Skool, leerder loop deur onder vals, rassistiese sosialemediarekening

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het sy skok uitgespreek nadat iemand hom as ’n 15-jarige leerder van die Table View High School in Kaapstad voorgedoen en ’n vals rekening op die sosialemediaplatform TikTok vir die leerder én die skool geskep het.

Aanstootlike en rassistiese opmerkings is op albei rekeninge gemaak. Die eerste video op die skool se vals rekening is reeds aan die einde van Oktober geplaas en is meer as 283 000 keer gekyk.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, sê die departement is in verbinding met die skool en het bevestig dat iemand hulle as die betrokke leerder voorgedoen het.

Die leerder wie se identiteit gebruik word, se ouers het intussen die kind se selfoon aan die polisie oorhandig en ’n saak van naamskending aanhangig gemaak.

ʼn Digitale forensiese kenner sal nou help om die inhoud van albei rekeninge te verwyder, terwyl die skool se beheerliggaam in verbinding met TikTok is in ʼn poging om die skool se vals rekening van die kortvorm-video-app te verwyder.

“Die inhoud is uiters aanstootlik en onaanvaarbaar,” sê Hammond.

“Dit is kommerwekkend dat ‘iemand’ doelbewus ’n kind se rekening kuberkraak en ʼn ander een skep met die bedoeling om kwaadwillig saadjies van verdeeldheid, haat en rassisme te saai en skade aan ʼn minderjarige en die integriteit van die skool te berokken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Dit is net die EFF se werk die ANC het hom gebaar en so groot gemaak.

Thea ·

Ons kinders moet besef dat daai selfoon waaraan hulle so vasklou, ook hulle lewens kan vernietig. Kuberboelies is volop, maar hulle glo ons nie as ons daarteen waarsku nie. Blaker elke stukkie persoonlike inligting op Sosiale Media uit.

Pieter ·

Gaan kyk maar want baie valse rassisties ‘wit media’ is sover deur eff gedoen. Wonder hoekom hoor ons niks van die ander waarby hulle betrek word nie. Alles eff en anc.

Wilma ·

Daar die persoon moet krimineel aan gekla word en ‘n groot boete betaal word aan die skool.

Dries ·

Dis darem jammer Tiktok kan nie rerig verban word soos wat Trump wou doen nie. Euwel!

Annette ·

Die probleem is dat ‘n leuen soos `n verekussing is wat in die wind uitgestrooi word… Soos wat dit onmoontlik is om elke veertjie weer op te tel, is dit onmoontlik om al die skade wat deur sulke valshede aangerig word, te herstel. Dis asof die hel los is in hierdie land van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.