Skolier ses keer met mes gesteek

Argieffoto

ʼn Graad 12-leerder is ses keer met ʼn mes gesteek, na bewering deur ʼn ander skolier, by ʼn skool in Mmabatho naby Mafikeng in Noordwes.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die graad 12-leerder, 23 jaar oud, is Donderdag by Kebonang Secondary School aangeval, vermoedelik deur ʼn ander graad 12-leerder, 21 jaar oud.

“Hulle het na bewering ná skool baklei en veiligheidspersoneel het die twee aangespreek om op te hou baklei. Hulle het egter aanhou baklei,” het Malindi gesê. “Volgens bewerings het die 21-jarige leerder weggehardloop en met ʼn mes teruggekom. Hy het ʼn leerder gejaag wat tussenbeide wou tree en hom ses keer in die rug gesteek.”

Veiligheidswagte het ingegryp en die beseerde leerder is na veiligheid gebring in die personeelkamer. “Die skool het die polisie en die ambulans ontbied. Hy is na Bophelong-hospitaal geneem waar hy steke ontvang en later ontslaan is.”

Mmaphefo Matsemela, LUR van onderwys in Noordwes, het met die skool se bestuur vergader en die voorval veroordeel. “Ons skole is sentra van leer en onderrig, nie ʼn oorlogsterrein nie. Ons gaan nie misdadigers in ons skole hou nie. Die reg moet sy gang gaan. Ons primêre verantwoordelikheid is om leerders op te lei en ons leer hulle nie om ander leerders aan te val nie,” het Matsemela gesê.

Sy het gesê skole moet veiligheid by skole verseker en leerders en onderwysers is vertroud met toelatingsbeleide. “Skole moet ouer leerders na relevante sentra vir volwasse onderrig verwys. ʼn Ouer leerder moet nie in ʼn skool toegelaat word tensy dit onder spesiale omstandighede is nie. Leerders van dieselfde ouderdom boelie nie mekaar nie, hulle is lief vir en sorg vir mekaar.”

Sy het die skool gemaan om dadelik met dissiplinêre stappe te begin teen leerders wat die gedragskode verontagsaam.

Volgens haar moet die leerder, wat na bewering die ander skolier aangeval het, ʼn alternatiewe eksamensentrum bywoon, aangesien sy veiligheid nie by die skool verseker kan word nie.

Die beseerde leerder het Vrydag by die skool aangemeld ná hy uit die hospitaal ontslaan is.

Berading is gereël vir die leerders en onderwysers.

Die betrokke skool het vyf sekuriteitsbeamptes waarvan drie deur die dag aan diens is en twee werk snags. Hulle ontvang ʼn salaris van die skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jack Sadie ·

23 en 21? Graad 12? Oud genoeg vir meestersgraad en baccalaureusgraad?

Heleen Botha ·

Dis omdat 23! En 21 jariges laaaaaankal nie meer op skool moet wees nie

Anoniem ·

Die ou het vermoee om op 23 nog graad 12 te doen. Daar is hordes mense wat op 15/16 nie meer skool te wil gaan. Daai ou wat so baie kla oor afrikaners Lesufi of lefufi of wat sy naam ookal is moet wakker skrik en ophou om die afrikaner af te breek en eerder aandag skenk aan sekuriteit by skole. Jammer maar ek ken regtig bitter min van hul name want ek maak dit n prioriteit om so min as moontlik van al die opstokers te lees om my bloeddruk te onderhou.

Blommie ·

Janee, 23 en 21 nog op skool? Maak diensplig weer verpligtend!!

SjN ·

Op sy ouderdom en optrede hoort hy in die tronk, nie n skool nie.

James ·

Lefusi.. eerder besig met Afrikaans, intussen moor leerlinge.

Swannie ·

Iemand sal die voorheen benadeelde moet inlig dat jy nie `n onderwyser kan word of selfs skoolhoof terwyl jy aan dieselfde skool studeer nie.

Dis een geval waar hulle die skool sal moet afbrand om hom uit te kry.

JohanR ·

Hoekom is jou 19 of 20 verjaarsdag, nie die afsny punt om in ‘n hoer skool te wees nie? Na dit moet jy na ‘n privaat kollege toe gaan om jou matriek klaar te maak. Ek vra ook. Vat elke leerling nou hy, of sy ‘n mes skool toe. Waar is die verklikers? Wat het ook gebeure met ‘n paar taai klappe, of ‘n vuis of twee agter die gimnasium, en dan is dit verby? Hello Lefusi is jy daar, of werk jy die naweek om te sien waar jy nog Afrikaans kan dood maak?

Niklaas ·

Hoe werk dit dat jy op 23 nog skool toe gaan , het hy al 6 keer gedruip dalks? Sy kinders is binnekort in dieselfde hoërskool as hy. Vreemde dinge wat gebeur of toegelaat word in hierdie land tans.

Leser ·

Ek kan nie glo dat leerders op daardie ouderdom nogsteeds op skool is nie. Die slaagsyfer is klaar so laag……met ander woorde hy moes 5 keer druip om op 23 nog 12 te wees……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.