Skool in rou ná hoof se dood

Eddie Labuschagne

Boodskappe van medelye stroom in ná die dood van die Hoërskool Overberg se hoof in Caledon in die Wes-Kaap.

Die skool het gesê dit is met leedwese dat hy bekend maak dat die hoof, Eddie Labuschagne, Dinsdag oorlede is. Die skool het sy innige meegevoel betuig aan Labuschagne se vrou, Mariëtte, hul twee seuns en ander familielede.

Die skool het ook gesê hy het op aanbeveling van die Wes-Kaapse departement van onderwys besluit dat die eksamen voortgaan soos geskeduleer.

Jessica Shelver, woordvoerder van die departement, het gesê Labuschagne het na bewering sy eie lewe geneem.

“Labuschagne was die afgelope sewe jaar die hoof by Hoërskool Overberg en het tot dusver al amper 30 jaar lank vir die departement gewerk.”

Shelver het gesê die departement is baie hartseer oor Labuschagne se dood. “Ons gedagtes en gebede is by die familie, vriende en die skoolgemeenskap.”

Volgens Shelver is daar berading vir die onderwysers en leerders by die skool gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hannetjie ·

So verdrietig…ongekende hartseer en vrae.Sterkte en vertroosting toegebid vir sy geliefdes en mede personeel en leerders.

Jane ·

So jammer vir sy familie. Ek dink die druk van alle kante af, veral in die onderwys raak net al hoe groter, sterkte aan sy vriende en familie. Rus in vrede.

Jana ·

Baie hartseer. En ek het heel toevallig hom en sy familie ontmoet Julie vakansie by BB waar ons almal gebly het. Baie sterkte aan sy vrou en seuns vir wat hulle nou moet deur gaan.

Penelope ·

Dis so tragies. Baie sterkte vir almal wat by hom betrokke was. Dit maak mens bang, want ek lees in die statistieke dat dit hierdie tyd van die jaar nogal baie gebeur en dat daar ‘n oorgrootte meerderheid mans is wat neig tot selfmoord. Mens moet so oplettend wees in jou eie familie om die tekens nie te mis nie, maar dan gebeur dit met iemand wat jy dit nooit van sou verwag nie… RIV.

Anja ·

Ek stem saam. Depressies raak net meer. Ons met eintlik onself evauleer of ons okay is en praat daaroor. Eks seker hyt nie so bedoel nie. Sies tog, hoop sy kinders en vrou okay

Lily du Plessis ·

Anja het jy enige mediese agtergrond of ken jy die skoolhoof persoonlik dat jy depressie kon diagnoseer?

HR ·

Baie tragies. Enige persoon wat hom geken het, sal weet hy was die definisie van ‘n “gentle giant” saggeaard met die grootste omgee vir een en elke leerder in sy skool en met elke leerder wat die grootste respek en aansien vir hom gehad het. Dit was ‘n voorreg om hom te kon geken het. Ons sal hom vreeslik mis. Sterkte aan elke leerder, onderwyser, familie, ouers en Caledon gemeenskap. TOTSIENS OU GROTE.

Linda van Mosselbaai ·

Sterkte vir almal betrokke,
Baie bly dat daar berading by die skole is – soos altyd beskikbaar deur WKOD – vir mede onderwysers en leerders.

Leana ·

Innigesimpatie en baie sterkte aan almal betrokke. Baie hartseer en tragies so kort voor Kersfees.

Caledon inwoner ·

Eddie was ‘n saggeaarde gentleman.
Niks was ooit te veel moeite vir hom.
Hy was ‘n wonderlike man vir sy vrou en pa vir sy twee seuntjies wat hom reeds vreeslik mis.
Hy was soos ‘n pa vir die leerders.
Sy kantoordeur en hart was altyd oop vir ander.
Eddie jy het so baie lewens op ‘n positiewe manier geraak.
Mag jy sag rus soos die sagte persoon wat jy was.
Jy was inderdaad ‘n juweel van ‘n mens.

Juffrou ·

Ai, Meneer… So jammer. Baie sterkte aan alle geliefdes, kollegas en leerlinge.

Andrea ·

Baie sterkte aan sy familie, hy was ‘n wonderlike onderwyser. Kan nog terug dink aan my dae in sy klas in Kriel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.