Skool begin met ondersoek na opmerking op toiletmuur  

(Foto: Hoërskool Ben Viljoen/Facebook)

Die LUR vir onderwys in Limpopo het gesê die voorval by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal waar ʼn rassistiese opmerking teen die muur van die seunstoilet aangebring is, word in ʼn ernstige lig beskou.

Die skool het bevestig dat hy met ʼn ondersoek na die voorval begin het. Dit kom nadat ʼn skermgreep wyd op sosiale media versprei is van die beweerde opmerking: “Of course Black Lives Matter a Dead slave is useless.”

Volgens die skool is die boodskap onmiddellik verwyder nadat dit onder sy aandag gekom het. “Ons beskou die saak in ʼn ernstige lig en daar is dadelik met ʼn ondersoek begin. Ons poog om die skuldige persoon spoedig te identifiseer en dan dissiplinêre stappe toe te pas.”

Die skool het ook om verskoning gevra aan diegene wat aanstoot geneem het. “Ons verseker almal dat ons die optrede van die oortreder ten sterkste afkeur.”

Polly Boshielo, LUR vir onderwys in Limpopo, het gesê die departement het inligting ontvang dat van die gr. 12-leerders Donderdag geweier het om verder met klasse voort te gaan nadat hulle uitgevind het van die boodskap wat op die toiletmuur aangebring is.

Die provinsiale departement was in kontak met die skool om sy ondersteuning te gee vir die ondersoek en om berading te reël vir diegene van die skoolgemeenskap wat geraak word.

“Die voorval word in ʼn ernstige lig beskou en ons veroordeel dit ten sterkste. Rassisme kan nie in ons skole geduld word nie en dit is hoekom ons vasberade is om die voorval te hanteer. Ons kan nie bekostig om weg te kyk wanneer sulke vooroordele in ons skole voorkom nie,” het Boshielo gesê.

Die skool het gesê hy sal ook van die geleentheid gebruik maak om aandag te gee aan ander ongelukkighede wat leerders moontlik het. “Waar klagtes geregverdig is, sal ons sinvolle oplossings daarvoor kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Agge nee ·

Bog storie. Too much ado about nothing. Wie sê vir julle dat een van die swart leerlinge dit nie op daardie muur geskryf het nie? Seuns hou ook van drama. Skool kom lekker vroeg uit Vrydag. Ignoreer dit anders gaan dit nooit einde kry nie.

HJvdb ·

Solank die regeering nie beself “ All lifes matter” sal rasse haat nie einde kry nie.

Ironies hoe vinnig die reggering kan opspring oor enige ras haat van wit na swart…..

San 7 ·

Hoekom net black lives. Wat van die wittes en wit boere. Beteken hulle niks.

Hoekom ·

Lyk my die meeste mense deesdae daar buite ly aan emosionele onstabiliteit. Ons moet maar vir hulle ‘n “safe space” maak erens waar hulle nie in aanraking kan kom met aanmerkings, opmerkings, grappies en trolling nie…..mars klink na ‘n goeie opsie…

JohanR ·

Hoekom – hiers een…Helen Zille, Cyril Ramaphosa, Julius Malema en ‘n wit skool dogter is op ‘n vliegtuig…..umm ek mag nie, rerig? Dis maar net ‘n ou grappie, baie onskuldig en niemand is rassisties bygekom nie. Ek mag rerig nie Buang? Jammer Hoekom mag nie vertel nie.

Persheks Adri ·

Mars is te naby as jy my vra waarheen hul moet gaan!

Susan ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat op ander media platforms di week gelees het van swart mense gese het is reg maak di wit mense dood hulle verdien dit na so baie plaasmoorde en aanvalle di werk in di nuus was dat niks daaraan gedoen gaan word ni dis haatspraak want dit word gese di kos kom van checkers af en ni van di plase af ni. Nou word n groot ophef gemaak en ondersoek in gestel wat op di seunstoilette se mure geskryf is hoe kom jy by daai som uit dubvel standaarde

Cherokee ·

Dit kan geskryf wees deur ‘n swart kind wat ironies gedink het.

JohanR ·

Haai die is darem baie sleg! Ek dink R20 miljoen moet dadelik tersyde gesit word, en die saak moet dadelik Zondo-kommissie toe gaan. Moenie eers worry om die saak by Buang Jones en die MRK uit te bring nie….reguit Zondo-kommissie toe. Het julle noukeurig en mooi deur alles op die muur gelees om al die slegte goed wat daar geskryf is by mekaar te bring? Het julle gesien daar en gelees, dat die ANC is die swakste regering in die wereld, in die geskidenis van die wereld? Moenie vergeet om noukeurig deur al die seuns se potloode en penne te gaan, om te sien of julle die regte implement by die skrif op die muur kan bring nie. Toilet Walls Matter! (Johan die 2de)

Snowball ·

Simpel, simpel regering, nou wil hulle al smet wat op ‘n skool se toiletmuur geskryf staan ondersoek en te reël vir beading? Liewe Deug! Doen opvoedingswerk, ignoreer kinders wat snert skryf om reaksies uit te lok en kom deur die werk vir die jaar. Daar het mos nou al genoeg skooltydyd verlore gegaan in 2020. Graad 12’s wat weier om skool te gaan oor so iets, is nie lus om Gr 12 te slaag nie.

Anel ·

Die Here het almal van ons gemaak. Of jy nou wit, pienk, groen, swart, bruin, geel is. Wees dankbaar dat jy lewe. As jy nie gelukkig is met jou omstandighede nie, doen iets daar omtrent, maar nie ten koste van ander nie. As jy nie tevrede is met die kleur van jou vel of jou ras nie, wel kom daaroor. Jy gaan dit nie kan verander nie. As die oordeelsdag kom en jy is nog steeds ongelukkig dan kan jy die Here vra. Vir nou, respekteer mekaar vir wie ons is. Dis omdat daar geen respek of dissipline is nie dat die wêreld in so ‘n gemors is en sekeres dink almal skuld hulle. Vir die kinders, leer en hou op met politiek. Gr 12 kinders, julle kan dit volgende jaar doen. Kry nou jou matriek en sorg dat jy goeie punte kry want daar gaan stigma aan hierdie jaar se matrieks kleef. Is hulle maar net deur gesit of het hulle regtig deur gekom? Wees trots op wie ons is, elkeen maak nie saak wie nie. Jy is verantwoordelik vir jou eie toekoms. Vertrou op die Here.

John ·

BY my werk is die K woord in baie groot letters op die toilet muur geskryf, en ek is die enigste wit ou wat selfde toilet gebruik, so dit is of die Indiers of die swartes, beslis nie n wit mens wat dit daar geskryf het nie. Wonder wat die motief is????????(hahahahah)

Chris ·

Ek stem 100% met jou saam. Daar is groepe in die land wat aanjaag en haatspraak bevorder want net wittes sal dit doen.

Deon ·

Ek kort ook berading want ek het nou ook die graffiti gelees…

Agge nee ·

As iemand geskryf het, Kill the boer, kill the farmer dan sou daar nie ‘n haan na gekraai het nie. Dit sou ‘n week daar gewees het voordat dit verwyder was. Ons is so doodbang om BLM aanstoot te gee, ons maak onsself skoon belaglik.

Mrs H ·

Eintlik baie funny! Well done vir ‘humor ‘… vandag se mense ken nie die verskil nie, te veel onder ontwikkelde ‘voellers’… lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.