Skoliere se kospakkies gesteel

(Foto: Sonder Quest/Unsplash)

Die polisie in Polokwane in Limpopo ondersoek ʼn saak van diefstal ná kospakkies ter waarde van duisende rand gesteel is. Die kospakkies was bestem vir skoliere in die Mankweng-polisiëringsgebied.

Polisiewoordvoerder lt.kol. Mamphaswa Seabi sê die polisie het Woensdag omstreeks 07:45 inligting ontvang oor ʼn man wat sy eie lewe geneem het by ʼn huis in Hans van Rensburgstraat. Die man het homself in die badkamer gehang. “Beamptes het dadelik paramedici ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.”

Die man is deur ʼn familielid uitgeken as Ayanda Makgati Mphakane (34) van Ga-Mphahlele, Rapotela. “Die voorlopige ondersoek het onthul dat die oorledene vir Klein-Tech-voedselskema gewerk het. Dié maatskappy verskaf kos aan skole in Mankweng.”

Mphakane het na bewering onwettig twee maande se voorraad aan ʼn onbekende persoon in Mokopane (Potgietersrus) verkoop.

Voor die voorval sou die oorledene polisiebeamptes na die presiese ligging geneem het waar hy die kospakkies vir duisende rand verkoop het. “Dit het egter nooit gebeur nie.”

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na die persoon wat die kospakkies by Mphakane gekoop het. Enigiemand met inligting kan ao. Ringane kontak by 072 170 6535.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lillian ·

SAPS moet maar net hul oë oopmaak, die skuldiges is daar reg onder hul neuse.

Swerwer ·

Verstaan glad nie, hul betaal nie skoolgeld/fondse nie, hul kry kindertoelae en dat word hul van alle kant vol gestop met kos, toiletware, klere en as jy by ‘n wegneem restaurant handelaar kom dan word daar ook geld gevra vir die arme “miderbevoorregtes”. Neem die kindertoelaes weg en gebruik dit om die kinders self te voorsien van die behoeftes. Die ouers suip in elk geval 99,9% die kindertoelaes uit! Ons ouers het nie bystand gehad nie, dit was honger skool toe of met ‘n toebroodjie, vannaand was dit pap, skoolfonds moes uitgekrap word, betaal sal jy betaal. Klere is van 1 na die ander aangegee om te dra. Maar in vandag se lewe is dit net demand en dit word voorsien en dan het die regering nog die vermetelheid om te vra vir “hulp” tydens ‘n natuur ramp? Iewers mense moet die krane vir die kommuniste toegedraai word, dit kan nie so aangaan nie. Die goed het nog nooit gewerk vir wat hul wil hê nie. Dit help nie om aan te hou instop nie.

Blikkies ·

Wel gese Swerwer, Noem een, begin sommer by die kabinet het al n dag ‘se eerlike werk vir n salaris gedoen. Alles is vir hulle gegee, Pasella…….Ek betaal ook geen sent vir kamstige kinder onderhoud nie, Stem ook saam jou die ouers Suip die kinders se geld weg…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.