Skolier kritiek ná tref-en-trap

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 13-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Dinsdagmiddag in Kempton Park aan die Oos-Rand tydens ʼn beweerde tref-en-trap-voorval raakgery is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:20 in Kwartelweg plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel is die seun deur ʼn voertuig getref waarna die bestuurder glo versuim het om stil te hou,” het Mathe gesê.

By paramedici se aankoms op die toneel het hulle die seun in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

Om weg te jaag gaan jou niks baat Mnr/Mev ons weet nog nie wie jy is, want jy het versuim om te stop.. jy is n lafaard, en sal nie daarmee weg kan kom, herken wat jy gedoen het, was dalk n ongeluk, maar moet nie net als los… sterkte aan die kind, ek hoop dat jy gou sal aansterk… Ek hoop die polisie doen hul werk gou met die een….

Lee ·

Goeie aarde. Watse tipe mens ry ‘n kind raak en jaag weg??? Lafaard. Hoop hulle kry hom of haar gou! Hoop die kind is ok!! Sterkte vir die ouers.

louis ·

Seersekerlik besig gewees op die selfoon en nie opgelet nien hoop jou straf is groot. Jou gewete sal jou nie los nie!!! Dit sal jou vreet soos kanker. Sterkte aan die seun en sy familie! Word gou gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.