Skoliere sterf tydens busongeluk

Foto: @mjajubanaapiwe, Twitter

Vier skoolkinders is Maandagoggend dood tydens ʼn busongeluk in die Oos-Kaap.

Die bus, wat 46 skoliere vervoer het, het by Mdumbi naby Ngeleni omgeslaan.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê een van die skoliere is op slag dood en drie van die seuns het aan hulle beserings beswyk net nadat hulle by Canzibe-hospitaal opgeneem is.

Kupelo het gesê ander skoliere, wat kritieke beserings opgedoen het, is na Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha geneem. Hy het gesê die kinders was op pad skool toe, toe die ongeluk plaasgevind het.

ʼn Toyota-voertuig het ook Sondagaand op die R63, net voor Adelaide, ʼn vragmotor reg van voor getref. Kupelo het gesê al nege insittendes, vyf vroue en vier mans, is dood. Die ongeluk het omstreeks 20:00 plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

willie ·

een skolier is opslag dood en drie seuns het aan hul beserings beswyk! Nou was die drie seuns nie ook skoliere nie? vra maar net!

nege mans en vroue in ñ Toyota Conquest, oorlading in die ergste graad!

Chris Ws ·

Willie ek weet nie waar u aan die Conquest kom nie.Hier praat hulle van ‘n ”Toyota – voertuig”.Ek het self jare terug ‘n Conquest gery en sou graag wou sien hoe laai jy 9 volwassenes in hom in!

willie ·

Chris Ws ek het dit in ander nuusbron gelees! Daar was ook ñ foto van die ongeluks toneel geplaas!

paula ·

RIP kinders. God gee gemoedskalmte aan die wat moet agter bly.

wys net ·

Wys net Ons 3 ENIGE GOD slaap nie niks laat HY sommer verby gaan nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.