Skool geruk deur seun (16) se dood

Jacques le Roux. Foto: Verskaf

Helpmekaar Kollege in Johannesburg is die week geruk deur die dood van ʼn gr. 10-leerder.

Jacques le Roux (16) het na bewering Woensdagoggend in sy ouerhuis in Johannesburg selfmoord gepleeg.

Klaus König, skoolhoof van Helpmekaar Kollege, het gesê almal by die skool was geskok oor die nuus. “Dit is ʼn ongelooflike hartseer saak. Ons fokus by die skool is om nou Jacques se nagedagtenis te eer en terselfdertyd soveel as moontlik ondersteuning aan sy familie, vriende en al die leerders by die skool te bied,” het hy gesê.

Volgens König staan die skool se opvoedkundige en kliniese sielkundiges die leerders by sedert hulle van Le Roux se dood gehoor het. Ontlontingsessies met Jacques se jaargroep en die hele skool is gehou.

“Ek onthou Jacques as ʼn liewe seun, wat goed by die skool aangepas het en gewild was onder sy vriende. As ek aan hom dink, onthou ek die seun met die bokkie-oë, wat net wou goed doen en graag deelgeneem het aan aktiwiteite by die skool. Hy was ʼn wonderlike kind.”

Mardene, Jacques se ma, het haar seun intussen beskryf as “almal se lieflingkind”. ʼn Gedenkdiens vir Jacques word Dinsdag om 11:00 in die Melville NG-kerk gehou.

Jacques word oorleef deur sy ouers, Stefan en Mardene en sy ouer broer, Estian, wat tans aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

Maroela Media het vroeër berig Jerry Goddard (15), ʼn gr. 9-leerder aan die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, het op 14 Maart selfmoord gepleeg. Jerry se stiefpa en ʼn buurseun het op sy liggaam in die motorhuis van die gesin se huis in Wilgehof afgekom waar hy homself na bewering opgehang het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Cecily ·

Hoekom is altyd die vraag my eie broer het sy lewe geneem op 26 ek weet hoekom maar ek kon hom steeds nie help nie. Sterkte vir hierdie families en vriende wat agter bly dit raak nooit makliker nie mens leer net om mee saam tr lewe.

Valerie ·

‘n Ander se kop is duister: weet ons regtig wat in iemand se gedagtes omgaan? Selfs die een wat langs jou is, op hierdie oomblik, die een wie se hand jy vashou, byv? Weet ons waarlik? Nee, die meeste van die tyd nie. Stel ons ooit belang? Regtig?
Ek kan en sal nooit mense wat hul self doodmaak kan veroordeel nie. Ons moet meer luister en doen en minder praat. Asseblief, ondersteun die ouers, die broer. Wees fisies daar vir hulle. Niks, maar niks, kan die “human touch” vervang nie.

My hart is seer.

AL ·

My innige simpatie, my hart breek vir jul. Dis n baie broos ouderdom. Ek het vir my kinders altyd gesê ek wil my tienerjare nooit oorhê nie. Jy weet nie of jy moet lag of huil nie, een oomblik is jy kwaad en die volgende oomblik is jy vriendelik. Baie gemoedskommelinge vind plaas. Ek het ook vir my seun gesê dat jy voel of jy ñ einde wil maak oor ñ simpel probleempie. Oor n ruk of wat besef jy dat jy ñ einde wou maak aan ñ nietigheid.
Sy vriend se selfmoordpoging het gelukkig misluk, en hy het dieselfde vir sy vriend gesê, sy vriend het toe erken dat dit nie die moeite werd was om te probeer selfmoord pleeg nie.
Ouers deel asb jul ervaringe met jul kinders, dat hul besef dat niks so erg is dat mens selfmoord moet pleeg oor dit nie.

JB ·

Kind-wees is nie meer wat dit was nie. My hart gaan uit na die ouers en gesin. In die woorde van Koos du Plessis ‘… hartseer is stom…’

Milli ·

Aai tog om in die land te leef voel n mens sommer ook na selfmoord baie sterkte en genade en gebede na julle

Magda ·

Helpies word nie nat nie en Helpies kry nie koud nie, die Helpie ketting breek nooit nie maar die Helpie harte is baie seer.

Ou-Helpie ·

Die Helpie Ketting sal ook nooit breek nie. Ons maak hom net sterkter.

MAB ·

Valerie, stem volkome saam met jou!! Pragtige seun, wat het dan verkeerd gegaan dat “dit” nie opgelos kon word nie? Nee, so onaanvaarbaar…

Wanda ·

Dis is so hartseer,so ñ mooi seun. Dit maak my so bang..my dogter word 17 en my seun 20. Ek sal dit nooit oorleef as hulle iets moet oorkom nie. Sterkte Mardene, ek hou julle in gebed.xx

Liza ·

As oud-helpie ouer dra ons saam aan die hartseer en verlies. In tye soos dié is woorde oorbodig….

Helpie Ouer ·

Die Helpie ketting breek nie. Die ouers kinders vriende en familie word in ons harte gedra en mag God hulle deur hierdie tyd vergesel en help met die pyn en verlies van so ‘n mooi kind

Magda ·

Helpies word nie nat nie en kry nie koud nie maar Helpies huil oor hierdie kind.

Alida ·

Jy sien altyd n mens voor die kop maar nie in die krop. Jy kan tussen honderde mense wees en tog stoksiel alleen ons is so besig in n eie wereld opgevang dat ons nie stil staan en die son geniet. Kom ons maak tyd vir mekaar.

Hennie ·

Altyd ‘n onaangename verrassing en gaan gepaard met baie vrae. Moet berading nie miskien aan skool kinders gebied word op ‘n periodieke basis nie? Dit sal hulle beslis iets gee om op terug te val in ‘n oomblik van verwarring.

Druk ·

Aai,so verskriklik erg. So jammer. Die druk op kinders vandag is so erg,die kompetiese tussen skool,sport, akademie,kerk,bevordering,werk,en en en, raak net te veel. Dis van alle kante af. Aai. Baie sterkte

Peet Schabort ·

Voordat ek hierdie ontstellende berig gelees het was ek met ‘n e-pos reeds hieroor in gesprek met iemand. Is dit nodig dat ons jeug op hierdie manier uitgewis word? Is daar nie dalk ‘n oplossing hiervoor? Ook ek is maar net ‘n gewone persoon in die samelewing. Op die voetslaanroetes in die wildernisgebiede van SA en Namibië het ek tot die gevolgtrekking gekom dat ek wel glo dat daar ‘n oplossing is vir hierdie hartseer. Wanneer jy in die aande daar lê met die ongerepte natuur om jou as die 4 mure van jou ‘kamer’ met die hemelruim as die ‘dak’ dan kom jy so naby aan jou Skepper as kan wees.
Sou dit nie dalk moontlik wees om ons jeug op sulke staproetes te neem en hulle die kans te gee om oor ‘n tydperk van sê 5 dae oop te maak en met jou as ‘vreemdeling’ te begin gesels oor hulle vrese en verwagtinge van die hedendaagse lewe. Die bekommernis van wie ek is en waarheen ek op pad is? Om rustig na ‘n harde dag se stap daar bymekaar te kan sit sonder die stadsgewoel en onnatuurlike elemente wat daarmee gepaard gaan en dan oop te maak en openlik in gesprek te tree met- en teenoor mekaar. Ek wil nie afbreuk doen aan sielkundige hulp maar daar in die natuur sien ek die oplossing om hierdie verskriklike onsekerheid en rampspoedige gevolge te stuit. Hierdie is my beskeie mening.

Pieter ·

Wie ken werklik depressie? Slegs hulle wat werklik daaraan ly. Geen mens kan dit beskryf nie, die gevoel van totale verlatenheid, doelloosheid, magteloosheid, mismoedigheid en bowenal die gebrek aan simpatie van die mense naaste aan jou. Jy begeer die dood, maar hoe weet jy hoe die Vader hieroor sal oordeel???????

Leon ·

Amen Pieter, en mense begin jou ook mettertyd vermy en oordeel.
Baie sterkte aan die gesin, my peetkind, my kleinboet se oudste het haarself ook opgehang, sy was 17. Dit ruk ‘n familie uitmekaar.

Baie liefde sterkte en GOD’s genade.

Marietjie Green ·

Ons kinners veg om voor te bly. Te veel hartseer en haat in ons land. Terwyl ons dink hulle is ok, is hulle nie.Hulle probeer om mekaar te ondersteun maar is nie seker hoe nie. Praat met julle onnies. Praat met julle ouers. Ons is almal afhanklik van mekaar. Niemand sal dink jy is n swankeling nie.Inteendeel jy is awesome om jou Hart oop te maak. Die dood is te finaal vir julle mooie kinners Van die wind. Ons is lief vir ons kinners. Julle is awesome maak nie sankie wat nie
Vra vir help. ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.