Skolier sterf tydens tref-en-trap

Foto: Netcare 911

ʼn 15-jarige meisie is Donderdagmiddag in die Lanseria-omgewing dood nadat ʼn motor haar, ongeveer 500 meter van haar skool, getref het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 15:30 na die toneel ontbied. Die meisie is op die R540, naby die R512-aansluiting, getref.

“ʼn Lugwaardin was besig om KPR op die meisie toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Dollman verduidelik. “Haar beserings was ongelukkig noodlottig en sy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens berigte van die toneel het ʼn motor die meisie getref en daarna van die toneel gevlug.

Die meisie het nog haar skoolklere aangehad.

Die polisie stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tanz ·

Hoe kry mens dit oor jou hart om iemand raak te ry en net weg te vlug!!!! Mag die meisie in vrede rus en mag God haar familie vertroos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.