Skool gedwing om dubbelmediumklasse in te voer

In die eerste vier grade het die Hoërskool King Edward twee gekombineerde Afrikaanse klasse, vier gemengde Engelse klasse en vier hoofsaaklik swart Engelse klasse vir leerders wat nog nie Engels onder die knie het nie. Die onderwysdepartement sê dié “rasseskeiding” moet end kry. Foto: Facebook

Die gekombineerde skool op die Oos-Kaapse dorp Matatiele mag nie langer sy handjievol Afrikaanse kinders in parallelmediumklasse onderrig nie, maar moet onmiddellik dubbelmediumklasse in alle grade instel.

Nagenoeg 86% van die leerders aan die Hoërskool King Edward se moedertaal is Xhosa of Sotho, maar omdat die skool tradisioneel Afrikaans en Engels was, is parallelmediumklasse in die eerste drie grade behou sodat Afrikaanse kinders in afsonderlike klasse in hul moedertaal onderrig kon word.

Die Oos-Kaapse onderwysdepartement het op 14 Januarie ʼn dringende ondersoek na die skool se taalbeleid begin ná ʼn berig in die Sunday Times dat kinders kwansuis op grond van hul ras geskei word.

Verlede jaar het die skool 13 Afrikaanse leerders in die gekombineerde klas vir gr. R en gr. 1, en sewe in die gekombineerde klas vir gr. 2 en 3 gehad.

In die agt Engelse klasse vir dieselfde grade was sowat 27 leerders elk: vier klasse vir leerders wat King Edward se kleuterskool bygewoon het en vier van ander skole, hoofsaaklik leerders wat nog nie vantevore in Engels onderrig is nie.

Ouers het volgens die Sunday Times van 13 Januarie af gekla die Afrikaanse kinders kry meer individuele aandag in hul klein klassies as die ander kinders, terwyl swart ouers ook ontevrede was dat hul kinders in ʼn aparte klas onderrig word.

ʼn Hoëvlakspan van die onderwysdepartement het opdrag gekry om ʼn vergadering met ouers, belanghebbendes en die skool se beheerliggaam te belê om oor die kwessie te beraadslaag, sê Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement.

Dubbelmediumbeleid is die enigste werkbare opsie vir die skool.

Nadat die departement se taalbeleid aan die vergadering voorgehou is en die bevindings van hul ondersoek voorgelê is, het die vergadering besluit:

  • Die skool word 14 dae gegun om te herbesin oor die toewysing van onderwysers en die invoering van ʼn dubbelmediumbeleid as die enigste “werkbare opsie vir die skool aangesien vasgestel is dat leerderskeiding aan die skool nie regverdigbaar is nie en daarom hersien moet word”.
  • Die skool moet dadelik ophou om leerders te belet om tydens pouses in Afrikatale met mekaar te praat.
  • Die departement lig die skool in dat parallelmediumonderrig nie regverdigbaar is nie omdat die geringe getal Afrikaanse leerders aan die skool nie ʼn afsonderlike klas regverdig nie. Dieselfde moeite wat met Afrikaans gedoen word, moet vir Sotho-leerders gedoen word. Dis onaanvaarbaar om nie klasse in Sotho aan te bied nie, want daar is meer Sotho-leerders as Afrikaanse leerders in die skool.
  • Xhosa moet tot huistaal of eerste addisionele taal vir sy sprekers verhef word. Die eerste addisionele taal (Afrikaans) wat vir leerders aangebied word, is nie geregverdig nie. Die meeste leerders is Xhosasprekend; daarom kan daar nie ʼn uniforme benadering vir almal wees nie.
  • Die departement sal beweerde “subtiele” rassisme by die skool ondersoek.

Adv. Andrew Duminy, voorsitter van die skool se beheerliggaam, was nie Maandag beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

BlinkStephaans ·

Maar die ontevrede ouers het darem seker geweet hulle skryf hul bloedjies in n afrikaanse skool in of hoe? Ek is seker daar is n skool nie te ver van die een waar die leerders vrylik hul moedertaal kan praat en in onderrig word. Dalk moet die slim departement eerder ondersoek instel waarom die kinders nie daar ingeskyf is… die standaard van onderwys dalk die op standaard nie?

Gertyda ·

Ja nee hier by ons word die kinders in zulu onderrig en toe ek sê ek het kinders om engels te laat onderrig is dit van hand gewys

Jane ·

Wel as ENIGE ouer so stupid is om sy kind daar te hou verdien hy alles wat na sy kant toe kom. Gaan sit die kind in ‘n skool waar hy in sy eie taal onderrig kan word. Al beteken dit hy moet koshuis toe gaan … moenie dat die staat jou so boelie nie. Dit is tog obvious dat kinders wat NET IN ZULU onderrig word in EEN KLAS SAL wees?? Wat het dit met rasseskeiding te doen? Dit is TAALSKEIDING of moet die wittes ook nou ZOELOE leer?

Ek se maar Net ·

Dit is nie net wit kinders wat Afrikaans praat nie. Groot dele van Pretoria , die hele Kaap en Noord Kaap is vol swart en bruin Afrikaans sprekende kinders. Wat my verstom is hoe ‘n groot se die staat het in “staatskole” terwyl hul die minste bydra tot skole en leerders. Hierdie land is siek tot op die been. Sommer tot binne die murg.
Plaas hul eerder meer skole bou wat op taal gebasseer is….. Ek vermoed ons moet eerder begin om privaat Afrikaanse skole te stig in elke dorp. Afrikaans is n fantastiese taal en ons moet dit koester.

Francois ·

En nou Charles? Waarna sou die opmerking van jou verwys?

Milan ·

Ek is bevoorreg dat my kinders in ‘n private skool skoolgaan en tree ek dus versigtig met my kommentaar. Private skole is die enigste alternatief. Die ANC regering sal nie ophou totdat Afrikaans en sy geassosieerde “Witheid” in totaliteit uit al sy instansies uitgewis is nie. Hoe meer kinders in private skole geplaas word, hoe meer bekostigbaar word dit vir ons.

Cassie Carstens ·

Stem saam Milan. Hier meng politici alweer in. Ek glo nie die gewone swart ouers is die probleem nie. Net soos by Schweizer Reneke. Korrupte land hierdie. Alle kinders word benadeel.

Hans ·

Lyk my weer na politieke inmenging soos by S-Reneke en waar die beheerliggaam nie optree in belang van alle skoliere. Kan nie verstaan dat die adv voorsitter nie gepas opgetree het nie.

Milan ·

Ek is bevoorreg dat my kinders in ‘n private skool is, en tree ek dus versigtig met my kommentaar. Daar is geen ander alternatief as die van private/tuis onderrig nie. Die ANC regering sal nie rus totdat Afrikaans in totaliteit vanuit sy openbare instansies verwyder is nie. Afrikaans, en die grotendeels geassosieerde “Witheid” daarvan word deur die ANC as veragtelik beskou en is dit in hul ideologiese belang om dit met wortel en tak uit te wis.

Boerseun ·

In die “liberale” Duitsland is tuisonderrig sopas verbied. (Ook geen vryheid van spraak nie.) Dis net ‘n kwessie van tyd voor die kommuniste hier dieselfde doen. Hoe gaan ons dit keer? Volkseie Boereskole?

Carl ·

Daar is menigtal swart skole in SA wat tans ongehinderd in hulle eie onderskeie tale onderrig gee. Waarom word hulle nie dubbelmedium gemaak om almal te akkommodeer nie? Wat gaan hierdie kortsigtige departement doen as Afrikaanse kinders daar ingeskryf gaan word? Gaan hulle dan akkommoderend wees en Afrikaanse onderwysers aanstel? Ek gaan nie my asem op hou nie. Nee wat, emmigrasie of oorlog is die enigste uitweg vir die Godsverlate land.

bollie ·

Die paar wit kinders behoort Xhosa as eerste taal te neem en Engels as tweede. Lyk nie of Afrikaans veel van ‘n bestaansreg daar het nie. En om die swart kinders tre belet om hul eie taal tydens pouses te praat, is mos nou moeilikheid soek.

IK ·

Ook Afrikaans word belet want dis ‘n afrikataal. Soos ‘n onderwyserneef van my vir sy klas verduidelik: In engels sê jy ‘The water is running’ en ‘My nose is running’, maar in Afrikaans is dit ‘Die water loop’ en ‘My neus loop’. Eg afrika want alles gebeur staaaaaadiiiiig . . . .

Melanie ·

Die privaat skole se probleme le net om die draai. Gee kans…..
Alhoemeer ouers doen nou “tuisonderrig”.

Loun ·

Foeitog…..beteken dit nou as julle kindertjies gemeng word met die wit kinders hul punte gaan beter wees?
Hoekom wil hulle hulself so opdring aan ander? Dis om van siek te word.

Susan ·

‘n Engelse vriendin se dogter was die enigste wit kind in die Engelse klas in die hoërskool hier by ons. Sy het hard gewerk vir goeie punte en gevolglik beter as die res gedoen. Omdat haar punte beter was as die swart kinders s’n, het die swart kinders en hul ouers dadelik besluit dis a.g.v. rassisme en dat sy voorgetrek word. Dit het so erg geraak, dat my vriendin haar na ‘n ander skool moes skuif.

sê maar net ·

Wat gaan dan gebeur…die privaat skole gaan dan weer geteiken word…hulle kry wat hulle wil hê…maar sal nooit tevrede wees?

Gert ·

Telkens sit hulle hulle kinders in die Afrikaanse skool want sy slaagsyfer is dan 100%, dan begin die Afrikaanse kinders padgee, dan skielik is die slaagsyfer 30%, en niemand kan die verband uitgewerk kry tussen slaagsyfer en watter kinders in die skool is nie.

Chris ·

Elke kind het die reg om in sy eie moedertaal onderig te kry. PUNT.

Andrew ·

Eintlik erken daardie ouers dat Afrikaans die beter opleiding is, en moet hulle dit ook aftrek na die standaard onderwys toe.

Hanna Hoekom ·

Rassisme, rassisme, rassisme… Gaaaaap! Ek wil sommer naar word. Kom ons wees nou maar eerlik: sekere bevolkingsgroepe sal in der ewigheid aan n minderwaardigheids kompleks ly. Dit het NIKS met n taal uit te waai nie!

Wenner ·

Flip! Ek is al soooo keelvol vir hul gemoan! Hul is erger as n 2jarige wat n tantrum gooi! As hul nie hul sin kry nie, gooi hul al hul toys uit die kot uit!!

Johan ·

Om die Engelse en Afrikaanse klasse te vermeng op veral laerskoolvlak, is ‘n groot fout. Dit is tot nadeel van altwee die groepe. Dit beteken dat die lesse om die beurt in verskillende tale aangebied word. Omdat leerders nie altyd die ander taal kan volg nie, sal dit lei tot dissiplinêre probleme.
Die politieke motiewe van anti-blank en anti-Afrikaans het skielik hoog mode geword. Dis onverkwiklik en baie gevaarlik

Joev ·

Breek af, dit is baie beter as om te bou in Afrika. Die kleiner klasse het ‘n voordeel, presteer beter, dit moet dus gestaak word.
Wys my nog ‘n menslike kultuur op die aarde wat sulke jaloesie oop en bloot openbaar? daar is geen ander kultuur met trots wat dit sal doen nie, sal eerder probeer om homself op te hef met die voor die hand liggende oplossing en voorbeeld wat bestaan.

Henry.60 ·

Dis tyd dat alle skole slegs Engels medium is, tweede taal kan al tien die ander insluit….. afhangende van waar dit is, begin by Gr 1 en dan Gr 2 ens tot by Gr 12…………………………

Johan ·

Ag ou Henry.60 waar val jy uit, hoekom skrywe jy nie sommer in Engels vir ons nie. En hoekom wil ek he my kinders moet in ‘n engelse skool wees, ek het my trots mater. Wat probeer jy nou se, het jou mamma jou na ‘n engelse skool gestuur of dink jy afrikaans is sleg of voel jy afrikaanse kinders word benadeel in afrikaanse skole of glo jy jou kinders gaan ‘n beter toekoms kry in engels.

bollie ·

Stem saam, maak een hooftaal van onderrig, Engels. Kinders kan pouses en by die huis praat wat hulle wil. Jy moet in elk geval Engels he in die besigheidswereld so hoe hoër die graad van onderrig in Engels vir ‘n anderstalige hoe beter. Dit kan net tot jou voordeel wees.

Anoniem ·

@Henry.60. Onthou jy nog die tydperk toe die Britte die Afrikaner onderdruk het.
Die Afrikaner mag ook in daardie tyd nie meer Afrikaans gepraat het nie. Het jy nou gerieflikheidshalwe daardie tydperk in die Afrikaner se geskiedenis vergeet.? Ons het nie verniet baklei om Afrikaans as taal gevestig te kry nie, maar skielik is almal skaam vir Afrikaans daarom dat daar Afrikaanse ouers wie Afrikaans as ‘n minderwaardige taal beskou en hulle kinders na ‘n Engelse skool stuur.
Om watter rede moet al die skole volgens jou Engels wees en dit ten koste van Afrikaans. Is daar nou volgens jou nie meer Afrikaanse kinders in Suid-Afrika wie ‘n behoefte het om in Afrikaans te mag skoolgaan. Wat maak Engels so spesiaal dat dit bo al die ander tale in Suid-Afrika gekies word. ? Hoekom is die Taalmonument opgerig?

Dit is moeilikheid soek om vir iemand te wil voorskryf hy mag nie meer sy moedertaal praat nie.

Francois ·

Dienkie, baie dankie vir jou kommentaar op Henry se plasing….dit slaan die spyker op die kop. Na die Anglo-Boere oorlog wou die Britte die Afrikaners dwing om hulle kinders in Engels te laat onderrig maar die Afkrikaners het geweier en het hul kinders tuis uit die bybel onderrig totdat die Britse regering toegegee het dat Afrikaansmediumskole wel mag bestaan.
Daar sal altyd “hensoppers” wees wat nie bereid is om te veg vir die behoud van ons geliefde taal, geskiedenis, waardes en normes nie.

bollie ·

Niemand sê jy mag nie Afrikaans praat nie. Engels is ‘n wereldtaal wat deur miljoene mense reg oor die wereld gebruik word so jy moet dit in elk geval magtig wees. Engels as hooftaal vir onderrig, is voordelig vir almal.

Anoniem ·

As jy n hond wil slaan sal jy altyd n stok kry. As jy minderwaardig voel sal jy altyd ontevrede wees. Ek het lank met sulke mense gewerk, hulle is altyd ontevrede en sal afbreek en verwoes sodat niemand iets het nie. Net dan voel hulle tevrede. Sal NOOIT verander nie

Francois ·

“Ek sê maar Net”….Daar is alreeds CVO skole gestig op so te sê elke dorp waar daar in Afrikaans onderrig word. Die probleem waarmee soveel ouers te kampe het is die koste verbonde daaraan om hul kinders in ander skole weg van die tuisdorp af te akkommodeer. Die groot probleem natuurlik is die gebrek aan die kant van die regering wat nie tred gehou het met die aantal nuwe leerders wat toegeneem het gedurende die afgelope 10 jaar. Daar was ‘n verslag dat meer as 300 skole nodig was om te voorsien aan die behoefte en dat slegs sowat 35 nuwe skole tot stand gebring was. Die tweede probleem is die swakker vlak van onderrig in die lokale skole vir die nie-afrikaans en engelstaliges. Van die kinders word tot 60km vêr aangery na skole op die dorpe of stede terwyl daar ‘n beperking op blankes is waar jy jou kind mag inskryf. Die derde probleem is natuur die totale aanslag teen Afrikaans en alle pogings moontlik word aangewend om Afrikaans te ontwortel as premium onderrigtaal.

MT ·

Al hierdie politieke inmenging!!!! So keelvol vir die nonsense!!!

Anoniem ·

@Bollie, wie voorstanders van slegs Engelse skole is ,speel julle so in die kommunistiese ANC se kraal, want die ANC wil slegs Engelse skole he. Met julle gesindheid gaan julle dit baie makliker maak vir die ANC om van Afrikaanse ontslae te raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.