Skool, departement aanspreeklik ná kind verdrink

Foto: Laerskool Bekker/Facebook

Die hoof en vier onderwysers van die Laerskool Bekker in Magaliesburg het nalatig opgetree rakende die verdrinking van ʼn 13-jarige leerder.

Die skool en die Gautengse departement van onderwys is aanspreeklik vir die verdrinking van die gr. 7-leerder. Dít is die bevinding van ʼn verslag oor die verdrinking van Keamogetswe Seboko.

Hy het op 15 Januarie vanjaar in die koshuis se swembad verdrink. Keamogetswe se liggaam is omstreeks 16:00 die betrokke dag in die swembad gevind.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag die verslag aan Keamogetswe se familie oorhandig.

Daar is bevind die vier onderwysers en die hoof was nalatig omdat hulle glo nie vinnig opgetree het nadat die voorval aangemeld is nie. “Daar is onder meer bevind dat hulle nie leerders in hul sorg opgepas het nie,” lui ʼn verklaring van die onderwysdepartement.

Die skool word as aanspreeklik beskou en daarna moet die departement verantwoordelikheid neem.

Die nodige dissiplinêre stappe sal teen die onderwysers en die skoolhoof gedoen word en die departement sal met Keamogetswe se gesin ʼn gepaste vergoeding ooreenkom.

“Die departement het die verslag aanvaar en onderneem om alle aanbevelings in werking te stel.”

Lesufi sal Saterdag met die bestuur en die beheerliggaam van die skool vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mallie ·

Dis onregverdig. Dit is nie hulle verantwoordelikheid om te sorg dat leerders kan swem of nie. Dis elke ouer se plig.

Byekonfyt ·

Dit is wel hulle verantwoordelikheid om [speelgrond] toesig te hou.

Pieter J ·

Hulle gee nie werklik om oor die kind wat verdrink het nie maar soek net ń verskoning om al weer belastinggeld uit te deel. Geen geld in die wêreld kan vergoed vir die verlies van ń kind nie.

Flip ·

Dit is wat ek ook dadelik gedink het Pieter. Daar word eerder oor n “gepaste vergoeding” grdink voor die verbetering van of voorkoming vir die kinders se veiligheid.

Byekonfyt ·

Alhoewel geld nie aan ‘n lewe gekoppel kan word nie, moet ons vra wat die koshuis se beleid t.o.v. toesig op speelgrond is. Indien die beleid nie nagekom was nie sal die skool of koshuis nie ‘n voet hê om op te staan nie. Dus is daar te min inligting in die berig om om jou kommentaar te regverdig.

Hercules ·

“For we are not fighting against flesh-and-blood enemies, but against evil rulers and authorities of the unseen world, against mighty powers in this dark world, and against evil spirits in the heavenly places” Eph 6:12 NLT

Hennie J ·

Wat n lagwekkende bevinding wat smaak na n Lesuffi aangestelde panel. Hierdie is niks anders as n manier om van wit onderwysers ontslae te raak en om toe te sien dat staatsgeld wederegtelik uitbetaal word. Is daar nou n prys op die lewe van die kind?

Cornelius ·

Kan nie sien hoe hulle verantwoordelik vir die kind se verdrinking is nie. Ouers verwag vandag dat aangesien hulle moet werk, iemand anders hulle kinders moet groot maak.

koos10 ·

Nou hoekom is hulle dan nie krimineel aangekla nie? Ek is moeg vir al die kommisies en paralelle “ondersoeke” wat iemand “skuldig” bevind, sonder dat ons landswette gevolg word.

Porseleintjie ·

Bagsbehepte Lesufi vs blanke onderwysers. Raad aan elke hoof: maak swembadvlerkies deel van jul skooluitrusting.

Hennie ·

Seker wit onderwysers… As dit swart was sou die anchestors skuld gekry het… Siek!

Anel ·

Hoe kan dit die onderwysers en hoof se skuld wees? Onthou, hy in gr7. Die nek van die plek. Tien teen een skelm gaan swem, want dit is wat seuns van daardie ouderdom doen. Hoop hulle kry ordentlike regsverteenwoordiging. Geen ouer of wie ook al kan kind van daardie ouderdom 24/7 oppas nie. So dan moet ouers wie se ongehoorsame kinders in riviere en damme swem en verdrink ook vervolg word, of wasr kleinkinders in swembad val en verdrink terwyl die ouers toesighou. Dis siek man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.