Skoliere opgeneem vir voedselvergiftiging

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 18 skoliere is Vrydag in Peddie in die Oos-Kaap in die hospitaal opgeneem vir voedselvergiftiging, het die departement van gesondheid gesê.

“Die skoliere het simptome getoon soos naarheid, maagpyn en hoofpyn nadat hulle sjokolade geëet het wat ʼn smous vir hulle gegee het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, gesê.

Die skoliere van Pumla High School word by die Nompumelelo-hospitaal behandel.

“Altesaam 24 mense het verlede week in Dutywa siek geword toe hulle die vleis geëet het van ʼn koei wat gevrek het,” het Kupelo bygevoeg. “Ses seuns is ook in die hospitaal opgeneem nadat hulle suurmelk gedrink het wat hulle by ʼn spazawinkel in Peddie gekoop het. Hulle is almal reeds ontslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.