ʼn 19-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagmiddag buite Hoërskool Shakaskraal in Shakaskraal, aan die noordkus van KwaZulu-Natal, met ʼn mes aangeval is.
“Dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie ondersoek die saak.”
Die skolier het langs die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Opvoeding in skole het totaal handuit geruk. Bring terug die “lat”