Skoliere eis dat moordbeskuldigde-klasmaats vrygelaat word

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 800 skoliere van ʼn skool in Inanda, noord van Durban, het Vrydag ʼn optog na die plaaslike polisiestasie gehou om te eis dat vyf van hul klasmaats, wat op aanklagte van moord en poging tot moord teregstaan, vrygelaat word.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die vyf klasmaats, tussen die ouderdomme van 18 en 20 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo drie mans aangerand het wat die skool beroof het.

“Op 15 Mei omstreeks 07:30 het drie mans die skoolperseel betree en leerders van hul besittings beroof,” het Zwane verduidelik. Die mans is ernstig deur ʼn groep leerders aangerand en later na ʼn plaaslike kliniek geneem vir behandeling. Een van die verdagtes het aan sy beserings beswyk.”

ʼn Klag van moord en twee aanklagte van poging tot moord is by die Inanda-polisiestasie aanhangig gemaak, voordat die vyf skoliere in hegtenis geneem is. Volgens Zwane het die leerders wat aan die betoging deelgeneem het, gekla dat hul klasmaats hul Junie-eksamens gaan misloop.

Ná besprekings met die staatsaanklaer, is die vyf leerders op ‘n waarskuwing vrygelaat. Hulle moet weer op 1 Julie in die Ntuzuma-landdroshof verskyn nadat hul eksamens afgehandel is.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale kommissaris, het haarself ten sterkste uitgespreek teen lede van die gemeenskap wat die gereg in eie hande neem. “Ons kan nie sulke optrede duld nie en ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om nie die gereg in eie hande te neem nie omdat ons ten sterkste teen sulke misdade sal optree,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vic ·

Hoekom – hulle het mense aangerand wat hulle beroof het – moet hulle net stilsit en dit toelaat?

Dave ·

Presies Vic, laat ons sien of BB wat klaarblyklik praat eer gedink word, terugvoering sal gee. My vrou is sowat 6½ ure gelede beroof van ‘n relatief duur goue halssnoer terwyl ons in die stad was. Hy het oor die straat gehardloop en ek kon hom nie vang nie. Moet ons hierdie tipe dinge aanhoudend verdra? Met Berhalette wat hulle probeer verdedig?

Peet Schabort ·

Daar sit meer hier agter. Is hier nie ook ‘n gemeenskap wat oorlopenstoe keelvol is vir misdaad ?
Ek reken dat hierdie optrede ‘n geskiedenis het wat nou tot ‘n punt gekom het. Daar sal moet aandag gegee word want dis iets wat gaan toeneem, reg of verkeerd gaan nie ter sprake wees.

Winston ·

Ja nee wat. Hierdie is teen optrede gewees van mense wat die reg in eie hande neem. Hoekom? Omdat die regering net praat en niks doen nie. Los hulle soos die regering geharde misdadigers los en pêlle bevoordeel.

CHRISTA ·

Ek stem saam!! Selfs ons polisie (wie se WERK dit is) stel nie belang nie!! Ek meld telkens probleme of iemand wat verdag optree by ons metropolisie aan, maar hulle trek net hulle skouers op en sê: Dis nie my area nie!!

isabel ·

Hoe de hel kan hul dai mense tronk toe vat. Hul word aangerand en beroof. Ag nee hel dis siek. Ek betoog saam met die kinders

Dave ·

En ek stap saam met jou in die betoging, Isabel. As jy ‘n banier het dra ek die een kant en jy die ander kant.

Pieter dP ·

Ja dis wat gebeur as geld verkwis word op omkoop en bedrog as ook regstelinde aksies. Geen wet en orde nie. Dis neem die gemeenskap oor. Dis net nog n bewys dat die regeering van die dag in eenstort. Die Presidend van ons land is die beste voorbeeld van die dag.

Charlotte ·

Ek stem 100% met Dave en Isabel die regering dink dus reg dat mense somerso geroof en doodgemaak te word en dan verwag hulle die gemeenskap mag nie reg in eie hande neem nie,ek sal ook saam in die betoging loop om die klomp varke opgesluit te kry.

Dave ·

Mooi Charlotte, jy gaan die trompet blaas sodat ons kan aandag kry

Dr Ed ·

Dit is positief dat hulle die skelms vas gevat het, die leerlinge het baie reg opgetree.So waardeloos as wat die polisie oor die algemeen nou is en self deurspek is van kriminele is die leerlinge helde. As ons op die plaas die polisie ontbied daag hulle nie eens op nie. Ons is dus verplig om ons eie lewe en besittings te beskerm.

Buitestaander ·

Ek lees en verstaan almal se punte. Op die einde van die dag is die belangrikste deel van die storie dat iemand sy lewe verloor het.

Deesdae se mense tree al hoe minder en minder op en voel al hoe minder en minder vir iemand se lewe. ‘N lewe is deesdae letterlik nie eers ‘n paar sente werd as jy gan kyk waarvoor mense deesdae vermoor word.

Oscar het die tendens net sterk tevore laat kom deur sy ligte geraps oor die vingers na dat hy sy vriendin (‘n meisie word nie so hanteer nie) koelbloedig dood geskiet het en haar lewe geneem het. Hier het hierdie “studente” van tussen 18 & 20 met net ‘n waarskuwing vry gelaat sodat hulle kan hulle eksamen skryf ten spyte daarvan dat hulle ‘n lewe geneem het. Op daardie ouderdom weet jy sekerlik wat is reg en verkeerd en wanneer om op te hou voordat jy iemand so beseer dat hy sy lewe moet verloor.

Die waterkloof vier is net so geval, ja hulle is tronk toe, maar as jy gan sit en dink daar oor van hoe en wat hulle gedoen het teenoor die arme weerloose en hopelose man teen die vier jong seuns moes deur maak voor hy oorlede is en hoe hulle lekker gelewe het terwyl hulle in die “tronk” was…

… Dan moet ons regtig onself af vra, is dit vandag nogsteeds net so virkeerd en ‘n groot misdaad soos wat dit 15 tot 20 jaar gelede was? Waarom was die straf toé soveel erger as nou gewees?

Ons moet begin om minder ongevoelig en blind te raak teenoor mense se lewens wat geneem word en ons moet begin pa staan vir wat jy gedoen word. As ju ‘n lewe neem spandeer jy doe res van joune agter die tralies, of jy nou 20 of 120 jaar oud is.

Winston ·

Buitestaander. Oscar se slagoffer was weerlos. Waterkloof se slagoffer was weerloos. Hierdie kinders was nie weerloos nie en het hulle self beskerm. Natuurlik is dit oorskreiding van selfbeskerming maar gaan gepaard met onverdraagsaamheid omdat die rowers niks oorkom nie. Dis die regering se skuld dat ons psige aan flarde geruk is.As die staat nie die bevolking in die steek laat nie, sal hierdie dinge nie gebeur nie.

pop ·

Ek sal my doodskaam as ek die regering en polisie was, Hier moet die skoliere hulle werk doen, om hulle eiendom te beskerm, en dan het die polisie die cheek om te se ons moenie wet in eie ande neem nie. Laaaaankal moes dit begin gebeur het. Die skelms moet weet, die publiek is g-tvol en gaan nou begin terugkap. Ek sal ook saam betoog Dave en Charlotte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.