Skoliere moet slange trotseer

Dendroaspis polylepis (Swart mamba) Foto: TimVickers via Wikimedia Commons

Dendroaspis polylepis (Swart mamba) Foto: TimVickers via Wikimedia Commons

Skoliere by ʼn laerskool in Limpopo moet daagliks slange trotseer en roep glo nie eers meer onderwysers nie, maar maak sommer self die reptiele van kant.

Ná jarelange verwaarlosing is die meer as 230 leerlinge aan die Kgwaredi Primary School in Ga-Manamela naby Polokwane, vol verwagting dat hulle mobiele klaskamers sal kry.

“Die slange is volop,” het die skoolhoof, Ngoasheng Nhona, gesê. “Ek weet nie of dit weens die woud of die berge of die plantegroei is nie, maar ons is gewoond aan slange.” Sy het gesê die leerlinge maak sommer self die reptiele van kant. “Dis normaal. Ons is altyd bedag, maar ons kinders meld nie meer aan wanneer hulle ʼn slang gesien het nie. Hulle maak hulle eenvoudig dood.”

Skoliere gaan al sedert April in plakkershutte skool wat die ouers opgerig het nadat hulle die dak van die vervalle klaskamers verwyder het, uit vrees dat dit inmekaar sal stort. Hulle het die dakmateriaal vir die plakkershutte gebruik.

Die ouers het gekla dat die departement van onderwys al die afgelope 15 jaar versuim het om mobiele klaskamers beskikbaar te stel. Die skool het glo egter goeie ablusiefasiliteite.

Paena Galane, woordvoerder van die departement, het gesê die skool sal mobiele klaskamers kry. “Ons het uitgevind daar is vyf mobiele klaskamers van naburige skole beskikbaar. Kgwaredi benodig vier, so dit sal aan die skool toegeken word,” het Galane gesê. Hy kon nie sê wanneer dit sal gebeur nie, aangesien dit glo afhang van die maatskappy wat die klaskamers moet verskaf.

“Ons het met die skool se beheerliggaam vergader en hulle het versoek dat ons ingryp,” het hy bygevoeg. “Aan die begin van die jaar het ons skole versoek om hul eise in te dien, maar hulle het nie hul eise vir klaskamers ingedien nie.”

James Mothiba, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het gesê hulle glo nie meer die departement se beloftes nie, aangesien niks ooit gebeur nie.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dave ·

Daardie kinders èn hul onderwysers behoort opleiding te onvang om slange uit te ken om nie veral onskadelike spesies uit te roei. Slange is uiters belangrik om insekte en knaagdiere soos rotte en muise te beheer. Ek het ‘n pofadder binne ‘n huis gevang en in ‘n veld vrygelaat omdat ek die skepping, die natuur respekteer. Die gevaar van slange word oordryf deur onkundiges.

Eliza-beth ·

Ai, Dave, dankie tog vir mense soos jy wat omgee vir dinge in die natuur. Ek stem absoluut saam – elke ding in die natuur het ‘n plek. Mense moet ophou net doodmaak. Kry van hierdie “slanghake” waarmee mens hul kan vang en laat hulle vry verder aan in die veld. Dalk word daar ook baie gemors opgehoop naby die skool of in die skoolgronde wat rotte en muise en dus dan slange ook sal lok. Hou die omgewing skoon dan sal die kuiergaste nie sommer kom nie! Hier is gereeld in die somer pofadders en ook veral rinkhalse om en naby ons huis maar my man vang almal en laat hul verderaan in die veld los.

Interessante pik ·

Die slange tersyde, ek wil met graag noem dat hierdie voorbeeld ten hemele skreeu: hier lê die ware redes hoekom Afrikaanse skole nou ook vir Engelse moet plekmaak. Want in die 21 jaar wat hulle nuwe skole moes bou, is hierdie die werklikheid. Ons bou nie, ons leen eerder. Ons vat eerder weg by ander wat het. Dis nie ons skuld nie…

THEA SWART ·

ek stem ook 100% saam met “interessante pik” die wat wel skole het brand die goed af en kerm dat hulle nie skole het nie en verwag dat daar weer nuwes gebou moet word en die ander wat nie het nie kry ook nie – nie eers boeke is betyds nie – nou wat nou mnr die president?

Pietie ·

Julle is net moedswillig. Almal weet tog dit is Jan se skuld.

Sollie ·

Die mens vat die wilde diere se plek oor en is dan verbaas as hulle daar voorkom. En maak voor die voet dood. ONNOSEL verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.