Skool bevestig onnie vas oor Amy-Leigh se ontvoering

Amy-Leigh de Jager (Foto: Facebook)

Die beheerliggaam van Laerskool Kollegepark het Donderdag in ʼn verklaring bevestig dat een van sy onderwysers in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering van die sesjarige Amy-Leigh de Jager.

ʼn Grootskaalse ondersoek is binne minute ná die voorval van stapel gestuur toe Amy-Leigh Maandag voor die skool uit haar ma se arms gegryp en ontvoer is. Sy is die volgende oggend ongedeerd gevind. Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê twee vroue, 27 en 40 jaar oud, en ʼn 50-jarige man is Woensdagaand by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem in verband met die ontvoering. Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Andries Pienaar, voorsitter van die skoolbeheerliggaam, het gesê hy is nie by magte om enige verdere inligting oor die verdagte bekend te maak nie. “Sodra die verdagtes formeel in ʼn hof aangekla is, sal die beheerliggaam ʼn mediaverklaring uitreik.”

Pienaar het bygevoeg gerugte dat dit Amy-Leigh se klasonderwyseres is wat in hegtenis geneem is, is onwaar. “Die beheerliggaam bevestig dat dit nie die meisie se onderwyseres is wat in hegtenis geneem is nie. Gerugte hieroor wat op sosiale media die ronde doen, is nie korrek nie.”

Die beheerliggaam gee intussen sy volle samewerking aan die polisie en die Gauteng-onderwysdepartement. Bykomende veiligheidsmaatreëls word ook reeds by die skool geïmplementeer.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het intussen sy teleurstelling uitgespreek dat ʼn onderwyser na bewering betrokke was by die voorval. “Ons veroordeel enige wangedrag van onderwysers wat ons opvoedingsinstansies probeer ondermyn,” het hy gesê.

Volgens Lesufi het die onderwyser ʼn skorsingskennisgewing ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Lizelda ·

Slaan my om met n veer!!!!! Het nou net n foto vd juffrou gesien. Iemand het gese sys “wel-af”. Dalk is ek mal… maar die SAP moet dalk gaan onsersoek instel of d juffrou dt vd eerste keer gedoen het of is daar nie dalk meer gevalle nie

Lyn ·

Joe…..UITEINDELIK iemand wat ook sy logika gebruik. Het jy toestemming v d ‘Christene’ gevra om so iets te sê? Want niemand mag hul BREINE gebruik en logiese gevolgtrekkings maak op sosiale media nie. As jy nie al biddend op so m situasie soos Amy-Leigh s’n reageer nie, is jy mos v d duiwel en braak jy gal.

marietjie ·

Sies skandelik as mens self kinders het HOE KAN jy dit aan ander mense se kinders doen?? SIES EK HOOP SY SIT LANK

Willem Grobler ·

@Lyn – As so ‘n lasterlike implikasie deur ‘n persoon wat duidelik niks van die voorval weet nie as die gebruik van logika bestempel word dan verskil my begrip van die term “logika” hemelsbreed van joune. As ek daardie kind se ma/pa was sou ek vir Joe laat opspoor het en hom gedagvaar het.

bb ·

Al wat ek kan se ……”SKOKKEND”…Ek dink dit het tyd geword dat ouers daarop aandring dat Onderwysers getoets word vir “Drugs”…Nou staan sy daar voor in die klas, en maak of sy geskok is…terwyl sy die groot Sondebok is….Gn wonder die familie het al gister gese…die waarheid gaan uitkom….Wat se SIEK wereld leef ons nie in nie…!! ..Eers die Krugersdorp Onderwyseres wat moord pleeg…nou alweer die…!!

Onderwyser ·

As ‘n onderwyser stem ek saam.
Ek dink ons almal moet police clearance kry soos in UK. En hulle kan my ook enige tyd kom toets voor dwelms.
My eie kinders is by verskillende skole en ek laat hul in ander se hande.
Ek dra alle leerders se beste belange op die hart en mens glo dat alle onderwysers só is.
Toets ons.
Check op ons.
Dis in belang van elke kind in SA (en die wêreld)

Anita ·

Willem net n regstelling hier. Die Dame se Pa het bevestig sy dogter is op verdowingsmiddels, so dit is waar die oorsprong van die aantyging vandaan kom. Uit n Pa se eie mond. Hoekom nou mense wil laat vervolg vir die ware woorde van n Ouer?

@Anita ·

As jy na die “voicenotes” verwys wat die rondte doen Amy-Leigh se oupa het gesê dit is nie waar nie.

mandy ·

Dit is shocking…regtig..waar is mens dan veilig..ek hoop dat al die persone wat betrokke is hard gestraf word. Om ouers en familie soveel onreg aan te doen..nie te dink aan die arme kind nie..kan net dink wat se negatiewe impak dit op die skool het.

Stephanie ·

Baie bly skuldiges vasgetrek. Weet netnie of ENIGE straf sal kan opweeg teen die trauma wat die arme dogtertjie deurgemaak het en die gevolge daarvan vir nog baie jare vorentoe. SA mense het geen ontsag meer vir morele waardes nie.

Lyn ·

Mandy…..en wat as dit een v d OUERS is wat die onreg teen hul EIE kind gepleeg het?? Of is dit in jou oë ook ONMOONTLIK dat n ouer so iets sal doen?? Toe ek dit n paar dae terug genoem het, is ek deur die ‘Christene’ uitgekryt vir al wat sleg is….

Narkotiseur ·

Nou hoekom sal ‘n persoon skielik ‘n klomp geld dringend benodig?

Tandarts ·

Narkotiseur, jy is reg, hoekom sal iemand geld nodig hê? Maak geen sin vir my nie.

Nel ·

@Lyn; Ons bly in ‘n gebroke wêreld waar alles moontlik is, maar as Christen verwag ek ook nie dat enige ouer ooit so iets aan sy eie kind sal kan doen nie.

Willem Grobler ·

Die logika hier verstom my. Laat ek nou sien of ek vir Lyn en andere reg verstaan: Ek het geld nodig ( vir wat ookal), nou reël ek dat my kind ontvoer word en ek moet ‘n losprys betaal… Oeps! Ek het geld nodig en ék moet die losprys betaal. Is dit net ek wat die probleem hier sien, of wat?

Mari ·

Ek het self 2 kinders en ek kan my nie indink waar deur hierdie mamma en pappa moet gaan nie. Al die slegte comments van mamma was deel daarvan? Hoekom sou sy haar self beseer in n poging om haar kind te red as sy deel van die span was? Bol man ek dink nie die mamma of pappa is deel van die plan nie. Ek dink in so situasie is die mamma en pappa se hande vas, hulle moet self maar sit en wag vir geregtigheid om te seevier. En ek hoop met my hele hart die mense wat betrokke was by die “plan” word lewenslank toe gesluit hulle moet nooit weer die son sien skyn nie. Die juffrou se kinders is anyway beter af sonder n ma soos dit.

Bren ·

Onderwyser se hulp was benodig om haar rustig te hou….om rede die vir haar “bekend” was. Hoe troos jy ‘n huilende bang dogtertjie en jy weet haar mamma soek na haar en jy “vertroueling” doen niks. Hebsug het ons land se mense se harte oorrompel.

Cherokee ·

Ó…, en waar plaas jy so ‘n advertensie vir ‘n onderwyseres benodig?

Lyn ·

Bren…..en hoe weet jy die ‘Mamma’ SOEK na haar? Dink bietjie logies….

Stephen ·

Siek verby is nie die woord… Die onderwyser kan bly wees hy/sy is gearresteer! God behoed my…

wonder net ·

wonder net wat wil jy doen? ek aanvaarons almal is ontsteld maar dit is raadsaam om kalm te bly, daar is minstens mense wat more in hof gaan verskyn en die kindjie is nie beseer. wees liewer dankbaar. wat ek hier lees strek n sg Christen nasie nie tot eer nie.

Nellie ·

Naamloos, sy moet eers formeel in die hof aangekla word voor hulle kan bekend maak wie dit is.

Vra net ·

Naamloos jy sit dan nie eers jou eie naam hier op nie nou bekommer jy jou oor die onderwyser se naam

Wonder ook ·

Maar dis oral op sosiale media. As jy haar foto sien sal jy flou word!!!!

Chris ·

In die outyd het ons gesê vertrou mense tot hulle die teendeel bewys het. Nou sê ons vertrou niemand nie tot hulle die teendeel bewys het.

Lizelle ·

Ek wonder net hoe kry mense hierdie idees…sit hulle by ‘n braai en een sê: Ouens ekt n manier om vinnig lekker geld te maak! En Dan dink die res dit is ‘n goeie idee?!

Lizelda ·

@Lizelle ek dink nogal so. Onthou na n paar glase wyn of brandewyn word mense baie slim, hahaha.

Harties Inwoner ·

Nou het ek alles gehoor die ma se 4 mans het haar dogter gegryp. Nou is daar 3 vrouers betrokke,,,,,,,,o wee hierdie rot wat geruik word gaan nog opslae maak……….!!

Lynette ·

Harties inwoner…..ek is bly jy het die moed om te sê wat ‘n logiese gevolgtrekking is….toe ek eergister iets soortgelyks kwytraak, was ek deur die biddendes uitgekryt vir n galbraker ens. ens. Het jy eers toestemming gekry.by hulle voor jy jou stelling gemaak het?

CHAPPIES ·

Lynette…gaan meld jou dienste en speurvernuf onmiddelik aan bydi saps…!!

Annelize ·

Hier is ‘n groter siekspul en katnes betrokke as wat ek dink ons almal besef. Ek glo as hierdie nes uitmekaar getrek gaan word, en daar presies uitgevind word hoe wat hier inmekaar steek, gaan ons op ons rue val. Hoor wat ek vandag se.

Dit kos net dat 1 persoon soos ‘n voeltjie begin sing om sy eie bas te red, en ek glo nie dis meer te ver nie, indien dit nie alreeds gebeur het, maar dis nog nie bekend gemaak nie.

Wat my met nog groter afsku teenoor die “juffrou” vervul, is dat op haar FB sit sy “Child of God”. Ne?

Annie ·

Storie nou holrug gery! En ek het my boude afgebid vir die kind. Bly sy is veilig. Dis jammer dat kinders onder grootmense moet ly! Skaam julle!

Nonnie ·

Sulke plannetjies word tussen vriende uitgedink in GM terwyl die drank vloei en dwelms gebruik word.

EvW ·

Ma sê 4mans haar gegryp! Maar SAP arresteer 2vrouens en 1 man????.

Mandy ·

Die 4 mans het seker die vuilwerk gedoen vir die een met die meesterbrein.

vra maar net ·

ek skud my kop in ongeloof, hiers klaar mense wat presies weet wat almal gedoen het . is dit nie raadsaam om te wag tot gereg sy loop neem en dan te weet as om nou te veroordeel

Johan Maritz ·

Voor 1994 was potesiele onderwysers gekeur voor jy kon onderwys gaan studeer , enige iemand kan nou die beroep betree Dit maak die onderwysstelsel kommerwekkend.

ja nee ·

Kyk voorheen was dit ‘n eer om ‘n onderwyser(es) te wees end dit was ‘n eerbare beroep vir uitverkorenes soos jy na verwys. As jy nou nie weet wat om te studeer nie of jou punte is te swak vir universiteit dan gaan studeer jy onderwys. Dis nie meer mense wat ‘n passie het vir onderwys nie maar eerder mense sonder ander opsies wat ‘n salaris wil verdien wat in die onderwys is. Ek sal nie ‘n kind van by aflaai by die lummels wat onderwys gaan studeer het wat saam met my opskool was nie!

Abe ·

MM,
Baie dankie vir die goeie opdatering van nuus oor hierdie saak van Amy-Leigh. Wat van nuus oor Stella skoolkoshuismoorde se saak (dit sou vandag voorgekom het) en Koos Strydom se saak (ook nou aan die gang)?

Blommie ·

Abe,
Dit gaan oor publisiteit vir die media, daai stories is lankal nee meer sapag nie.
Dis wat my kwaad maak van die media, is die berigte wat die meeste reaksie uitlok word gepubliseer. Daar word soveel kinders getseel en geen HAAN kraai daaroor nie. Ek voel jammer vir die dogtertjie, maar kan al die sake waarby kinders betrokke is nie so ernstig opgetree word nie. In ander lande word daar fotos van vermiste kinders op elke winkel venster, melk bottels, eier houers op alles geplaas om mense konstant bewus te maak van die kinders wat weg is. In SA word daar selektief berig, hangende die aandag wat die berig geniet.

Nel ·

Lyk dis waar wat hulle sê ‘truth is indeed stranger than fiction’…

Andrew ·

Dwelms en Skelm verhoudings en geldlus lei tot sulke siek planne. Maar grootste skokke kom nog as Meesterbrein in Hof onthul gaan word.

Regtig? ·

@lyn/lynette as jy aandag soek doen dit asb op ‘n gepaste plek…… jy ken net 1 sin….. Die heiliges het my uitgekryt….. Regtig???? Die berig het niks met jou of die heiliges uit te waai nie of die “issues” wat jy het met “heiliges” nie

Stefan ·

Almal weet wie die Onderwyseres is….en almal weet haar beste maatjie is……Mamma wat gese het 4 Mans het kind gegryp. Familie De Jager dink ons almal wat gebid het, is n klomp Fools. Hulle speel hul speeletjies en sort hulle Familie goed uit maar betrek die hele Suid Afrika daarby. Siek man siek !!!!!!!

MvS ·

Stem 100% saam. Almal bid vir die saak en dan is daar n heel ander storie daar agter. Dis presies hoe mense afgestomp en traak-my-nie-agtig raak teenoor al die drama in hierdie wêreld.

Stephan ·

Mense in Vanberbijlpark ken almal die Onnie en weet haar beste vriendin is die Persoon wat kind by Skool gaan aflaai het….Verbind die lyne…..

Onderwyser ·

As ‘n onderwyser stem ek saam.
Ek dink ons almal moet police clearance kry soos in UK. En hulle kan my ook enige tyd kom toets voor dwelms.
My eie kinders is by verskillende skole en ek laat hul in ander se hande.
Ek dra alle leerders se beste belange op die hart en mens glo dat alle onderwysers só is.
Toets ons.
Check op ons.
Dis in belang van elke kind in SA (en die wêreld)

Thelsa ·

Die geld was om dwelmskuld te betaal het die pa van die Onnie in ‘n stemposboodskap bevestig. Hy het erken dis sy dogter eat die meesterbrein is

Annie ·

En die speurder gebruik die woord “REVENGE”. Hier kom n ding…

Mariaan ·

Hierdie storie nog nie klaar..hou dop daar kom nog skokke!

Cremore ·

berei voor…dit gaan ON THE TOP en over de top wees…koffiekapitaal!!

Cremora ·

Gooi maar baie CREMORA,in ou koffiekapitaal,viri skok…en koue

Genade tog...!! ·

Ooo…genade tog,lyk my geselswater en slimsmarties parties, het skeefgeloop…!
Veral as juf en mamma vriendinne is!
Ñ draak met 4 koppe en 4 sterte inderdaad

Cremora ·

Gooi maar baie CREMORA,in ou koffiekapitaal,viri skok…en koue

Yankee ·

All i can say!! What kind of World are you guy’s living in!!

JohanL ·

@Yankee, probably just as bad as the world you Yankees are in! Over there it seems one must constantly look over your shoulders, otherwise another mass shooter might just do you harm? Same world – different problems.

Yankee'ness ·

A WONDERFUL WORLD…just with crazy+sick people…yankee

Dorothy ·

Dink mooi, die losprys was twee miljoen rand. Volgens berigte was die drug skuld 700 duisend rand, 4 mans gryp die kind (moet nog betaal word) 4 persone is gearresteer, geen losprys is betaal nie, dus is iemand nog diepier in die skuld want ek glo almal wou ‘n cut gehad het. Hulle was regtig nie ingestel om skoon te breek met die losprys nie.

Kapenaar ·

Ek is so geskok vanoggend. Om te dink vir dae het my hart uitgegaan en gebid vir die ouers. Ek het nie woorde nie. Ek as ma alleen sal my eie lewe opoffer as dit by my kinders kom. Hoe siek kan mens wees dit is skokkende nuus.

Stan ·

Wat gaan aan met die onderwys? Eers die Krugersdorp en Potchefstroom onderwysers wat moord pleeg, nou dié geval en dan kommentaar van onderwysers wat boelie en geweld in skole goedpraat? Miskien moet daar strenger keuring wees en meer oor etiek in pedagogiek van werk gemaanskap word!

tw ·

@lYN EN LYNETTE- vermoed dit is dieselfde persoon. jy klink baie verbitterd, al is jy nie n Christen nie wil ek he jy moet weet God het jou ook lief.

Elize Nicholas ·

Liewe aarde almal is geregtig op ‘n opinie!! Van die begin af het ek ‘n rot geruik met die storie, van die lesers het die mense wat dit genoem het gekasty. Die waarheid kom altyd uit.

TN ·

Ag asseblief !! Om deur ‘n mite gebreinspoel te word ! Baie van ons het die dreigemente en bangmaakstories ontgroei !

Blommie ·

En om te dink ons hou ons kinders veilig buite die skooljaard en dink wanneer ons hulle by die skool aflaai is dit die onderwysers se verantwoordeliheid die veiligheid van my kind.
Hoeveel keer is daar berigte oor sweets, jelly babies of watookal wat dwelms in het en se die kinders by die skool moet oppas, intussen sit tien teen een wat ons nou sien die moontlikheis is, die meesterbrein by die skool en deel dit vir die kinders uit. WIE sal WEET, as jy dwelmbase skuld en jy kan nie betaal nie. Dan werk jy vir hulle. Maar jou skuld sal jy op een of ander manier betaal, dis scary om aan te dink. Ek stem vir polisie clearence en drug toetse vir onderwysers. Ek weet daar is uitstekende onderwyser, maar kom ons skei die kaf van die koring!

Michelle ·

Dis n baie goeie idee wat iemand nou gegee het. Laat onderwysers elke drie maande getoets word vir dwelm misbruik.
Hierdie is een erge skokkende storie.
Sluit hul almal op en gooi die sleutels weg.

Rina Kotze ·

Ek stem saam dat huidige en toekomstige onderwysers vir polisie klaring moet gaan asook dan vir dwelm toetse ook.

Ek het in 2002 aansoek gedoen om te gaan Summercamp doen in die VSA as Camp Councellor. Ek moes voordat ek uit SA vertrek het al my polisie klaring gaan inhandig het by die VSA konsulaat in Kaapstad. Hulle kyk ook of jy ander rekords of problem het.

Ek en ‘n mede Suid-Afrikaner het tydens ons 2de week, ‘n saak moes aanmeld van fisiese mishandeling van ‘n dogtertjie (8) wat in ons cabin was. Omdat ons albei klaring gehad had, kon ons dit doen. Ons Kampdirekteur het toe die saak by “Social Security” aangemeld. Die saak het gelukkig ‘n goeie einde gehad.

Maar ja, my kinders is self nog in grondslagfase en my keel trek toe as ek sulke goed hoor!

Ons moet vir ons kinders bid vir hul veiligheid.

Vir almal wat nou aangaan oor die juffrou wat sê :child of god, laat God haar self oordeel.
Daar sal altyd diegene wees wat God se naam sleg maak en misbruik, laat Hy self met hulle afreken,

Onthou net, daar is nog goeie Kinders van God oor wat nie sulke dinge sal doen nie!

Snip ·

Ek is nou nie snaaks nie, maar as drie blankes al gevang is en die vier wat haar gegryp het is dit 2 mijoen wat tussen die 7 gedeel sou word wat wragtig nie die punt in sien hoekom hulle die ouers en kind deur soveel trauma geplaas het nie. Jy is na die ontvoering nie eers `n miljoener nie. Ek is net dankbaar sy is veilig gevind en al die eer aan ons God.

Lettie ·

Ek dink regtig nie die ma is skuldig nie en sy kan nie help haar vriendin is wel een nie.

Lou ·

As dit waar is dat die ouers betrokke is, dan is dit regtig sieker as enige absurde storielyn wat die skrywers van die klomp gemors sepies op TV kan uitdink. Ek begin regtig dink daar is demone los is SA wat besig is om gewone mense te laat optree soos besetenes. Die Bybel sê nie verniet ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte daar buite.

TN ·

Ag asseblief !! Om deur ‘n mite gebreinspoel te word ! Baie van ons het die dreigemente en bangmaakstories ontgroei !

Nel ·

Ek wil amper geld daarop wed dat die ouers en veral die ma nie betrokke is by die saak nie. Iewers op sosiale media was daar ‘n foto geplaas van die ma wat laatnag by die polisiestasie sit en wag op nuus oor die verwikkelinge. Die uitdrukking van absolute kommer op haar gesig het boekdele gespreek en het beslis nie die indruk geskep van ‘n gewetenlose vrou wat haar kind verpand het vir dwelmgeld nie.

tw ·

TN- as ek reg verstaan, Hy het vir jou ook lief, indien ek jou verkeerd verstaan , jammer by voorbaat.

Juffie ·

Alle beroepe het vrot appels …….. hoekom onnies so sleg maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.