Skolier glo aangesê om nie oor verkragting te praat nie

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inligting in die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

ʼn Meisie, wat na bewering deur ʼn veiligheidswag van die AB Xuma Primary School verkrag is, het Woensdag aan die hooggeregshofsitting by die Palm Ridge-landdroshof gesê onderwysers het haar aangesê om nie vir haar ma te vertel wat gebeur het nie.

Die meisie, wat in 2017 in graad 2 was toe sy verkrag is, na bewering deur Johannes Molefe, het gesê sy het nie die onderwyser vertel wat met haar gebeur het toe al die kinders, wat na bewering aangerand is, geroep is nie, omdat haar ma vir haar gesê het sy moet eers met haar praat as enigiets sou gebeur.

“Ek het vir my ma gesê iets het by die skool gebeur en hulle het gesê ek mag nie my ma daarvan vertel nie. Ek het haar gevra om te belowe dat sy nie enigiemand sal vertel nie. Ek het gesê ons het saam met Mkhulu (hoe Molefe onder die kinders bekend gestaan het) geloop, omdat hy gesê het hy sal vir ons lekkergoed koop en toe het hy my romp opgelig en my kouse en my broekie oopgemaak en sy vinger ingedruk.”

Sy het gesê Molefe het gesê hy wil hê kinders moet na sy huis toe kom sodat hy hulle kan bederf en dan aandete maak. Die meisie het gesê haar vriende het nie gesien wat Molefe met haar doen nie.

Molefe is versoek om in die openbare galery te sit en die meisie is gevra om hom uit te ken. Sy het hom uitgewys en beskryf watter klere hy dra.

Ná die voorval het Molefe vir hulle lekkergoed gaan koop.

“Dit was die eerste keer wat Mkhulu só aan my gevat het,” het die meisie bygevoeg. “Hy het dit nie weer gedoen nie.”

Sy het gesê sy het haar ma vertel wat gebeur het, omdat die skool gesê het hulle moet vir niemand vertel nie, want briewe sal na die ouers gestuur word. Sy kon nie onthou op watter datum die voorval plaasgevind het nie, maar dit was voor haar verjaarsdag in September.

Staatsaanklaer Jacki Steyn het vroeër gesê Molefe staan tereg op aanklagte van die verkragting van drie kinders en seksuele aanranding van 11 kinders. Hy het skuld ontken op alle aanklagte.

Steyn het gesê die staat het ʼn aansoek gebring om seker te maak die kinders kan in ʼn geslote hof met tussengangers getuig omdat hulle tussen ses en 14 jaar oud is.

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die AB Xuma Primary School op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Van staatspresident tot ministers tot staatsamptenare tot private ondernemings en direkteure tot predikante/priesters tot onderwysers tot sportbeamptes tot huisdokters tot studente tot familielede tot ouers tot kinderoppassers tot veiligheidswagte tot polisiemanne, weermagslede en tronkbewaarders… die afgelope tyd in skandale betrokke rondom etiese en kriminele gedrag wat hierdie landjie in skaamte laat… maar ons prez spog oor die groot planne wat ons regering het en preek vir ander lande oor zenofobia maar wil wit boere plaaslik van hul grond verjaag… watter tragedie beleef ons nie…

Casper Pansegrouw ·

Kan iemand my vertel wat is die rede hoekom verkragting plaasvind? Is dit omdat ‘n mens aspris ander wil seermaak?

Peanut ·

Die eindtyd my vriend, ons beleef die eindtyd, met Sodom en Gomorra op die voorstoep.

ES ·

As dit my kind was, sou daai man nooit die geleentheid gekry het om in die hof te verskyn nie want ek sal hom vrekmaak!

lewies ·

Jy reg “John” ‘n tragiek van naiwiteit wat ‘n mens moedeloos laat. In die middelpunt van alles staan die mens, die kroon van die skepping. Die spesie wat geneig is om God en sy naaste te haat. Bekering, bekering en nogmaals bekering!!!

MS ·

Wonder wat se Lesufi hieroor.

Hierdie arme kinders, dit breek my hart. Wat gaan ons doen om seker te maak dit gebeur nie weer nie? By hoeveel skole gebeur dit waarvan ons nie weet nie?

Lynette ·

Wat het van die ander kinders geword? Oorspronklik was daar amper n honderd kinders wat deur hom gemollesteer was en nou is dit n handvol. Is die ander te bang om teen hom te getuig?

Retha ·

Hierdie dinge kom al ‘n baie baie lang lang pad. Wat weet laerskoolkinders? Hulle bly maar stil. Gelukkig word kinders vandag geleer om te praat en daar is ander maniere om te getuig in ‘n hof. As ‘n St3 dogtertjie kon ons onderwyser sy hande nie uit ons broekies hou as ons by sy tafel agter in die klas moes gaan staan om ons boeke te merk nie. Ons het stil gebly, maar van ons het hom met ‘n kopspeld gesteek om hom weg te hou, en dan moes hy ook stilbly…… Geklukkig is hy op ‘n vroeë ouderdom aan ‘n hartaanval dood.

Marius ·

Retha, daai onderwyser was nie geroepe vir sy werk nie. Geen persoon wat geroep en wat ‘n passie het vir sy werk sal so iets doen nie. Veral nie met kinders van daai ouderdom nie. Kinders is ‘n geskenk van God. Ons het groot verantwoordelikheid om hulle groot te maak en te leer. Sterkte aan al ons ouers met kinders in ons skole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.