Skolier in hof oor Rustenburg-moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige skoolseun het Donderdag in ʼn hof naby Rustenburg in Noordwes verskyn op aanklag van die moord van ʼn medeskolier.

Kabelo Sili (18) het in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane verskyn nadat hy Dinsdag glo ʼn 17-jarige skolier met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het. Nog ʼn skolier is in die bobeen gesteek en hy is na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie in Noordwes ontken dat die aanvalle met bendebedrywighede verbind kan word.

Sili moet op 21 September weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ron ·

Ek het n kleindogter van 4 jaar. Wat de hel, die kind moet ook nog skool toe. Hullle moor daar amper meers as buite die skool….Laat my dink ons moet die kind glad nie skool toe stuur nie!!! Daar is in elk geval nie meer n toekoms vir haar in die land nie. Ai ai….mense, ek weet nie. Wat KAN ons doen om die dinge te beheer????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.