Skool moet jammer sê na meisies glo moet ontklee

Argieffoto

Argieffoto

Die bestuur van ‘n private skool in Braamfontein moet in ‘n brief aan ouers om verskoning vra omdat meisies by die skool glo aangesê is om hulle broeke af te trek na ‘n gebruikte kondoom in ‘n badkamer gevind is.

“Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, het die bestuur van Jordao College beveel om ‘n brief te skryf aan gr. 10 tot 12 meisies se ouers en om verskoning te vra,” het Phumla Sekonyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, in ‘n verklaring gesê.

Sekonyane sê dit kom na berigte van beweerde seksuele teistering by die skool verlede week. “Daar word beweer dat onderwysers die meisies se onderklere geïnspekteer het om te kyk of hulle seks gehad het nadat ‘n gebruikte kondoom in die meisies se badkamer gevind is.”

Lesufi het intussen versoek dat die Menseregtekommissie die saak ondersoek. “Hulle is beter geposisioneer om sake soos die te ondersoek en wanneer hulle vir ons ‘n verslag gee oor hulle bevindinge sal ons aksie neem.”

‘n Span beraders is intussen na die skool gestuur om dienste aan die geaffekteerde kinders te bied. “Indien daar ouers is wat voel dat hulle kinders bykomende ondersteuning nodig het sal ons vir hulle sorg. Ek glo regtig wat hier gebeur het is onaanvaarbaar en dat die waardigheid van ons leerder nie ondermyn kan word nie,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alet ·

Kan jy glo dat onderwysers so laag kan daal wat se onderwys kry die kinders skande .Doen weg met sulke gemors dis nie onderwyser dis screp op sy beste .Wat verneerdering vir die meisies kla hulle aan vir naamskending laat hulle hoes

Sprietjie ·

SKOKKEND! As ek een van die leerlinge was, het ek volstrek geweier.

Marieta ·

Le ‘n klag van seksuele teistering teen die hele bestuur van die skool en poging tot verkragting teen die betrokke onderwysers! Wie op aarde gee hulle die reg? Kon die barbaarse idioot wat DIE opdrag gegee het, nie eerder die saak onder die kinders se ouers se aandag gebring het, en dan kon hulle self in beste belang van hul kinders optree nie? Maar ek reken dan sal hy/sy nie hul eie siek fantasiee kon uitleef nie! Skors die hele spul van hulle en verbied hulle om ooit weer met kinders te werk!

Johann ·

Wat sou hulle nou wysgeraak het met hulle patetiese ondersoek? Skors die hele spul en mag hulle nooit weer by die opvoeding van kinders betrokke wees nie.

Freda Faber ·

Almal nou so teen die skool maar dis feite dan kinders in vandag se lewe alreeds in hul laerskool seksueelaktief is! Ek se nie die onderwysers het reg opgetree nie maar uit my oogpunt dink ek n onderwyser het n hel moelike loopbaan met die meeste kinders vandag wie se opvoedings boekdele ooor geskryf kan word.

Jackie ·

Al is die kinders reeds seksueel aktief, behoort ‘n onderwyser uit alle beroepe te weet dat dit ongehoord is om dogters te vra om hul onderklere uit te trek. Hulle moes voorsien het dat dit openbaar gemaak sou word en dat die nagevolge nie aangenaam gaan wees nie. Ek het wel simpatie met onderwysers oor die algemeen.

Marieta ·

Freda, is die onderwysers verbonde aan die skool dan almal maagdelike nonne en monnike? Is daar enige van die leerlinge toegelaat om die onderwysers se onderklere te ondersoek? Wie se dit was dalk van hulle wat die skuldige partye was nie? Ja daar is ook toegewyde onderwysers, net soos leerlinge. Maar telsefdertyd is daar ook diegene wat liewer nooit tussen mens of dier losgelaat moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.