Skool gesluit na 3 leerders sterf

Foto: Verskaf

Die LUR vir onderwys in Gauteng het die Hoërskool Driehoek gesluit na Vrydagoggend se strukturele ineenstoring wat die lewens van drie leerders geëis het.

Vyf leerders het kritieke beserings opgedoen en drie van die leerders is met helikopters na nabygeleë hospitale vervoer vir dringende mediese behandeling, volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911. Meer as 20 leerders is beseer en hul beserings wissel van gering na matig.

LUR Panyaza Lesufi het tydens ʼn mediakonferensie by die skool gesê twee seuns en ʼn meisie is dood nadat ʼn loopvlak ineengestort het. Daar word intussen berading aan diegene verskaf wat dit verlang nadat ouers hul kinders by die skool kom haal het.

Lesufi het sy dank aan die gemeenskap en ouers uitgespreek wat ingespring en gehelp het na vanoggend se tragedie. Hy het versoek dat al die leerders mediese behandeling ontvang al het hulle nie ʼn mediese fonds nie.

Foto: Netcare911

Volgens Lesufi sal hy die beseerde leerders in die onderskeie hospitale gaan besoek. Intussen sal inspeksies by die skool gedoen word om seker te maak al die strukture is veilig voor die skool sal heropen.

Die loopvlak van een skoolgebou na ʼn ander het kort na 08:00 ineengestort. Leerders het glo oor die loopvlak geloop waarna dit ineengestort en op leerders wat onder die loopvlak was, geval het. Die struktuur word intussen met tydelike staalpale gestut om te keer dat dit nie verder ineenstort nie.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het intussen gesê hy het met leedwese verneem van die tragedie.

“Ons gebede gaan uit aan die ouers en familielede van die leerders wat tragies gesterf het. Ons dink ook aan die leerders wat ernstig beseer is, asook aan hulle families. Ons dink ook aan die skool en gemeenskap wat hierdeur geraak word,” het Etresia Raubenheimer, provinsiale sekretaris van die SAOU, gesê.

Foto: Netcare911

“Baie van die opvoeders by die skool is lede van die SAOU en sal deurgaans deur die SAOU ondersteun word waar nodig,” het sy bevestig.

Jaco Mulder, die VF Plus se provinsiale leier, het ook sy medelye betuig. “ʼn Tragiese voorval soos dié skud ʼn gemeenskap tot in sy diepste wese. Ons bid die naasbestaandes en familie van beseerdes krag en sterkte toe in hierdie tyd van beproewing.”

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, het gesê hy is saam met die gemeenskap in rou.

“As ʼn ouer is dit jou grootste vrees om jou kind te moet begrawe. Die realiteit het vandag waar geword vir die families van die jong mense wat oorlede is. Ons is saam in rou as ʼn provinsie en land.”

Msimanga het ʼn beroep op Lesufi gedoen om seker te maak die oorsaak van die tragedie word ondersoek en dat die veiligheid van leerders en opvoeders by die skool verseker moet word.

Msimanga het gesê hy sal die skool Maandag besoek om self sy medelye te betuig en ondersteuning aan te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Lee ·

Ai dis tragies. Baie sterkte aan die ouers van die leerders wat hulle kinders verloor het op so ‘n tragiese manier. Sterkte ook aan die res van die leerders wat beserings opgedoen het. Dis ‘n groot skok

Sumarie ·

Ek wil net se ek ken niemand daar nie maar my harte gaan uit na die vriende en familie..Sterkte mag God sy hande oor julle sit is n baie hartseer insident dink aan almal en weet net ons het n groot God???

Delani ·

Baie sterkte aan die piers, leerders en onderwysers. My hart Gaan uit Na julle. Mag God julle styf vashou.

Adri ·

Dekani, verskoon my onkunde, maar kan jy verduidelik wat jy met “piers” bedoel, asseblief? Volgens die HAT is ‘n pier o.m. ‘n wurm en die meervoud is piere.

Ai adri ·

Ai adri, as mens binnig tik, dan tik mens doms letters mis. Piers is eintlik ouers en dit was delano.

Adri ·

Hehehe. Darem bly om te hoor die arme mense wat so hard getref is, is nie wurms nie; dit sou hulle leed net verder vererger. Mag die Here hulle met sy liefde dra in hierdie tyd.

Indigogirl ·

Ag asseblief tog Adri, dalk moet jy die Engelse woordeboek nader trek!

Adri ·

Indigogirl, ek het en toe sien ek ‘n pier is ‘n hawehoof. Toe maak dit nog minder sin. Hoekom moet ek ‘n engelse woordeboek gebruik om ‘n Afrikaanse sin te probeer verstaan?

Annelize ·

3 Ouerpare moet nou hulle kinders begrawe, ander ouers vrees dat hulle dieselfde paadjie mag stap terwyl hulle kinders is verskeie ICUs om hulle lewens veg, en julle stry oor die gebruik van die woord “pier”?!?!As dit al is waaroor julle vandag bekommerd is, gaan op julle knieë en sê dankie, en terwyl julle op julle knieë is, vra die Here om julle te help tot emosionele volwassenheid. Ek kan nie glo wat ek hier sien nie.

waarheid1 ·

Jammer om te hoor – ek kan my dit nie indink nie.

Ps Delani kon dalk ‘peer’s’ bedoel het indien ek dit nou regspel?

WILLEM Erasmus ·

Dit is so tragies, n plek waar kinders moet veilig wees, my hart gaan uit na elkeen van die wat geliefdes verloor het asook na al die beseerdes, families en vriende, vat saam hande en bid, Hy sal genade en berusting gee, kan dit sê omrede ek 2 kinders en n kleinkind moes afstaan aan die dood.

Lizelda ·

Dit is voorwaar n baie hartseer Vrydag. Ek is so jammer, my hart is stukkend vandag.

WILLEM Erasmus ·

My hart gaan uit na die families en vriende wat deur die tragedie gaan, asook die leerkragte, gebed is al wat ons kan doen, baie sterkte, ek weet wat voorlê omrede ek nou daardeur gaan, slegs geloof dra ons,

Danille ·

WILLEM Erasmus sterkte aan jou ook in die tyd… Jys reg ons Pappa Jesus en ons geloof is al wat die mense en jouself dra.

M ·

Dis verskriklik, baie sterkte aan di ouers, naas bestaandes en mede leerders.

Linda ·

Ek het nie woorde om die seer in my hart te beskryf vir almal by Hoërskool Driehoekskool nie. Ek is verskriklik jammer vir ieder en elk wat deur hierdie tragiese voorval geraak is. My hart gaan uit na elkeen van julle en mag ons Vader julle vertroos soos net Hy kan. Baie sterkte. Julle is almal in my gebede.

Veronica ·

21 Jaar terug is my suster en haar man ook tragies dood saam 11 ander mense nadat n half voltooide brug in Bosbokrand ook ineengestort het terwyl hulle bo op gestaan het . . .
Sy was deel van die VKE span wat brug help ontwerp het . . .
My innige simpatie aan elkeen hier betrokke, want skielik het ek weer skok en seer ervaar met die lees van die berig . . .

WL ·

Ek onthou dit Veronica. Dit was vreeslik tragies. My swaer het nog daaroor gepraat. Hy het blykbaar ingeneurswese saam met een van die dames gestudeer wat daardie dag oorlede is. Ek neem aan dit was jou suster.

Danille ·

Ons sal almal in massas vir die ouers wat hul kinders verloor het moet bid, ons sal vir elke leerder en onderwyser van die skool moet bid. Ek kan nie eers begin om te dink hoe swaar hul harte vandag is nie.
Ek voel so so jammer vir die kinders wat hul lewens verloor het.

Ons almagtige hemelse God en Vader U weet hoe brood nodig U verstroosting by die mense is vandag. Hou hul vas vertroos hul en gee vir hul die moed om aan te gaan.

Anita ·

My innige simpatie met die ouers familie en vriende met die verlies van hul kinders. Dis baie tragies. My hart gaan uit na hulle???

Blommie ·

Ek kan my nie eers naastenby indink waardeer daardie arme kinders, ouers en almal daar moet gaan nie.
Jy laai jou kind af om na skool op te tel, nie so iets nie. Niemand sal in jou grootste vrees so iets verwag nie.
Ai ek het nie woorde nie. Mag God julle vertroos en sterkte vir almal. RIV

Elvira ·

Innige simpatie. Sterkte aan familie, maatjies, onderwysers. Hoop julle kry berusting.

Hennie ·

Ek stem volkome saam hiermee Siyanda jou tyd gaan kom dan is daar nie tyd vir vrae soos hoekom nie dit sal te laat wees gaan liewers op jou knieë en bid vir God om jou te vergewe oor jou sinnelose uitlating of glo jy ook aan Nkosi die boom god soos wat die kwansyse volkslied van julle is.

thia diederiks ·

My innige simpatie aan al die ouers en leerlinge. My haart blooi vir jul. Hoor daar is ouers dood in n ongeluk by die mail se verkeerslig wat gehaas het na die skool.

thia diederiks ·

My innige simpatie aan al die ouers en leerlinge. My haart blooi vir jul. Hoor daar is ouers dood in n ongeluk by die mail se verkeerslig wat gehaas het na die skool.

Nel ·

Dis voorwaar ‘n swart Vrydag… maar onthou ‘die Here is naby die wat gebroke is van hart’… Psalm 34:19
Sterkte en my diepste simpatie aan al die betrokkenes by hierdie tragedie.

Ook 'n ouer ·

En..het Lesufi dalk die skool besoek ??
My innige simpatie – dis voorwaar baie tragies en hartseer.
xxx

Vraagteken ·

Ja, hy het. Ek moet self erken, hy is baie respekvol teenoor die situasie.

Annelize ·

Hy was blitsig daar en het die skool onmiddelik gesluit. Ek moet sê, hy was baie simpatiek en ondersteunend.

JH ·

Sterkte aan almal, en die leerders wat dit moes aanskou, dis glad nie n maklike ding om te sien hoe iemand voor jou sterf nie.

Stephen Namibia ·

Dagvaar die Dept van Onderwys. Hoekom het hierdie dinge nooit gebeur in die dae toe daar behoorlike instandhouding gedoen was nie?
Julle kan die vorige Regering vir baie dinge blameer maar hulle sou nooit toelaat dat infrastruktuur so ver versleg dat so iets gebeur nie.
Niemand wil deesdae verantwoordelikheid vir enigiets neem nie.

rafel ·

Publieke Werke is verantwoordelik vir alles staatsgeboue…..

ANA ·

???? baie sterkte aan almal wat hierdeur geraak word,mag Sy Gees u almal Kraggee en Vertroos

CK ·

Dis bitter hartseer. Ons bid vir die ouers, kinders en onderwysers.

Rebeca ·

Asb mense!! hou die lelike woorde en politiek vir ‘n ander berig. Hier is mos mense wat kinders verloor het. My innige meegevoel aan die families en mede leders en onderwysers.

Petro ·

Ons hoor jou Rebeca maar Lesufi se onbevoegdheid en konstante aanval op Afrikaanse skole waarmee hy hom besig hou, het nou 3 onskuldige kinders hulle lewens gekos en hy kan nie net sê jammer en aanbeweeg nie. Innige meegevoel aan almal betrokke, dis baie baie tragies ?

Marlize Gerber ·

This is a tragedy but also a HUGE wake-up call to the Minister of Education. All across South Africa schools are ageing and yet no adequate funding is ever provided to schools for maintenance. Our schools are all facing huge budget constraints and more and more teachers are being paid by governing body’s to ensure the standard of education does not deteriorate and parents are struggling to keep up financially with shool fees constantly increasing above inflation rate and you are fortunate if you receive an inflation rate coupled increase… we may be seeing more and more news articles like this if you dont wake up and start spending money in our primary and high schools. Access to safe and adequate basic education should be a right and access to tertiary studies a privilege for those who work hard and deserve it.. yet you waste millions of rands on students who is attending state university’s and have no serious intention of studying and take part in all kinds of protests instead of spending time in classrooms studying.

Please catch a wake up call and start making basic education your priority. Have in depth conversations with more mature teachers and LISTEN to their recommendations and start getting our basic education back to a place where 30% is not an acceptable pass rate.

Jean van der Riet ·

My gebede en innige medelye is al wat ek kan bied . Strkte almal .

Siestog de Jager ·

Ek het al ‘n skooltragedie beleef, en dit is baie erg. My innigste simpatie aan die ouers, leerlinge EN personeel met hierdie verskriklike ongeluk. Dit is bitter hartseer, en mens vergeet soms die maats en personeel wat agter sit en in daai leë banke moet vaskyk. Aan die hoof van HS Driehoek, baie sterkte, genade en krag bid ek jou toe.

Elizabeth 111 ·

My hart gaan uit na al die betrokkenes by hierdie tragedie. Ek glo nie ons sal ooit weet hoekom hierdie jong mense se lewens so voortydig kortgeknip is nie, maar wat ons wel verseker van kan wees is dat God naby elkeen is wat gebroke is van hart en verslae is van gees. Sterkte.

Hartseer ·

Ons innige simpatie vir al die families.
Ouers moet skool dagvaar! !!
Waar is hulle *Health and Safety* sertifikate? Kinders se lewens kom eerste.

Adrian ·

Medelye aan alle geafekteerdes.Dit is n vreeslike ding.

Ons huidige regering dra mos niks by vir onderhoud by skole soos deur ons vorige regering nie. Die skole het nie geld nie en ifrastruktuur verval.
Ry vir Lesufi tot by Daantjie in die kalwerhok.
Baie skole het hierdie tipe brûe. Hulle behoort gereeld geïnspekteer te word.

Joanita Fourie ·

My hart breek vir almal verbonde aan die skool. Dis verskriklik as kinders sterf, en vir die ander, asook die onderwysers wat vanoggend daar was en dit beleef het, is dit iets wat hulle waarskynlik nooit sal vergeet nie. My hart en gebede gaan uit na al die ouers, veral dié wat kinders verloor het, en ook na die kinders (en hulle ouers) wat ernstig beseer in die hospitale lê. Ek vermoed baie kinders sal nie weer na die skool wil terugkeer nie.

Mariaan ·

Wat n tragedie!!! Agge nee tog…sulke goed moet nie gebeur…dis so skokkend hartseer…ons dink aan almal betrokke

alida ·

Dit is ‘n verskriklike ramp. My innige simpatie aan ALMAL betrokke. Ek sien die instandhouding moes al in 2018 gedoen gewees het maar dit is nie. Kom Lesufi los jou inspeksies oor rassisme en verduidelik vir hierdie ouers dat jy te besig was met goed wat jou nie aangaan nie. Dit is so hartseer en kan my nie voorstel hoe die ouers moet voel nie.

Blondie ·

Dis verskriklik wat met Driehoek gebeur het. Wat ookal die oorsaak was….net die Hemelle alleen sal weet. Sterkte, my hart bloei vir almal betrokke

alida ·

My hart is stukkend vir hierdie ouers. Die minister sal nou seker weer die vorige bedeling blameer maar in 25 jaar was daar geen instandhouding gedoen nie. Wie kan hulle nou blameer. Dit is onvergeetlike ramp.

Tia Malan ·

Hartverskeurend, my hart gaan uit na al die ouers en leerders! Maar waarom moet mens dan skoolfonds betaal as daar nie omgesien word na die veilige hawe waarheen jou kind gaan vir ń opvoeding nie! Hoop van wense dat die arme kinders se dood darem nie in “vain” sal wees nie en die skool verantwoording moet kan doen vir wat gebeur het? Laat mens net wonder oor die betaal van skoolfonds as sulke tragedies plaasfind??…lyk my dit gaan meer oor die skoolfonds as onderhoud van die skool?

Johan ·

Tia. So ver ek weet is die provinsiale departemente van Werke verantwoordelik vir onderhoud in opdrag van die provinsiale depte van Onderwys wat die begrotings daarvoor beheer. Hier lê die probleem as onderwyskundiges hulle bemoei met werk wat by tegnici en prof ingenieurs ens tuishoort. Hier gaan nog sulke tragedies plaasvind sodra strukture die einde van hulle lewe bereik. Kyk net hoe lyk ons land en dorpe se paaie!!

Johan ·

So tragies. Mag die families, kinders en skool in hierdie moeilike tyd, liefde en vrede vind

TLC ·

O my genade Grote Vader hou die famielies styf vas
Ek huil saam hulle wat n vreeslike ongeluk
O nee?
Mag ek vra of dit wit of swart of watter kleur hul was want die hate speech of Facebook is nog iets om oor te huil
Kan nie glo Facebook laat dit toe nie
Dit is iemand se kind
RIP kinders ???
My hart is in stukke??

Sandy Botha ·

Ek tjank al die hele dag oor al die hartseer, gebroke harte daar vandag. Het my twee kinders vandag sommer ekstra lang drukkies gegee. Bsie sterkte aan almal betrokke.

At ·

Selfs die DA het reageer…politici moet liewers die pad vat! Hul simpatie is vals.

Deon ·

Lefusi behoort te bedank. Politieke oorsig is swak. Wat ons vandag gesien het, gaan weer gebeur. Staatsgeboue in Pretoria val uitmekaar en die land se brûe word nie onderhou nie.

Doortjie ·

Dit is so hardseer. Hoor daar is n mamma ook dood by die mail se robbot, Het na haar kind gehaas wat in dit betrokke was. Al ons gebede met jul,

Jennifer ·

Die mooiste blommetjies word eerste gepluk!
Baie sterkte aan elke familie , vriende en skool ! Bid dat God julle sal dra deur die rou en seer tyd

sandra ·

Kan Afriforum asseblief n saak maak teen die BLF wat op The Citizen gesê het dat hulle die dood van die leerders vier aangesien dit hulle straf is omdat die wittes gronddiewe is. Dit is haatspraak in sy ergste vorm en ONAANVAARBAAR!!!

PJC ·

Hierdie is baie tragies. Hoop daar word behoorlik ondersoek ingestel na die oorsaak van hierdie tragedie. My raaiskoot vir die oorsaak is een van drie dinge: swak ontwerp, swak bouwerk of “overcrowding” soos al met ń voetbrug oor ń spoorlyn gebeur het.

James ·

My hart is so stukkend en seer met traggedie. Sterkte aan die ouers. Ek bid nou vir julle

Gaitsigubib ·

n Paar jaar gelede het n jong juffrou van Messina n ongeluk gemaak naby Marble Hall. Die kinders in die skoolbussie is lelik beseer en van hulle het gesterf. Ek dink steeds aan die ouers van daardie tragedie. Ek het sowaar nie die krag gehad om julle te vertel hoe jammer ek vir julle was nie. As julle dit lees, ek en my vrou dink vandag nog aan julle.

Schaila Greeff ·

Ek was deel van die hokkie span..Maar was siek en het nie gegaan nie..Dit het virewig elke hokkie speler in Eric Louw se harte verander.. En daai juffrou was my hero. Tragedies ruk n mens.. ek bid vir die mense en kinders wat geraak is deur HS Driehoek se tragedie vanoggend. Ondersteuning en onvoorwaardelike liefde en omgee is al wat hul nou nodig het.. So bitter jammer dat dit gebeur het..

jacques ·

naand mense asb kom ons bid saam vir almal ons het n groep gemaak asb WhatsApp na die nmr en ons ad julle da op asb mense 0826181760

Annelie ·

Simpatie aan die ouers van die kinders wat hul lewe verloor het. Sterkte met die beseerde kinders se herstel.

Hoe groot was die blok wat geval het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.