Skool afgebrand wat as stemlokaal sou dien

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Skool in Kraaipan buite Mahikeng in Noordwes is na bewering deur ʼn groep mense wat van plan is om die verkiesing Woensdag te boikot aan die brand gesteek.

Tlhakajeng Primary School is die afgelope naweek aan die brand gesteek – glo deur ʼn groep mense wat die verkiesing weens ontevredenheid oor dienslewering wil boikot. Die skool was een van die stemlokale in die gebied waar kiesers veronderstel was om Woensdag hul stemme uit te bring.

Mpho Motlhabane, die Noordwes se LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, het geëis dat ʼn ondersoek gedoen word en dat die persone wat vir die brandstigting verantwoordelik is in hegtenis geneem word.

“Om openbare en private eiendom te vernietig is ʼn misdaad en ons polisie sal geen steen onaangeroer laat nie. Niemand is bo die reg verhewe nie. As ʼn misdaad gepleeg is, moet daar ʼn ondersoek wees en sal die oortreders in hegtenis geneem word,” het Motlhabane gesê.

“As mense die verkiesing wil boikot, moet hulle nie ander wat wel wil stem kniehalter nie want dit is ook hul demokratiese reg om dit te doen,” het die LUR gesê.

“Die verkiesingstydperk is net drie dae lank en wanneer dit verby is, is daar leerders wat so baie van hul skooltyd gaan verloor. En wat my nog meer irriteer is dat mense hierdie tipe goed in die naam van dienslewering doen. Wat het dienslewering met die skool te doen? En nou moet die leerders hieronder ly.”

Die Noordwes-polisie het bevestig ʼn saak van brandstigting word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die OVK het weereens vandag ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om hulle te weerhou van gewelddadige betogings wat daarop gemik is om verkiesingsbedrywighede te ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Felix ·

As mens als moet afbrand omdat mens ongelukkig is, wonder ek waarom is die parlement nog staande. Dalk die sekuriteit?

BlinkStephaans ·

Mr mpho jy praat soveel waarhede, maar jy sien dis “our piepol” se ding daai… hoe praat jy dan nou so asof jy verbaas en ontsteld is… dis jul eie maaksels daai… hulle is so want julle het hul so gemaak… en julle bly hulle ñ rat voor die oë draai met leë beloftes. Kry maar vir jou… ek dink iemand moet hulle gaan geluk wens dink jy nie?… hulle is dan nou sulke model burgers.

JohanL ·

Dankie Stephaans – jy stel dit so goed en as bonus dit is alles die waarheid.

AmY ·

Kla oor verlore skooltyd.
En nou is daar ook nie meer ‘n skool nie…

Johan ·

En volgende week betoog hulle omdat daar nie ‘n skool is nie. Sulke mense kan regtig nie baie intelligent wees nie….

IK ·

Gaan tik ‘IQ’ in op Google wat dan gevolg word met verdere inligting. Die resultaat vertel die storie.

Gert van Wierdapark ·

Die feit dat die LUR geeis het dat die saak ondersoek moet word, “verdien ‘n klop op sy skouer”? — hoewel dit mos as’ t ware verwag kan word van die SAP om dit in elk geval te doen. Die gemeenskap kruip seker nou in vrees in bewing weg na die LUR se ver-soek. Hulle gaan beslis ver soek na die skuldiges want nie een van die groep gaan sy/haar vuurhoutjie-hand opsteek om skuldig te pleit nie! Hoe lui die spreekwoord: “Woorde Wek, Voorbeelde Trek”. Wonder uit watter kamp kom die branders?

CHAPPIES ·

MOOOOOÍ SO….!!!!???
Brand als af dat julle nie KAN stem en onderrig word!!!
QUEST FOR FIRE

Andrea van Vuren ·

Hulle voel vere. Daar is mos beloftes gemaak dat hulle nou in ons beskaafde Afrikaanse skole ingeneem gaan word soos dit in Lesufi se Gautengse skole die geval is.

Hanna Hoekom ·

Kom ons gaan n weddenskap aan: “our people” gaan maar net weer vir die cANCer in hul midde stem. Liberation before education.

J ·

Oor n maand brand hulle weer trokke en voertuie langs die pad omdat hulle nie n skool het nie en gee sommer apartheid die skuld, dit is tyd dat die ANC bekend maak hoeveel skole is van 1994 af afgebrand en beskadig, asook hoeveel van die krimenele wat dit gedoen het is skuldig bevind en gevonnis. Sal nogal heel interesant wees, eindlik skrikwekkend

JohanL ·

J, ek wonder of daar sulke statistiek is oor hoeveelheid skole afgebrand. Teoreties moet daar wees, maar ek dink dit word “uit stelsel verwyder” op een of ander innoverende wyse – om sulke statistiek weg te steek is die ANC mos goed mee.

Ruiklont ·

Deel van die standaard wet en orde wat gehandhaaf word. Glo geen straf en vervolging sal plaasvind. Die arme bloedtjies

Joe Olivier ·

Die cowboy minister wat almal en alles se veiligheid sou verseker vir die verkiesing is baie stil. Hy is seker besig om vuurwapens te vernietig.

Patch ·

Daar word gekla en kerm daar is nie genoeg skole nie en dan brand hulle dit wat daar is af. Suid-Afrika van roet en rook… ?

Sarel ·

Jy wil al lag as jy hoor die polisie in NW ondersoek. Om te ondersoek moet jy n wil he en die misdadigers is nie wit nie, dus geen behoorlike ondersoek. Dossier waarskynlik reeds afgesluit as onopgespoor, dit is as n dossier geopen is. Om n dossier te open krap hul statistiek deurmekaar.

Spike ·

Sulke optrede verbaas my nie. Dit is eie aan die comrades en kaders.

WIEBO ·

Hoekom worry julle? Die polisie monitor mos die situasie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.