Skool bied berading ná leerling se dood

Catelin De Witt. Foto: Facebook

Catelin De Witt. Foto: Facebook

ʼn Span van sowat 10 beraders ondersteun leerlinge van Hoërskool Eldoraigne in Centurion nadat een van hul skoolmaats Vrydag in ʼn parkie in Amberfield Glen tydens ʼn skietvoorval dood is.

Frank Roos, die skoolhoof, het Maandag aan Maroela Media gesê die nuus van Catelin De Witt (14) se dood is ʼn groot skok vir almal. “Wat gebeur het, is baie tragies en hartseer,” het Roos gesê. Hy het gesê daar is deurlopend ʼn span beraders by die skool om leerlinge deur die trauma by te staan.

“Ons het vanoggend se opening spesiaal aan haar opgedra en daar is ook ʼn minuut lange stilte gehou. Catelin was ʼn baie slim leerling. Sy was altyd toegewyd en het goeie punte behaal,” het hy bygevoeg.

Maroela Media het Vrydag oor Catelin se skietdood berig, en hoe die gemeenskap die ouers ondersteun deur ruikers by die landgoed waar die tragedie hom afgespeel het, af te laai.

Kaptein Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig die tiener het moontlik haar pa se vuurwapen tydens die voorval gebruik.

Die polisie doen ʼn geregtelike nadoodse ondersoek. Haar begrafnisrëelings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.