

Die vonnisoplegging kom te midde van nog ʼn Noordwes-leerder wat aangekla word daarvan dat hy ʼn medeskolier met ʼn skêr doodgesteek het. Dié voorval het Dinsdag by Mateane Primary School in Diretsane, Delareyville plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tanya ·

Ja gee die kinders nog regte kyk hoe mooi word hulle op gevoed om onderwyser kinders dood te maak.kinders het geen regte nie hulle moet pak krt by huis en by skool.Ek het nog nooi uit mekaar geval van pak nie maniere het ek.

Skroef ·

Onnie wou hom glo nie toelaat om n tweede bord kos te skep nie

Ben Esterhuizen ·

Wees verseker, hierdie uitvaagsel gaan vorentoe iewers weer moor…..sy straf is hopeloos te lig.

jaco ·

so hy kom in die klas in, pleeg moord en that’s it? geen motief nie? net vir die lekker gedoen? iets maak nie sin nie. daar moet n rede wees

Asmain ·

Is moord nie moord nie? Jason Rhode 20 jaar…skolier 10 jaar: wat is die verskil????

Skroef ·

Onnie wou hom glo nie toelaat om n tweede bord kos te skep nie

ES ·

Nog ‘n krimineel waarvoor die belastingbetaler gaan sorg. En sodra hy uitkom oor 10 jaar is hy nog lekker jonk. Dan gaan die volgende belastingbetaler boet daarvoor – sekerlik ook met sy lewe… Die tronk moet ‘n ongemaklike, senutergende hel word vir kriminele sodat hulle nie graag sal wil teruggaan nie.

Sarel ·

Ouers is al vreesbevange oor hoe kinders teen hulle mag optree en kan dus nie dissipline toepas nie. Hierdie sogenaamde humanrights en demokrasie sal meer en meer sy/haar tol eis. Die Woord waarsku ons egter van lankal af dat hierdie dae sal kom maar hoor is min, it’s only me, myself en I. Die howe speel lekker saam om die agteruitgang aan te help .n Rasistiese uitspraak is erger as moord.

Gert ·

10 jaar vir voorbedagte moord, en iemand wat net ‘n dief in ‘n doodskis laat klim het om hom bietjie skrik te maak, en glad nie eers seergemaak het nie, kry 14 jaar.

Gert J ·

Effektief 25 jaar sonder opsie van parool sou meer van pas gewees het. Wat n grap na 10 jaar doen hy dit weer

Mart ·

Gee asb vir Tanya ‘n Bells. Sy slaan die spyker op sy kop!!

ne ·

Mooi. Nou sit hy ‘n paar jaar – kom uit en moor maar weer. Hy is ‘n krimineel in die ergste graad. Hy was seker honger, vreet alles voor die ander nog kan kry op en dan pleeg jy maar moord vir nog ‘n bord kos. Hy weet seker die tronke kry lekker kos op belastingbetalers se onkoste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.