Skoliere, assistent sterf in skietery by Gauteng-skole

(Argieffoto: SA Polisie)

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag sy skok uitgespreek oor ʼn skoolassistent en twee skoliere wat in afsonderlike voorvalle by skole in Gauteng doodgeskiet is.

ʼn Assistent, ʼn 49-jarige man, is Donderdagoggend by die Kwa Phalo Primary School in Soweto doodgeskiet. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Die polisie stel ondersoek in.

Die departement het ʼn traumaberadingspan ontbied om die nodige ondersteuning en berading te bied.

Lesufi het sy meegevoel met die familie en geliefdes van die man betuig.

In ʼn afsonderlike voorval is twee 16-jarige graad 10-seuns Woensdag dood by die Lesiba Secondary School in Daveyton.

“Die twee leerders het gistermiddag tydens skoolure glo baklei. Die een het ʼn vuurwapen uitgehaal en die seun buite die skool in die kop doodgeskiet. Hy het daarna die vuurwapen op homself gerig en sy eie lewe geneem.”

Die polisie stel ondersoek in na die omstandighede.

ʼn Traumaberadingspan is ook in dié geval na die skoolgemeenskap ontplooi.

“Dit is tragies om leerders aan die hand van geweld te verloor net wanneer die akademiese jaar begin. Ons innige meegevoel met die families van dié leerders,” het Lesufi bygevoeg. Hy maan leerders om nie by enige gewelddadige gedrag betrokke te raak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frank John ·

Die kriminele wil die wêreld beheer soos hulle dit wil hê. Wette moet gemaak word om hul te pas. Vir hulle is tronkstraf onregverdig. Wets gehoorsames moet aan hulle onderdanig wees.
Dis soos rokers wil rook waar hul wil en hul stompies gooi waar hul wil ongeag die nie rokers of dit ander siek maak of nie.
Selfsig is die orde van die dag.

Skyspy007 ·

Nou wat het rook en rokers nou met die storie uit te maak Frank????

Mellissa ·

Waar gaan die wereld heen…die skool het twee dae turug begin en daar is al klaar sukle geweld…al wat ek lees in die nuus is sterftes op paaie, plaas aanvalle mense wat vermoor word….ek is tebang om uit my huis tegaan…mense doen net wat hulle wil want daar is net niks consequences nie…mense lewe in vrees…

Kokerboom ·

G’n wonder ouers wil nie hul kinders na Township skole stuur. Toesig,beheer en dissipline grootste probleem

Kobus ·

Cele en Lesufi het beheer verloor. Prioriteite is totaal en al verkeerd.Cele soek bloed by gehoorsame burgers wat geldige vuurwapenlisensies het en arme Lesufi skree heeltyd “afrikaans” Die jong boewe word geskors maar weer toegelaat by ander skole want ons grondwet maak mos voorsiening vir onderwys aan almal

Belinda ·

Sjoe dis erg! Maar hoekom doen die polisie nie meer so raids by skole vir wapens en dwelms nie? Ek verstaan dit kan nie op n daaglikse basis gedoen word nie, maar dit hou almal ook op hul tone. Ai dat die skooljaar so sleg begin!

Anel ·

Hulle mag nie meer dit doen sonder die ouers, kinders en beheerliggaam se toestemming nie. Die kinders het glo regte!

Swerwer ·

Waarom geskok Mnr Panyaza Lesufi? Dit is mos die ANC wat verantwoordelik is dat alle dissipline , gesag en opvoeding ondermyn word en alle wet en orde nietig verklaar is in ons land. Sienende blind en horende doof.

Marius ·

Wat gaan aan? Kinders wat vuurwapens skool toe vat. Ons samelewing is in erge verval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.