Skolier gevonnis wat juffrou aanval, omry

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn Leerder van KwaZulu-Natal is gevonnis op aanklag dat hy ʼn juffrou aangeval en probeer het om haar om te ry.

Die niksvermoedende juffrou was op 12 Augustus vanjaar op pad werk toe, toe ʼn 24-jarige skolier van Chibelihle Combined School haar aangeval het, het die departement van onderwys in ʼn verklaring gesê. Hy het haar uit haar voertuig gepluk en wou haar omry voor hy met haar motor van die toneel gevlug het.

ʼn Saak is by die naaste polisiestasie aanhangig gemaak. Die motor is later met behulp van Impendle-polisie opgespoor.

Die juffrou is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die skolier is skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, motorkaping en poging tot moord. Hy is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis.

Die departement het gesê hy beskou skoolveiligheid in ʼn baie ernstige lig en as ʼn prioriteit.

“Daar is geen plek vir geweld en ander misdade in skole nie, want dit is ʼn ernstige bedreiging vir onderrig en leer,” het Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, bygevoeg.

Volgens Mshengu het die departement ʼn goeie verhouding met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en skole is verbind met plaaslike polisiestasies. Die verhouding word verstewig deur die instelling van skoolveiligheidkomitees. Altesaam 1 500 veiligheidsvrywilligers is by verskeie skole in KwaZulu-Natal ontplooi.

“Skole is belangrik om dissipline te handhaaf en veiligheid te verseker. Daar word dus streng gefokus op gedragskodes vir leerders by alle staatskole,” het Mshengu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Frank ·

MM, kan ons dalk uitvind in watter graad die 24 jarige skolier is…. Miskien is dit die gr8 houtwerk wat hom terughou

Nonnie ·

Jy eggo my vraag! 24jarige hoort nie meer op skoolbanke nie!!!

Ekke ·

24 jaar oud en nog op skool….nee hoor. Was die Onderwyseres nie oppad skool toe ipv oppad werk toe ???

aj ·

24 jarige SKOLIER!!!

Hy is moontlik ouer as sy onderwysers?

Moes lankal in ‘n arbeidskamp klippe gekap het vir ‘n bord pap en sous op ‘n dag!

Marianne ·

24???? Mmmmm
Okay my kind word 11 en wil nie skool gaan nie.
Dus kan ek hom vir ‘n jaar of so tuid hou en dan weer laat skool gaan…
KAN MY KIND OOK OP 24/25 DAN OP SKOOL WEES???
Arme flippen juffrou! Ek hoop sy is okay.
EK IS BLY DIE SKOLIER IS SO GOED GESTRAF!!!

CLUCKEN ONS HET ‘n GREAT LAND.

PJC ·

Daar behoort ń beperking te wees op die uoderdom waarop leerders nog mag skool bywoon.

Johanna Botha ·

24 jarige man wat al mors werk …intussen hou ons belastinggeld hom daar gratis !

Karlahari ·

Hy het skool gaan as loopbaan gekies.
Professionele leerder….

Ekke ·

Verbeel ek my of het die saak baie vinnig voorgekom….insident Augustus en klaar gevonnis ???

Hitler ·

Laat hom Potholes regmaak vir 17 jaar sonder vergoeding. Miskien word hy dan ‘n siviele ingeneer.

Wat de-Hel? ·

MM hier sit ons met ń24 jarege “man” ń reeds gevonis criminal wat nog op skool gesit het ander kinders wat wil leer beinbloed en julle kan nie eers sy naam of bakkies wys nie???
Wathet gebeur???

Lava Lamp ·

En die 24 man moet saam met my 13 jarige dogtertjie in ‘n klas wees. Gevaarlike ouderdoms verskil om in ‘n skool saam te hê sou ek sê….

Uilspieel ·

Nou wonder ons waarom daar geweld en verkragtings by skole plaasvind! Hoe dink hierdie mense? Hoe flippen dom moet jy wees om op 24 nog steeds op skool te wees. Arme st 6 dogtertjies word letterlik vir die leeus gegooi. En hoe pas jy skool wet en orde toe op sulke ‘volwasse’ mans toe. En hoe kry hulle geleer met klomp jong ontluikende dogters onder hulle neuse? Ag nee wat. 19 moet die afsny ouderdom wees

Anoniem ·

Lees ek reg?? VIER-EN-TWINTIG-jarige???? Wat soek sulke ooms in die skool?? Gefrustreerde bokramme van daai ouderdom moes al gewerk het en ‘n vrou en kinders onderhou het.

As jy op 24 nog steeds nie kan deurkom en klaarkom met skool nie, for crying out loud, dan moet jy maar rerig jou kanse vat en gaan probeer…. WERK soek.

Piet ·

Hy nie minderjarig nie maar sy naam word nie bekend gemask nie? Is dit dalk Iemand bekend se laaitjie? Lol

DI ·

Daar moet ‘n ouderdoms beperking ingestel word by skole. Op 24 is jy al ‘n volwasse man!! Hy moet maar verder gaan leer by ‘n privaat kollege want hulle neem die plek op van ander kinders wat ingeneem kon word.

PATTY ·

My pa het ons altyd gedreig en gesê ‘Matriek sal jy maak al is jy 30″. Nou ja vandag is dit nie onmoontlik nie nè

Tweetie ·

Dan wil die minister van onderwys so graag daadie soort knape na die Afrikaanse skole forseer.

AmY ·

24 en nog op skool?
Ek was onder die indruk dat kinders nie meer mag druip nie?
Of dat hulle net 30% per vak moet behaal om te kan slaag?
Of kon hy dit nie eens doen nie?
Nou gaan hy sy matriek in die tronk doen op ons belastingbetaler se onkoste…

JohanR ·

Sekerlik moet daar ‘n afsny punt wees waar iemand nie meer op die skool banke kan sit nie? Toe ek in die 70’s skool klaarmaak dink ek die plafon was 20. Geen wonder daar is verkragtings, aanrandings en swangerskap in skole nie. Toe ek 24 jaar oud was het ek al twee jaar gewerk, 20 maande se weermag diens gedoen, en nog een jaar gaan verder hoer studeer, voordat ek weer in die werk ingeval het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.