Skolier kritiek na voertuig hom tref

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn 11-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend in Illovo, KwaZulu-Natal, deur ʼn voertuig getref is.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 06:15 op die E102-pad plaasgevind. “Volgens ooggetuies wou die kind die pad naby die Karridene-hotel oorsteek, toe die voertuig hom tref,” het Botha gesê.

Paramedici het die seun langs die pad aangetref met kritieke beserings. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.