Skoliere beseer toe trok deur parkeerplek jaag

Argieffoto

Argieffoto

Ses meisies, almal 16 jaar oud, is Donderdagmiddag beseer nadat ʼn vragmotor deur ʼn parkeerplek by ʼn skool in KwaDabeka in KwaZulu-Natal gejaag het.

“Onderwysers en lede van die publiek was by die leerlinge toe paramedici by die toneel in Khululekarylaan opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die vragmotor het die kinders getref en in ʼn aangrensende erf tot stilstand gekom.”

Die ses leerlinge en die vragmotorbestuurder het slegs geringe tot matige beserings opgedoen.

“Die pasiënte is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë mediese kliniek geneem vir verdere behandeling.” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois ·

Daar is darem maar BAIE ongelukke in Kwazulu-Natal. Het niemand in daardie provinsie ‘n geldige bestuurslisensie nie?
Is almal gekoop of vervals?
Nee regtig, daar is elke dag vreeslike ongelukke in DIE provinsie hoor. Wat van die media stel bietjie ondersoek in, want dis nie normaal nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.