Skool doen glo niks aan boelies nie

Argieffoto

Argieffoto

Personeel van Hoërskool Elspark in Ekurhuleni en die polisie het glo versuim om op te tree nadat ʼn boetie en sussie by die skool geboelie en aangerand is, het The Star Maandag berig.

Die ma van die 15-jarige meisie en 16-jarige seun het aan die koerant gesê sy het die skool in kennis gestel van die voorvalle, en het selfs selfoonbeeldmateriaal van ander skoliere as bewyse gehad.

Personeel by die skool het glo aan die ma gesê dat hulle niks aan die voorvalle kan doen nie.

Die ma het by die polisie en departement van onderwys gaan aanklop en aan hulle die beeldmateriaal van die onderskeie voorvalle, oorhandig.

Die skoolhoof het glo tydens ʼn vergadering versoek dat die aanklagte teruggetrek moet word, aangesien dit die skool “laat sleg lyk”. Die boelies is nie gestraf nie.

Die boetie en sussie is na bewering daarna weer afgeknou en wil nou nie meer skool toe gaan nie.

Die provinsiale departement van onderwys het aan die koerant gesê hy is bewus van die voorvalle en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Babs ·

Jong boelies word groot boelies. Gewoonlik hulle wat hulle mans/vrouens/kinders of selfs ouers boelie. Skool se naam is reeds genoem. Net skoolhoof kan nou “sleg lyk” en as die storie waar is, doen nou iets daaromtrent.

Leeutjie ·

Mmmmm….klink vir my dit is dalk kinders van skoolhoof of onderwysers of die beheerraad kon wees wat toegesmeer is… Net die elite in die skool sal die paal haal! Hierdie ma was wakker om verder te gaan! Ek wil nie spekuleer nie maar gewoonlik haal hierdie tipe kinders prefekskap ook….

Jaco ·

Jy is doodreg met dit.Ons het die selfde deur geloop met ons dogter.En ja die kind se ouers het ook op die ouer raad gesit.Toevalig ook n Boksburg skool

ai ·

Die hoof dink aan die skool wat sleg lyk en intussen is die 2 kinders erg geraak deur die boelies wat glad nie eers gestraf is nie. Iemand moet eers hospitaal toe geslaan word dan is dit ernstig geen kind vedien om geboelie te word op skool nie. Meneer die hoof kry vir jou die boelies gaan vir die einsteskool nog groot moeilkiheid veroorsaak.

Lenie ·

So slap. Gat van n skoolhoof?Moet gister eers weer selfmoord pleeg as gevolg van boelies?Lyk my so wat soos aflei kan jy nie jou werk doen om reels en oortrede te vervolg nie?Ons het daai boelies se ouers geld en jy te bang jou skool verloor?Nou kan jy of onderwys niks doen nie we’ll ek wonder HKM nie?Is dit nie die skoolhoof seplig om boelies hok te slaan nie???

anoniem ·

hoe sal jul weet wat die waarheid is? was jul daar om te sien hoe die kinders geboelie is ? wie sê die 2 kinders het nie vir dit gevra nie nie? en wie se hul het nie terug baklei nie? ons as gemeenskap kan nie kritiseer as ons nie weet wat aan gaan rerig nie.. die hoof probeer ook sy beste maar hy is ook net mens.. is jy nie ook mens nie? het jy nog nooit n fout gemaak nie?

Guntz ·

Ek neem aan jys nog nooit in jou lewe geboelie nie. Niemand vra om geboelie te word nie.

Kyk wat gebeur oral in SA, selfs in die parlement. Daars geen verantwoordelikheid vir dade nie. Die mensdom is besig om in ‘n patetiese onverantwoordelike spesie te verander. Die skoolhoof het nie eers genoeg ruggraat nie! Hy was seker ook ‘n boelie op skool!

Babs ·

Lees asb die berig reg. “Die skoolhoof het tydens ‘n vergadering versoek dat die aanklag terug getrek word”. Hy was dus bewus van die klag. Jy is reg, die skoolhoof is ‘n mens soos ons almal, maar as hy nie dissipline toepas nie gaan sy skool die afgronde in. As dit nie gebeur het nie kan hy mos maar sy kant van die saak stel. Tot dan aanvaar ons dit is seker maar so.

Lindie Lourens ·

Anoniem, Anoniem. Wonder hoe jy sal lyk as dit jou kinders was en daar word nie eens ondersoek ingestel na die voorvalle nie.

Louis ·

Anoniem ….. Hoekom is jy bang om jou naam te noem ? Wat is jou verbintenis met die aangeleentheid. Wonder maar net ??

Skoolhoof …..Jy is `n slapgat en hoort nie in jou posisie nie !! PUNT !!!

Annie ·

Geen kind verdien dit nie! Skole doen niks nie! Onderwysers kan of wil niks doen nie! Om van die ouers van die boelies nie eers te praat nie! Jy leer jou kind maniere by die huis en dit se baie van jou huis as kinders so optree by die skool! Sies man! En NEE geen kind vra om geboelie te word nie…..

Alex ·

Ek was self een van die kinders wat deurgeloop het onder boelies. Emosioneel en fisies. Daar was gereeld gevra deur onderwysers en self my ouers wat ek doen dat die kinders so op my pik? “JY MOET IETS DOEN DAT HULLE NIE VAN JOU HOU NIE!”
Geen kind “doen iets” om geboelie te word nie. In meeste gevalle is dit jaloesie wat daartoe aanleiding gee. Baie keer is dit ‘n mag speletjie waar die boelies in groepe teen 1 of twee optree. Dis ‘n siek grappie wat sorg vir sports onder die boelies wat lyk my niks het om hulself mee besig te hou nie.

Nou ja 15 jaar nadat ek klaar is met skool kan ek sê ek het aan die anderkant uitgekom. Nie sonder littekens nie maar ek weet dat die ervaring my sterker gemaak het. Nia almal is so gelukkig nie. Ek kan ook net noem dat as dit nie vir polisie ingryping, ‘n wonderlike voorligting onnie en ‘n ma wat uiteindelik besef het hoe erg die boelies my afgeknou het nie sou dit seker nie ‘n gelukkige einde gehad het nie.

Anoniem, as jou dogter of seun eendag by jou kom en huil en binne stukkend is omdat mense hom of haar boelie onthou jou post vandag!!!!

Ella ·

Dit klink sooooo bekend. En Leeutjie slaan die spyker op die kop. My kind ook onder boelies deurgeloop in die klas die jaar, nooit word iets gedoen. Tot my man besluit het genoeg is genoeg en die hoof gebel het. Een spesifieke seun verbied om naby my kind te kom maar boelie gedrag het aangehou. Waar is daai seun vandag?? Hy is volgende jaar se hoofseun!!!

Leeutjie ·

Ella in baie gevalle is die hoof of onderwyser/es of beheerraadslid se kind die hoofseun of hoofdogter… Ander kinders se kwaliteite word misgekyk. As ek verkeerd is help my reg maar ek het 3 kinders deur die skool en ja, I have been around!

RIETTE MULDER ·

MY KINDERS WAS IN DIE 90’S IN LAERSKOOL DE KUILEN, LAERSKOOL MIKRO EN HOERSKOOL DE KUILEN EN DAN DAARDIE GRUWELIKE HTS.. DIE GEBOELIE BEGIN SOMMER BY DIE SUUUUUR TANNIES VOOR IN DIE KANTOOR EN SUURDEEG SO DEUR DIE PERSONEELKAMER, DIE MAMMAS EN PAPPAS (GEWOONLIK BEHEERRAADSLEDE) TOT BY HUL ONOPGEVOEDE KINDERS WAT MAAR NET MAAK EN SOOS MA EN PA. MY KINDERS HET LIEFLIK UITGESTYG – MET EMPATIE, DEERNIS, EERLIKHEID TE ALLE TYE EN RESPEK AS VOORBEELD.. SUID-AFRIKANERS MAAI WAT HUL SAAI.. JAMMER ONS LY ALMAL..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.