Skolier sterf toe jaggeweer afgaan

Hanru Posthumus (Foto: Hoërskool Sentraal, Facebook)

Hoërskool Sentraal in Bloemfontein is bedroef ná ’n gr. 10-leerder Saterdag in ’n fratsongeluk met ’n jaggeweer dood is.

Hanru Posthumus (16) en sy pa, Gerhard, was van plan om Saterdag op hul plaas digby Christiana in Noordwes te jag.

Volgens kol. Adèle Myburgh, polisiewoordvoerder, was Hanru om 08:05 besig om sy pa se jaggeweer skoon te maak toe ’n skoot afgaan.

Hanru saam met sy ouers, broer en suster [Foto: Anesta Van Wyk Smal, Facebook]

“Hanru is in die kop getref en is op die toneel dood verklaar,” bevestig Myburgh.

“Geen vuilspel word vermoed nie.”

Hoërskool Sentraal (Tralies) het Sondag sy medelye aan Hanru se familie en vriende betuig.

Die skool het Sondag om 20:00 ’n foto van ʼn aangesteekte kers op sy Facebookblad geplaas ter herdenking aan Hanru. Leerders en onderwysers is uitgenooi om ook ’n foto van ʼn kers op hul sosialemediaplatforms te plaas.

Hy word deur sy ouers, broer en suster oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harley Davidson

Tragies dat ‘n seun sy lewe moes verloor ouers leer julle kinders om wapens veilig te hanteer gewere laai hulle nie self en kan ook nie net afgaan nie,sterkte aan die ouers.

Shakespeare

Enige ouer se riller nagmerrie wat nooit gaan ophou nie. Baie sterkte aan die naasbestaandes.

Daleen

Innige meegevoel aan die familie – bid dat die Here julle in die moeilikste van moeilike tye styf sal vashou en vertroos.

Henriet

Baie hartseer! Baie sterkte aan die gesin.

MakersMark

Tragies. Hoeveel keer het die tragedie homself nie al herhaal deur die eeue nie. Ongelukkig word vuurwapens nie oor die algemeen hanteer of dit gelaai is nie, tot die dag dat dit is. Tragedie is gewoonlik die resultaat.