Skoliere glo “te oud” vir Graad R

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse onderwysdepartement het opdrag aan sommige laerskole in Centurion gegee om van hulle Graad R-leerders dringend oor te plaas na Graad 1 omdat die leerlinge vanjaar sewe jaar oud word en leerlinge nie sewe jaar oud mag wees in Graad R nie.

Volgens Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte, het AfriForum nie ʼn probleem met die breë beginsel in die Skolewet nie, maar daar bestaan kommer oor die feit dat die betrokke leerders tans almal met goeie rede in Graad R is. “Wetgewing maak voorsiening vir die akkommodering van kinders met spesiale omstandighede,” het Bloem gesê. “Sielkundiges en arbeidsterapeute het besluit dat hulle nog nie skoolgereed is nie, vanweë sielkundige, emosionele en fisiese agterstande. Dit is in die kinders se beste belang om nie vanjaar in Graad 1 te wees nie.”

Volgens die onderwysdepartement word die betrokke sielkundige en arbeidsterapieverslae nie erken nie. Hulle beweer dat skole aansoek moes doen om vrystelling vir die leerlinge. Die skole sê egter in reaksie hierop dat dokumentasie vir sulke aansoeke al vir langer as twee jaar nie meer beskikbaar is nie. Die ouers het nou die geleentheid om appèl aan te teken teen die onderwysdepartement se besluit dat die kinders na die skoolvakansie na Graad 1 moet gaan.

Die ouers en AfriForum wag nou op die beslissings rakende die appèlaansoeke voordat oor verdere optrede besluit sal word. “Indien die ouers se aansoeke om vrystelling onsuksesvol is, is AfriForum bereid om hulle met verdere regshulp te ondersteun. Administratiewe prosesse kan nie blindweg afgedwing word nie – in die eerste plek moet die belange van elke individuele leerder beskerm word,” het Bloem gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chivago ·

Wat ‘n klomp bog! Wat van kinders wat op 31 Desember gebore is? hul word dan wel 8, MAAR het letterlik ‘n jaar agterstand teenoor kinders wat op 1 Januarie gebore is

Shannon ·

Ja, dan om hulle in graad 1 aan en haak daar vas vir twee jaar. Dan word hulle oorgeplaas graad 3 toe en die departement word ondersoek omdat dit die onderwysers se skuld is. Dan is daar `n gevolglike betoog van besorgde oorblywende blanke onderwysers. Dan betoog die students oor hulle nie gepaas word nie, en dus word die onderwyser/s summier afgedank. En dan loods Solidariteit die hofsaak.

AmY ·

En wat dan die wie 16jaar is in graad 7 (standerd 5)? En die wie 20 is in graad 10 (standerd8)?

Wonder maar net…

lynne ·

Dit suck! My kind moes ook eintlik 2 jaar in Graad R gebly het oor hy nie reg was vir skool nie, maar die onderwys departement het geweier. Toe mos aansoeke indien by Jan Kriel. Jan Kriel se waglys is 3 jaar en dus was ek gedwing om my kind in ‘n hoofstroom skool te sit. Nou is hy daar en dit gaan glad nie goed. Hy bly in die moeilikheid oor iets en hy dop alklaar sy 1ste kwartaal. Alles op sy rapport is 1 , hoe laat dit nou ‘n kind voel.

Slim Daan ·

Lynn,
My innige simpatie. n Gesoute leerkrag het sopas n pos duskant Wellington aanvaar. As die dame dit my nie op wit en swart gewys het nie, sou ek haar summier as leuenaar afgemaak het.
Uit haar klas van 44 Gr 5’s ( in ou taal std 3 ? ) kon slegs 22% hul eie name korrek spel. Die hoogste punt behaal vir omgewingsleer is 20% ! Ontnugter deur hierdie toedrag van sake het dit geblyk 14 vd lot reeds n klas gesak het. Die ironie is dat in die lig van Departementele ” opdragte “, hierdie lot ( kom buig of bars ) deur die worsmasjien van idiotiese matrikulante deurgedruk moet word. Take wat nie ingehandig was nie ( of leeg op haar lessenaar beland het ) – MOET daar eenvoudig n punt toegeken word !
Aan die einde vd dag moet jy jou onafwendbaar afvra: ” Who’s fooling who “!? Vir die leerkrag is dit duidelik dat die dagdromery in die klas niks met stoutigheid uit te waai het nie. Die arme bloedjies weet eenvoudig nie wat aangaan nie want hul kan nie lees of skryf nie.
PS.
Die opmerking vd hoof aan die leerkrag toe sy haar kommer hieroor loop uitspreek het was skouerophalend: ” Juffrou wat kan ons doen…..anders as om ons leerders lief te moet he “. Nou toe….daar’s nou vir jou n intellektueel- stimulerende antwoord !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.