Skolier van PTA-Noord sterf in fietsongeluk

Hoërskool Pretoria-Noord

Hoërskool Pretoria-Noord

JONGSTE: Maroela Media het intussen bevestig die seun was die onderhoofseun, Rudi Lettau. Klik hier om meer te lees. ‘n Leerling aan die Hoërskool Pretoria-Noord is Vrydagmiddag op sy fiets doodgery.

Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media bevestig die seun is deur ‘n metropolisiebeampte doodgery. Die voorval het glo na skool plaasgevind, en die seun was vermoedelik op pad huis toe.

Na bewering was dit die onderhoofseun van die skool. Maroela Media kon nie dadelik die skoolhoof in die hande kry nie.

Nkoadi kon nie die seun se naam of ouderdom bevestig nie.

Owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

herms99 ·

Dit was my vriend, Rudi Lettau(17). Hy was ook die onderhoofseun. Die skool se top akademiese presteerder. Fietsry was sy stokperdjie en as hy uitkomkans nodig gehad het het hy lang afstande fiets gaan ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.