Die polisie in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat twee leerders gesterf het tydens ʼn brand in die skool se koshuis.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee leerlinge was deel van die Makaepea School for Muslims in Motetema buite Groblersdal.
“Lede van die gemeenskap het Maandagaand ʼn brand by die skool opgemerk en die polisie ontbied,” het hy verduidelik. “Volgens die voorlopige ondersoek het ʼn brand in die koshuis uitgebreek en die twee leerders, onderskeidelik ses en 15 jaar oud, het verkool.”
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.
‘n brand ontstaan nie vanself en 2 kinders sterf. Mense hande moet betroke gewees het.