Skool brand ná matrieks weier om eksamen te skryf

Foto: Verskaf.

Die administratiewe blok van die Ndaliso-hoërskool in die Mtontsasa-omgewing in die Oos-Kaap is Dinsdagaand in ʼn brand verwoes ná leerders van dié skool vroeër die dag geweier het om hul eerste matriekvraestel af te lê.

Mali Mtima, woordvoerder van die departement van onderwys in die Oos-Kaap, het gesê die voorval kom nadat bevorderde leerders (leerders wat na matriek oorgeplaas is nadat hulle graad 11 vir ʼn tweede keer gedruip het) ontevrede was omdat hulle al hul vakke wou skryf in teenstelling met die departement se aanbeveling dat hulle van hul vakke vanjaar en ander vakke volgende jaar skryf omdat hulle kandidate vir “veelvuldige eksamengeleenthede” is.

“As gevolg van dié betoging kon 350 leerders gister nie hul eerste Engelse addisionele taal vraestel skryf nie. Alles moontlik is probeer om hulle te oortuig, maar tevergeefs,” het Mtima gesê. Net agt leerders het volgens Mtima opgedaag om die eksamen te skryf.

Uit die 358 kandidate wat geregistreer is om te skryf, is 232 bevorderde leerders en 126 leerders wat graad 11 geslaag en daarna na matriek bevorder is.

Die adjunkhoof van die skool is ook tydens die voorval aangerand. Betogers het onder meer geëis dat die departement aan hulle toestemming moet gee om al sewe vakke te skryf en dat hul nuwe gr. 11‑rapporte moet ontvang wat toon dat hulle geslaag het alhoewel hulle eintlik gedruip het.

Tydens ʼn vergadering met die leerders het een groep ingestem om van vandag af hul eksamens af te lê, terwyl die ander groep geweier het om bes te gee. ʼn Nabygeleë skool sal nou gebruik word om die leerders wat wíl skryf, te akkommodeer.

Gedurende die nag het gemeenskapslede die polisie gebel om hulle in kennis te stel dat die Ndaliso-hoërskool brand. Owerhede is na die toneel om die brand te blus en die polisie monitor nou die gebied.

Mtima sê die departement sal aanhou om met die groep wat weier om te skryf te praat. Belanghebbendes het om 10:00 vanoggend weer vergader, en die vergadering duur steeds voort.

Kapt. Nozuko Handile, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Freddie ·

Dis wat gebeur as jy mense laat slaag wat gedop het. “O nee, ons wil niemand in die gesig vat nie.” Hoekom nog toetse skryf?

Alida ·

Mooi man daar wag vir hulle lekker poste in die staatsdiens. Sars en Sassa amptenare bv.

Andrea van Vuren ·

Mooi man, ek wag vir Lesufi om hulle oor te plaas na een of ander Afrikaanse spogskool.

Willehond ·

Maak hulle ingeneurs by Sasol! Uitstekende loopbaan daar met graad een sertifikaat. Aandele en elke ding wat jy begeer!

RH ·

Hahhaahhahaa nes jy daar se. Ek wil net sien hoe brand hulle ook sasol af.

Gordon ·

hulle het mos nou nie daai een mooi deur gedink nie. more brand hulle iets anders af omdat hulle nie n skool het nie…manne 1+1 is nie 3 nie…

AttieNo1 ·

Ai nee a Gordon, moet nou nie met jou koloniale wiskunde die wereld omkrap nie. 1+1 kan nou 3 of 5 of 9 wees, afhangende van hoe daar voorheen teen jou gediskrimeneer was.

theo ·

Hoekom nog sukkel dat hulle moet eksamen skryf.Hulle wys mos hulle stel nie belang om eksamen te skryf nie.Alles moet mos gegee word.

Anoniem ·

Daar is hordes onderwysers wat daagliks so voel wat al 30 jaar + in onderwys is wat nou opgee en werk vir minder geld met meer vrede … die land gaan al hulle goeie onderwysers verloor …. en dan gaan SACE en die departement wakker skrik … Ek het goed gesien soos bakstene wat vlieg na onnies, hulle word by trappe afgestamp, afgebreek en selfs doodgemaak … Elke dag vra ons
… hoekom bly ons … hoekom klou ons vas aan die droom van minder as 40 kinders in ‘n klas sonder ‘n helper … en met die hordes departementele tydmors vergaderings dink ek net hulle moet bietjie meer prakties begin dink en minder dink oor wat teoreties en “scientific” gaan werk ….

Prakties dink is mos nie meer deel van ons lieflike CAPS nie …

Andrea van Vuren ·

Hoekom moet hulle skryf? Hulle plek in ‘n #Feesmustfall universiteit en -koshuis is klaar bespreek! Ons betaal mos vir hul studies! Matriek of te not.

Willie ·

Ja-nee, anargie en geen respek vir enige stelsel nie. gedruip en deur gesit, nie ‘bevorder’ soos die berig dit stel nie. Daai ‘bevordering’ verwag hulle almal op alle gebiede sonder om te kwalifiseer. ‘Affirmative action’ is sy reg tot BEE. As die dinge nie saam loop nie word alles verwoes en afgebrand……bose sirkel wat eeue reeds bestaan regoor Afrika.

Hannelie ·

Hulle kan 3 keer ook dop….maar plek in die parlement sal hul kry!!! So moenie eksamen skryf nie, want julle word mos elk geval deurgesit.

Dawie ·

Presies wat ek ook gedink het. Omdat die ANC niks kan opbou nie moet alle skole nou so word dan is almal mos dom en stem almal weer vir n kospakkie en so hou die sirkel aan en aan.

Amelia ·

Ai toggie tog – eers is daar nie skole nie – dan word daar skole gebou. Dan word dit afgebrand, en dan is daar weer nie skole nie of busse nie of treine nie – ai toggie man. Soos Gordon se 1+1 is nie 3 nie…

Penellope Jones ·

En nou sal hulle seker almal plek kry op universiteit, ten volle betaal en hulle ouers sal seker dan ook nou vergoed word. . . .

Hanna Hoekom ·

Volgende is universiteite wat brand. Heel voorspelbaar: brand eers jou skool en dan jou universeit. Liberation before education… Dan volg jou pad parlement toe!

Alida ·

En volgende jaar kry hulle universiteitstoelating gratis. Lekker. Daardeur ontneem hulle kinders plek wat WIL studeer

Stormjaers ·

Nog n skool word afgebrand. Ons weet nou mas al dat hulle nie wil leer nie. Hulle wil net die skole he om af te brand. Dit is niks nuuts nie.

Lize ·

My 80-jarige ma vertel hulle brand al skole af vandat sy ‘n kind was, d.w.s 70 jaar gelede al. Dink nie hierdie is iets wat ooit sal ophou nie.

Joe blow ·

Ja Liz soos hul se liberation before education…..maar van wat soek hul nou vryheid???Hul soek vryheid van verantwoordelikheid natuurlik…Dit is nou die nuwe jeug van Suid Afrika se nuwe toekomstige leiers…wat n rooskleurige prentjie skets dit nie geen wonder dinge gaan so beroerd nie…

Andrea van Vuren ·

Hulle wil nie leer nie want hulle weet nie hoe nie. Te besig op straat met allerlei onheilige dinge…

TLC ·

Moet sê vir ons ongeletterde vorige President het nie leer nie baie gehelp hoor kyk net wat het hy als vermag
O nee ek het nou nie meer woorde nie

Linda ·

Hoekom nou die woord verkeerdelik vertaal ???OMG = Oh My Gosh/Goodness !!!! so maklik soos dit, om opgewondenheid uit te spreek, letterlik n Internet woord !!!

Susan ·

Hulle sal 3 jaar in een graad sit dop hulle is jy di een wat fouteer want jy weier dat hulle slaag . Hoef ni te wonder hoe hulle matriek sertifikate gaan kry met onderskeidings ni. Kry hulle dit ni dan as verskoning di skool het afgebrand en ander leerders het kastig hulle verhoed om te skryfdop jy jou graad moet jy als oordoen. Daai konsep wil hulle ni verstaan dan waar lom di universiteit in? Daar dop hulle soos vliee. Hoop net my kind se kinders het nog n skool. Soos watdit nou lyk gaan daar ni wees ni dan vra hulle Ma hoe was dit om op skool te wees?

Realis ·

@lg – Jy kon dit nie beter stel nie. Die skrikwekkendste van alles is dat diesulkes oor ‘n paar jaar besluite gaan neem wat almal gaan beïnvloed. Nee ons vorige prez as voorbeeld.

toy ·

Ek wil eintlik lag daaroor. Mens het net nie meer woorde nie.

honourable member ·

Dis hoekom sekere mense vooruitgaan in die lewe en die res bedelaars raak en alles verniet verwag.

HPV ·

Voorbeeld daar gestel deur ‘n korrupte tot in die wortel verrotte regime met ‘n president wat nie bewus is dat mense hier teen 50 plus per dag vermoor word nie.

My 2c ·

Hul kan ook nou se hul beste 3 jaar op skool was Graad 11. Wat n sirkus???

JB ·

Ai tog, ek moet met jou saamstem. Ek werk ook vir die Staatsdiens (25 jaar al) en dis werklik nie maklik hier nie, ons wat in die minderheid is, werk ons dood en dit om ons kollegas te dra. Mens kan ook net soveel “dra” dan kan jy ook nie meer nie. Maar ja, ek sien van die nuwe mense wat inkom, daar is baie min ambisie en geen lojaliteit nie, nie soos ons vroeer jare nie, as jy 5 minute laat was, moes jy aantree. Nou, ag ek kan boeke skryf oor die omstandighede hier!

Elsa ·

Ek stem JB. ek het 40 jaar vir die staatsdiens gewerk. Glad nie aangenaam om met nuwelinge saam te werk nie. Wat ek in n dag gedoen het, neem dit hulle n maand…

Susan ·

Wil nou graag weet m ander skool is beskikbaar vir di wat wil eksamen skryf. En wat word van di wat ni wil skryf ni? Ag ek antw sommer my eie vraag . Hulle kry n matriek sertifikaat net so ne. En dan universiteit verniet ook. Nou di wat rerig wil ly ook onder as hulle wil toi toi. Maar di wat studente lenings kry moet dit terugbetaal sodra hulle m werk het. Maar nou word dit ni gedoen no en di wat n lening wil he kan ni kry no omrede daar ni geld is ni dis dan dat als af gebrand word en eis als moet verniet gegee word. Niks is verniet ni. Maar sodra hulle eis dan word daar net mooi ingegee ek se sluit di universiteite dan vir altyd maar ander gaan ly wat rerig wil

Vertraagde ou Angie ·

Sien mev Angie, minister van onderwys, as jy sê leerlinge en studente kan staak omdat vraestelle te moeilik is of nie wil skryf nie dan ontneem hulle die reg van die wat wil. Die leerders sien dit by julle in die goewerment wat lekker daarbo sit en ons belasting betalers se geld so mors. Hoeveel van julle geld blasers daarbo het werklik ń geletterdheid agter julle name?
Ons land kort skole vir die wat wil leer en iets in die lewe wil bereik.
Skrik bietjie wakker daarbo waar julle ons belasting betalers se geld so blaas.

Ai tog ·

JB, ja wat kan ons maak werk moet ons werk, ek is net moeg daarvan dat almal altyd vinger wys na die Staatsdiens. Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, MAAR HULLE WEET ALLES

honourable member ·

Ja JB ek werk ook vir die staat en dis totale chaos. Hier stap mense half 9 in en daar word niks gedoen daaraan nie want die mense word beskerm deur die base. Al wat hier gebeur daar word besluit jy het nie genoeg werk nie en more word daai madam wat elke dag laat is en tonne backlogs op die tafel het se werk vir jou gegee. Nee ek gee op hoor. Mens kan nie meer wen in jou werkplek nie.

Eish ·

Ek sukkel om aan Afrikanisering gewoond te raak,
wyl die “verval teen” jeug, vuur braak!
Ek sukkel om merietelose bevordering te verwerk,
onder die politieke papasvlerk…
Ek verstaan nie die alewige gepraat,
van die helhoolstaat…
Kwarteeu van ononderbroke skande,
Wens ek kon verbreek, die vashoubande!
Territoriale selfbeskikking!
Wil ontsnap van die paddapot se opgeboude drukking!

Verlaat ·

Dit is maar een van die duisende redes waarom mense die sinkende hool op strepe verlaat.

broos ·

Laat hulle weier, dan kry hulle net nie ‘n matriek sertifikaat nie wat beteken hulle kry nie werk nie…..maar dan weer word hulle mos die belastingbetaler se probleem wanneer hulle in die tronk sit en dstv kyk met 5 maaltye per dag….

Carl ·

Daar’s hoop! Kyk maar na Zuma, hy het net Graad 3 gehad. Hy’t nou wel darem na bewering ‘n Meesters in Korrupsie gehad.

Henda ·

Ek glo nie wat ek lees nie, kan leerlinge wat nie slaag net deurgesit word. Is dit hoe hulle op universiteit ook kom, dit is absoluut pateties. In ons dae is leerlinge na ‘n verbetering skool toe gestuur is dit hoekom ons tronke so vol is vandag omdat leerlinge net deurgesit word al het hulle nie geslaag nie. So hulle wil hê hulle moet ‘n slaag rapport kry al is dit onwaar. Hoe gaan hulle eendag werk kan doen as hulle nie eers as kinders opgevoed is nie

Zelda ·

Hul mag nie meer as twee jaar dieselfde graad druip nie…. as hy bv graad 8 druip vir die eerste keer dan doen hy dit oor maar as hy dit weer druip word hy deurgesit. Sy rapport sal nog steeds wys dat hy nie geslaag het nie maar hy word bevorder na die vlg graad.

Glo my ek het al hoeveelkeer gekla by die skool… my kind van 11 sit met 14 jariges in hul klas…sommer n hele paar van hul. Ons kinders word geboelie in die klas…

Merice ·

Hulle mag net een keer per fase druip, m.a.w as die leerder graad 4 druip, en weer die volgende jaar moet die leerder graad 4, 5 en 6 oorgeplaas word. Hy/sy mag eers weer in graad 7 druip. Dit beteken dat ek as onderwyser met graad 6 leerders in my klas sit wat nie eers graad 4 bemeester het nie. Daardie leerders kan nie suksesvol wees in die klas nie

HenniePennie ·

Gelukkig het hierdie app nie ‘n ‘like’ knoppie nie anders sou hy op hierdie artikel moeilikheid gehad het met te veel ‘like’.

M'Lady ·

Genade, “veelvuldige eksamengeleenthede.” Hoeveel is dit? Vyf, tien, twintig of honderd geleenthede. Nou het ek alles beleef.

Stuiwer ·

Hoekom is ek nie verbaas nie. As die ouers brand, breek, plunder en demand, kan ‘n mens seker niks minder van die kinders verwag nie.

Anti-Sosiaal ·

Hoekom nog onderhandel? Dis van al die onderhandelinge dat ons landjie is waar hy is.

Henk ·

Waarom nog hoegenaamd sukkel met eksamens? Sit almal deur en gee elkeen ‘n matrieksertifikaat. Dan kan hulle aspireer daarna om die hoof te word van die IT (Informasietegnologie) afdeling van SAID, of selfs nog staatspresident.

Stuiwer ·

Henk, selfs al gee hulle vir hulle ‘n matrieksertifikaat bloot op bywoning van klasse, sal hulle dit nie eens maak nie.

jaco ·

ek sidder vir die dag wat een van hierdie mense by Koeberg kernkragstasie werk en dan die verkeerde knoppie druk…
nuclear meltdown sal die lewens van amper 4 miljoen mense in kaapstad bedreig.

Kaptein ·

As hulle weier – akkommodeer hulle en laat hulle gaan.
Ook – sluit die brandstigters vir ‘n slag toe !

Waarheid ·

Nog n “suksesverhaal” van die anc.Die “suksesverhale” word net meer en meer.

Peter Holmes ·

Hulle leuse is al van 1976 af; ONS BRAND OM TE LEER!!!!Ek dink ons moet oom Bob Mugabe gaan haal om hulle te kom uitsort. Hulle sal nooit sulke nonsens in Zimbabwe aanvang nie. Jammer ou Veldmaarskalk Idi Amin leef ook nie meer nie. Hy sou nog n beter job gedoen het. !!!!!

RM ·

Die aarde sal ook nog moeg word vir die wat net van haar vat en niks terug sit nie.
Afrika se bose sirkel wys die alle daagse gebrek van waardeering. Klippie vir klippie word alles tot stof afgebreek, daarna sal die wat van beter weet weer kan herbou. Hipotalamus hoeveel jare nog voor jy groei?

Marelize ·

Wat het geword van die tyd toe jy skaam gekry het as jy nie ‘n graad deurkom nie. Dan het jy HARD GEWERK om dit te maak. Sjoe, entitlement generation. Sit my deur, ek moet slaag. En dan MOET iemand vir my werk gee. Ai, die wereld staan op sy kop.

RM ·

As jy so graag net niks wil doen nie, spaar die energie sit onder ‘n bos en doen niks.

Brand en breek alles af terwyl die Rand in die toilet tuimel.

Lida ·

Dit is die nuwe Dokters, Ingenieurs, Vlieëniers en Staatspresidente…… sommer binne twee jaar…..

Smirre ·

Wat ‘n grap. Eis nuwe rapporte wat wys hulle slaag al druip hulle ? “We demand….”. Probleem is daai 60 ik gaan nie weg nie maak nie saak wat die rapport se nie.

Eddie de Jager ·

Die voorval som Suid Afrika se uitdaging op in een voorval. ‘n Hele generasie is op entitlement geborsvoed en die kind word nou ‘n mens wat nog nie van die ‘stelsel’ gespeen is nie. Ek sal nie verbaas wees as sulke voorvalle tot op universiteitsvlak uitbreek nie. Promosie is suiwer gekoppel aan prestasie. Jou eksamen antwoordblad bevat ‘n studente nommer so jou papier word totaal objektief gemerk. Dit raak nie makliker nie. Ons sit met ‘n hele generasie wat geleer is om te ontvang maar nie terug te gee nie. Dit is die tragedie van 24 jaar se ‘regstelling’ en ‘opheffing’ wat nou erg skeefloop. Die regering het net hulleself om te beskuldig.

Se net ·

Dis weereens n bewys…opvoeding begin by die huis….as ons nie ons sin kry nie dan brand ons dit af….ons is mos dit geleer…van kleins af…hoekom hulle lek…as hulle nie wil skryf nie….skors hulle….so eenvoudig is dit….hulle kan mos dan kry wat hulle wil he…..geen matrieksertifikaat….in my oe is hulle kriminele wat tot verantwoording geroep moet word vir brandstigting en die beloning is tronkstraf…….

Spike ·

Smirre, jy praat van 60ik. Dis eintlik 0. Die IT tannie was seker ook hier op skool en kyk waar het sy geeindig. Dis nie nodig om te skryf nie.

Nicky ·

Goeie genade, nou het ek als gehoor…. eerste gevoel is om te lag, dan weer om te huil…. dit is verstommend hoe hierdie weses dink….. (o nee hulle dink nie) druip 2 jaar, vra vir raport wat wys jy is deur, want hulle kan…..wil 7 vakke skryf (IN MATRIEK) maar jy kon nie Graad 11 slaag nie – 2 keer…… brand die skool…… en volgende jaar toi toi die hele spul weer omdat hulle ook nie matriek kon slaag nie, en brand die res af……. en ons betaal…..

Marietjie ·

En dan wonder die belanghebbendes waarom ons nie hierdie kinders in ons skole wil hê nie???? Want al wat hulle ken is intimidasie en verwoesting!

Makheke Mokuane ·

Hulle staan almal ‘n baie goeie kans om die hoof van die IT afdeling van SARS te vervang. Die artikel laat my dink aan die volgende grappie:
Jannie skryf Wetenskap toets en ken nie sy werk nie, hy teken ‘n boomprentjie en skryf vir Juffrou “die antwoorde is agter die boom” . Juffrou merk die antwoordstelle en teken ‘n prentjie van ‘n klip en skryf ” jou punte is onder die klip.

Theresa ·

2x graad 11 gedruip – toe oorgeplaas na graad 12??????????????????????????????!!!!!!
H E L P!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.