Skolier steek klasmaat met skêr dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hoërskoolseun van Ebony Park in Midrand, Johannesburg, is Maandag op die skoolterrein dood nadat ʼn ander leerder hom met ʼn skêr gesteek het.

Songezo Mabindla (21), ʼn leerling aan Tsosoloso ya Afrika Sekondêre Skool, is met ʼn skêr gesteek nadat hy met ʼn ander leerder rusie gemaak het. Die polisie en nooddienste is na die skool ontbied, waarna die leerder in hegtenis geneem is.

“Hy was ʼn stil seun en het nooit enigiemand gepla nie. Hy het ons altyd gegroet,” het ʼn veiligheidsbeampte by die skool aan News24 gesê. “Hy het altyd gehoor gegee as ons hom gevra het om iets uit trek wat nie deel van die skooluniform is nie of om die skoolreëls te volg.”

ʼn Gedenkdiens vir Mabindla is in die skoolsaal gehou.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gert van der Merwe ·

n’ Skoolseun ouderdom 21. Wat soek hy op skool tussen kinders. Dit is die skool se skuld. Hulle moes hom nie toegelaat het nie. Hy is dan n volwasse man.

Nicolene ·

Ja stem saam met jou! WAT OP AARDE WIL HY NOG LEER OP 21?? Gelukkig kan hy tronk toe wat hy’s gelukkig nie meer “minderjarig” nie!!

CHRISTA ·

Ten eerste Nicolene, die21 jarige is doodgesteek. Ten tweede, baie kinders sukkel maar op skool en ek dink nie ons ANC regering maak vir hulle meer plek in spesiale skole nie. (Ek weet nie eers of spesiale skole nog bestaan nie)!!

Nadia Verster ·

Die berig sê die 21 jarige is doodgesteek. Hy kan dus nie tronk toe nie :-)

Lila ·

21! En nog op skool! Dit is die eerste four in hierdie berig!

Peet Schabort ·

Hoekom 21? Bloot die feit dat uitkomsgebaseerde onderwys nog te moeilik is.
Oplossing: gee die man sy sertifikaat maar maak ook die onderrig nóg makliker. Wat Nzimande nie wil besef is dat vordering afhanklik is van die stadigste een in die klas.

claudia ·

Ek bid genesing vir die kind se familie en vriende.
Ek haal my hoed af vir die seun wat elke dag skool toe gegaan het, en nie net na n druip jaar opgeskop het en gaan steel en bedel het nie. Sommige mense sou net opgee soos baie mense doen. Dit kon nje maklik gewees het nie.
Daar is nie meer spesiale skole nie. Seun mag jul vrede vind. En die kind wat jou vermoor het hulp kry.

Neptunus ·

‘n Veiligheidsbeampte by die skool? Nou dáár is ‘n leidraad oor watter tipe plek dit is.

Charlotte ·

Peet ek dink regtig nie dus nodig om dit so te stel nie.

Ghost ·

Neptunus meeste skole het deesdae veiligheidswagte. Gaan nie oor waste plek dit is nie, maar oor die misdaad in ons skole.

Charlotte ·

Peet is dit regtig nodig om dit so te stel………ek glo nie dus baie onnodig.

Charlotte ·

Peet ek dink regtig nie dus nodig om dit so te stel nie.

Charlotte ·

Peet dink jy nou regtig dus nodig om dit so te stel,as jy sulke kommentaar wil lewer bly eerder stil,jy sien hoe deurmekaar die land is.

Ferdie ·

Charlotte, in hoeveel verdere permutasies wil jy nog vir ene Peet aanval. Wat verstaan jy nie sus? Dat daardie nie ons mense is nie, of is dit jou mense?

Charlotte ·

Jammer Fredie dus moes te veel deurgeglip het,dit maak nie saak watter vel kleur dit is nie ons is gelukkig almal in GOD se oe sy kinders.

Elma ·

Charlotte, moenie dat ek vir jou die ware rede moet verduidelik waarom die land so “deurmekaar” is nie, maar ek dink nie jy sal kan verstaan. Sien jy kry 2 soorte mense, die wat stadig leer en die wat nooit leer nie en dit smaak my jy val in die 2de katagorie.

Charlotte ·

Ja nee elma ek verstaan 100% nogals gedink jy klink ook vir my soos iemand wat in die 2 de katogarie val en ek dink nie dus n geval van 2 soorte mense nie,ek dankie Marietjie vir jou positiewe kommentaar gelukkig het hy kans gesien om sy skoolloobaan klaar te maak mens is nooit te oud om te leer nie,wonder het elma ooit haar skool loopbaan voltooi,en peet dit maak nie saak waar jy skool gaan nie oral in ons skole is daar maar problem hoop jy het klaar gemaak met skool.

Tom Bosman ·

Charlotte. Daar is iets in jou kommentaar wat my pla. Wus jy dalk wat dit us?

SNEL ·

Ek stem saam met Peet en ja, DIS nodig, DUS moet hy dit noem!!! (my spelling ook nie altyd 100% nie)
Hoekom mondig en nog in die skool, daar moet n afsny ouderdom wees. Goeiste, hy is miskien ook al n pa van drie en dan nog in die skool, maar nou ja, nou is hy dood. Wonder hoe oud is die leerder wat inhegtenis geneem is, miskien sal ons op ons rug val as ons dit weet.

Marietjie ·

Sjoe, ek lees almal se kommentaar, maar meeste het nie eens behoorlik gelees wat in die berig staan nie voor die veroordelings begin vlieg het nie. Die 21-jarige is doodgesteek, maw dit was moontlik ‘n jonger leerder. Ten minste het die 21-jarige vasgebyt en probeer om skool klaar te maak. Die ander leerder se toekoms is verby – reeds moord gepleeg terwyl hy op skool is. Die een is dood en die ander se lewe verwoes deur ‘n onbesonne daad.

Christo Visagie ·

Claudia & Marietjie dankie vir julle objektiewe kommentaar.

andries ·

ai ons suid Afrikaners dis geen wonder ons land is in sy @#$%^&*
veroordeel soooooooooooooo vinnig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.