Skolier in hof ná moord oor meisie

skooldasʼn 17-jarige skolier van Mpumalanga het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn 18-jarige skoolmaat met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het tydens ʼn onderonsie oor ʼn meisie.

Die tiener, wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy minderjarig is, is Vrydag buite die Gedlembane Secondary School naby Nelspruit in hegtenis geneem.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Die tiener het Maandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn. Hy is nie gevra om te pleit nie. Die saak is tot Woensdag uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsie se departement van onderwys, het gesê die voorval word ondersoek. “Die departement sal ʼn verslag oor die aangeleentheid saamstel en ook berading bied aan leerlinge en onderwysers wat hierdeur geraak is,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.