Skolier vas ná mesaanval op medeleerling

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Gr. 10-leerling van ʼn Vrystaatse hoërskool is in hegtenis geneem nadat hy ʼn medeskolier glo agt keer met ʼn mes gesteek het.

Konst. Joy Xaba, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag by die skoolhek plaasgevind. Die seuns, albei leerlinge van die Kopanong High School in Mangaung, is glo lede van mededingende bendes en was in verskeie rusies betrokke voor Vrydag se voorval.

“Die 17-jarige seun wat in hegtenis geneem is, is deel van die Maroma-bende. Die slagoffer is ʼn gr. 11-leerling wat glo deel is van die BTK- [Born to Kill] bende,” het Xaba gesê. Sy het gesê dit is nie duidelik hoe ernstig die leerling beseer is nie. Hy was teen Maandagmiddag steeds in die hospitaal.

“Die polisie ondersoek die voorval en dit is moontlik dat nog leerlinge in hegtenis geneem sal word,” het sy gesê. “’n Saak van poging tot moord word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Hulle word uiteindelik ook goeie materiaal vir naskoolse opleiding. Dit ondervind ons reeds as ons kyk na hoekom hulle daar is, alles behalwe om te studeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.