Die departement van onderwys in Mpumalanga is ontsteld oor die afsterwe van ʼn graad 11-leerder wat met ʼn baksteen oor die kop geslaan is.
Die leerder, van Sekhukhusa Secondary School in Shatele in die Bosbokrand- plaaslike munisipaliteit, is Maandag deur ʼn medeskolier met ʼn baksteen oor die kop geslaan. Die leerder het later, op pad kliniek toe, aan sy beserings beswyk.
Jasper Zwane, woordvoerder, het gesê die departement veroordeel die voorval en het reeds opdrag gegee dat die skool ʼn gedetailleerde verslag moet indien van die omstandighede wat tot die voorval gelei het. Die departement betuig ook sy innige meegevoel met die familie.
“Die departement sal ʼn span beamptes stuur om berading te bied aan almal wat deur die voorval geraak is. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sal Donderdag ook die skool en die familie besoek,” het Zwane bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Oijoijoi! En wat word nou van die moordenaar?
Adri, die moordenaar beroep hom op die nuwe regstelsel met zuma as voorbeeld en weier om hof toe te gaan.
Die oortreder sal seker net verskoning hoef te vra (die sg. herstellende-geregtigheid-praktyk). Indien die omstandighede anders was, sou hulle seker ook die skoolhoof skors.
Wat doen die Polisie. Dis moord!
Daar is net geen disepliene meer in die skole nie na lyfstraf afgeskaf is nie. Detensie werk nie dis net ‘n mors van tyd en leer die kinders dus daar is geen gevolge vir hulle dade nie. Die volgende gaan wees hy is nie regsaanspreeklik nie.