Skool, ouers reageer op video oor ‘sataniese’ kuns

Die skoolgroep Curro het Dinsdagoggend in ʼn verklaring gesê hy is bewus van die herrie wat tans op sosiale media woed rondom ʼn kunsprojek deur ʼn matriekleerder aan die Grantleigh- private skool in Richardsbaai, KwaZulu-Natal. In dié projek word Jesus onder meer as die Ronald McDonald-nar uitgebeeld. Grantleigh is deel van die Curro-groep.

Luidens die verklaring is die nou omstrede kunsprojek deel van ʼn finale voorlegging aan die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) en in die voorportaal van die skool vertoon as deel van ʼn jaareinduitstalling.

Die uitstalling het egter wydverspreide negatiewe reaksie ontlok nadat ʼn ontstoke ouer ʼn video van dié uitstalling op sosiale media gedeel het. In die video spreek past. Andrew Anderson sy skok uit oor dié “sataniese” kunswerke.

Maroela Media het vroeër berig daar kan in sommige van die leerder se tekeninge gesien word hoe ʼn nar vir Jesus bid. In ander word Jesus se maag oopgeskeur met sy ingewande sigbaar. Die Laaste Avondmaal word ook in die uitstalling uitgebeeld waarin Jesus se dissipels as varke en bokke uitgebeeld word. Die uitstalling sluit nie net tekeninge in nie, maar ook beelde wat van versnipperde blaaie uit die Bybel gemaak is.

Luidens die verklaring is Curro bewus van die video wat op sosiale media die rondte doen en die saak word nou intern ondersoek. Dié inligting is ook in ʼn omsendbrief aan ouers deurgegee.

“Die video is geneem en op sosiale media gelaai sonder die skool se toestemming ondanks versoeke om nié die leerder se finale kunswerke in die openbaar te vertoon nie, aangesien die projek binne die konteks van die toegewese tema verstaan ​​moes word,” lui die verklaring.

Volgens ʼn ouer van ʼn leerder aan die skool, wat verkies het om anoniem met Maroela Media te praat, is die uitstalling op ʼn sekere manier geposisioneer sodat ʼn eksaminator die projek kon modereer sonder dat dit té toeganklik vir ander leerders is. “Die skool het die kunswerke half toegepak en ʼn waarskuwing opgesit.”

Tog meen die ouer die leerder het Christenskap direk aangevat. “Daar is baie ouers wat kwaad en geskok is,” sê die ouer.

“Dit is regtig ʼn goeie skool. Hulle kry van die beste uitslae. Ek weet nie hoe hulle hier beland het nie.”

Nóg ʼn ouer wat ook verkies om anoniem te bly hou voet by stuk dat die kunswerke nié die skool se waardestelsel reflekteer nie.

“Dit wat daar gebeur het is glad nie ’n weerspieëling van die skool se spiritualiteit nie. Ons kinders is getuienis van die positiewe geestelike inspraak wat die skool op hul lewens maak. Die situasie is uit verband geruk, al is dit met goeie reg. Dit is een insident en weerspieël nie die karakter van die skool nie,” sê hy.

Curro beklemtoon in die verklaring dat die kommentaar oor die skool, die kunswerke en die leerder nie ʼn akkurate weergawe is van die skool en die situasie waarna verwys word nie. “Ons behou die reg voor om kommentaar te weerhou totdat die interne ondersoek afgehandel is.”

Daar word verder benadruk dat hoewel die Curro-groep ʼn Christen-etos handhaaf, dit ook personeellede en leerders van ander gelowe met hul gepaardgaande sienings respekteer.

“Curro verwelkom alle opmerkings wat opbouend is en op ʼn sinvolle manier bydra tot gesprekvoering. Die groep keur egter nie kuberboeliery, godsdienstige onverdraagsaamheid, haatspraak, neerhalende taalgebruik, wanvoorstellings en opmerkings op sosiale media goed wat negatief op die Curro-handelsmerk weerspieël nie,” lui die verklaring.

Die skool en ontstoke ouers sal na verwagting vanaand oor die aangeleentheid vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

294 Kommentare

Sonja ·

Die skool beweer dat hulle alle gelowe se sienings respekteer. Hierdie is beslis nie respek betoon nie, hierdie is uiters walglik en dryf die spot met ons Groot God en Almagtige Vader. Kinders kan op baie maniere kuns beoefen en oor baie onderwerpe kuns doen, hierdie is egter ontoelaatbaar vir my as Christen.

Natan ·

Jesus is vir Godslastering gekruisig, alhoewel Hy die waarheid verkondig het. Sulke Godslastering van die kind is onnodig, veral met die moordende droogte in gedagte. ‘n Swart skaap kan seker vir sy sondes sterf.

Jr ·

Ek dink hierdie student moet die “eksamen ” pluk want ek het van die prente voorheen gesien iewers op media van mc donald hanswors op n kruis. Lyk vir my soos iemand anders se werk wat hy of sy afgeteken het. Plaigerism is ‘n strafbare klagte in universiteite waar u afgeskop kan word. Die standbeelde het ek nooit voorheen gesien nie. So die persoon wat hierdie gemors is ‘n bedrier saam met al die ander goed wat ek hom of sy wil beskuldig.

ONKUNDIG ·

Dit wil voorkom of die betrokkenes nie weet wat die tekens van duiwelaanbidders is nie.
Verder lyk dit vir my of hulle ook nie die gevolge daarvan besef nie.

Pieterd ·

Ek stem ook met jou saam Sonja.
Die skool/ Curro beweer hulle respekteer alle gelowe. Respekteer dan die ware God en ons geloof ook.
Hierdie kuns is die uiterste vorm van disrespek en lastering.

Tharina ·

Ons het oorweeg om ons dogter volgende jaar by n Curro skool moontlik in te skryf, maar hulle “Christelike waardes en norme” is verseker nie dieselfde as wat ons glo en nastreef nie. Hulle idee van kuns is dan wat ek sal noem blasphemy. Nee dankie!

Elmarie ·

Ek stem saam. Hierdie is die aanval op Christenskap en nie verdraagdaamheid nie. Die skolier kon sy eie god bespot. Ons kan nie meer net apaties staan as Christen teenoor hierdie aanval nie, geen ander geloof sou dit duld nie. Curo moet dalk hulself weerhou van die braking van “korrekte woorde”. Wat staan op die skool se wapen? Genade, hoe ondersteun hierdie optrede daardie etos?

Mike ·

Nou goed, almal is nou wild en woes besig om te kla oor die ooglopende lasterlike sketse. Nou vra ek ook vir al die ouers wat hier is. Gaan nou na jou kind se kamer toe. Is daar ‘n Spiderman, Batman en wie weet wat nog in jou kind se kamer? Het hy of sy al die kamstige helde se klere, figure ens? Indien wel moet julle begin skoonmaak. Dit is waar dit begin. Ek stem glad nie saam met wat hierdie leerder gedoen het nie. Dit is duidelik satanies in my opinie. Jy hoef nie saam te stem met my opinie nie. Feit bly, as ons as Christene wil staan vir wat reg is moet ons seker maak ons huise is reg, skoon en nie onder die invloed van die gemors wat vir ons kinders in kamstige onskuld gevoer word. Gaan sit en dink baie mooi wat ons toelaat in ons huise, waarmee ons kinders speel, waarna hulle kyk en besluit dan of ons kan praat. As helfde van die Christene so ywerig was as wat ons “keyboard warriors” is, het ons die Here se liefde lankal uitgedra aan almal wat daarna soek. En julle wat mekaar almal so aanval, dit is presies wat die ou satan wil sien, hoe ons wat moet saamstaan en liefde betoon, mekaar aanval en afkraak.

Beverley Pekema ·

Ek stem saam met Mike – laat ons hierdie hele saak soos ware Christus-kinders benader. Die Here wat ek dien, skepper van die Heelal het ons nie gevra om Hom te verdedig nie, hy vra dat ons liefde betoon en sy Woord verkondig. Dit is dalk juis die probleem dat die opdrag van liefde en genade te kort kom, kyk dan nou na hierdie wilde geveg wat ontaard het en veroorsaak dat mense selfs nou met mekaar baklei.

Mamma ·

Geloof Hoop en Liefde. Kom ons bid almal vir die kind en skool dat hulle na die Here gely sal word.

Neh? ·

As hulle dan alle gelowe uitleef in hulle skool, dan moet hulle leuse nie lees to God be the Glory nie, jy is ‘n Christen ten volle of jy los dit. Jy kan nie ‘n draad sitter wees nie en nog minder alle gelowe in 1 skool toe laat nie.

Abie ·

Stem saam met jou, Sonja – skielik is dit “godsdienstige onvedraagsaamheid” as jy satanisme verwerp? Hoe laag moet ons norme nog daal?

?mike ·

@Mike, jy doen nou presies dít waaroor jy jou medegelowiges aanvat – jy val aan.

Aibeverley ·

Ai @Beverley, liefde en genade en die Woord verwag nie van kinders van die Here om bespotting van God en Sy verlossingswerk te verskoon nie. Jy is reg – ons hoef God nie te verdedig nie, Hy kan Homself verdedig – maar verdedig jy nie diegene wat jy liefhet en eer en respekteer nie? As iemand jou kind of man só sou uitbeeld, sou jy dan soveel liefde en genade oorgedra het – of sou jy met alles in jou sy/haar eer verdedig het? Hoe kan jy verwag dat kinders van die Here nie Sy eer moet verdedig nie maar bespotting van Hom maar net in liefde moet aanvaar en verdra? Die Heilige Gees gee vir ons die gawe van onderskeiding – dis vir gevalle soos hierdie wat jy dit nodig het.

Oom Doug ·

Dit wys net hoe ver kinders sal gaan om andag the key, No upbringing.

Henda Myburgh ·

Stem volkome saam mens kan nie met dit saam stem nie hulle maak van ons God n bespotting en enige iemand wat sy kop wegdraai of goed praat is n verraaier soos Judas dit kan en mag NOOIT OOIT toegelaat word nie.

Angelene Swart ·

My sienswyse is dat die leerder se kunswerke nie die ‘herrie’ veroorsaak soos wat daarna verwys word nie, maar eerder die uitbeelding daarvan ‘n in Christelike Skool. Nie ‘n publieke skool met diverse geloofstoleransies nie, maar ‘n skool met ‘n Christelike leuse, beleid en Grondwet. Ouers betaal hoër fooie vir onderwys in ‘n Christelike omgewing, net om ontnugter te word deur die ware toedrag van sake in die vorm van demoniese-uitbeeldings in die skoolsaal. Indien die leerder verkies om te rebelleer teen Christus, laat hy rebeleer by sy eie huis en laat hy nie vereer word met ‘n uitstalling in ‘n sogenaamde Christelike skool nie, want dan is daardie skool se etos misleidend en kan hul leerlinge se ouers regsstappe neem.

Andries Visagie ·

Minister van onderwys ingryp? Hahaha, nee kyk, julle is funny. Vannie pad af.

N Lourens Reitz ·

Joey ou Lesufu is meer behept met die naamsverandering van skole en om jag te maak op Afrikaans as enige iets anders.

SêMaarNetEen ·

Gaan kyk bietjie wat gaan in die skoolkinders se handboeke ook aan. Veral lewensorientering en sosiale studies….

koos ·

Mike, jy kom vir my baie verward voor. As mens soos jy redeneer moet ons niks wat walglik, aanstootlik en Godslasterlik kritiseer nie, want daar is mos ander dinge ook verkeerd.

Tiaan ·

Daardie verskoning kan tog nie alles regverdig nie, die uitstalling is swak smaak en hoort nie by n skool nie. Dink net indien dit n beeld van mohamed was, sou die skool dit dan toegelaat het?

Johan ·

Hoe bring jy dié kloutjie by dié oortjie (klein en groot sonde)? Om met die Almagtige God te spot; Jesus Christus en wat hy doen/gedoen het, as ‘n nar en belaglik voor te stel, is vir Christen-gelowiges sonde – punt – en onaanvaarbaar.

Mb ·

Ek weet net een ding. God die Almagtige laat hom nie koggel nie. As ek hierdie leerling en mense wat dit goed praat gewees het, het ek dag en nag gebew van vrees vir die dag wat God gaan reageer. !!!!!!!!!

Harry ·

Hierdie skool , hoof, en personeel kan maar soveel veskoning maak as wat hulle wil, dit is totaal onaanvaarbaar.
Ek dink elke ware Christen sal hul kinders uit hierdie skool vat en los hulle dat hulle dan maar satan aanbid.
Vir geen kind van God is dit aanvaarbaar nie.
Ek skaam my dood as ek deel van hierdie skool sou wees.
Ek bid vir julle.

TwaalfBoor ·

@Harry
Stem volkome saam met jou. Curro kan dit “sugar coat” soos hulle wil. Dit bly Gods lasterend.

Wonder net ·

Al die kommentare reflekteer almal se onkunde wat kuns aanbetref.
En daardie video ook.
Dit beeld juis die verrotte samelewing se houding teenoor Jesus uit.
Dit is bedoel om skokkend te wees, om ň sekere boodskap uit te dra.
Net soos ander omstrede kunswerke die wêreld oor, wat ň spesieke boodskap wou oordra.

@wonderook ·

@wondernet, ek wonder hoe jy enigsins kan dink of glo hierdie is verskoon- of verdedigbaar in die naam van kuns.

A Klaassen ·

Die kunswerke is onder leiding van ‘n kuns onderwyser gedoen en met die medewete van die kunstenaar se ouers. Dit het nie net verskyn uit die bloute nie. Ignoreer almal dan dit wat ooglopend onheilig is tot ‘n pastoor dit dan moet uitwys?

Gansie ·

Jy is so reg. Die kinders werk volgens ‘n opdrag wat aan hom gegee word. Sal graag wil weet wat moet uitgebeeld word volgens instruksies van die skool.

Lindie ·

Ek stem saam hierdie uitstalling is Met die goedkeuring van die betrokke persone gedoen.
Dit is egter skokkend dat ‘n kind sulke kunstwerke ten toon stel. Hierdie tipe ding hoort nie in ‘n skool nie.

TwaalfBoor ·

@A Klaasen
Haal jou oogklappe af. Enige kind van God sou ontsteld gewees het as hulle op dit af gekom het. Dit vat nie ñ pastoor om dit vir ons uit te wys nie.

anon ·

Sal graag wil weet “watse” onderwyser gee sulke projekte aan kinders.

Beaulah Bergh ·

I strongly resent and am deeply offended that a grade 12 learner can be allowed to rip pages of the Bible into pieces as part of an art exhibit and depict Christ in a shameful and blasphemous manner!! Next year have a grade 12 learner take pages from the Quran, rip the pages into pieces and depict Mohammed in the same way as in this art exhibit . . . I guarantee you, your school will be closed down, the headmaster will be dismissed and the learner will be expelled AND you will face a protest outside your school with shouts from the Islam community demanding serious action to be taken.

GESKOK ·

Hierdie kunswerk wek die indruk dat die persone betrokke by die kunswerk duiwelsaanbidders kan wees. Te oordeel aan die kommentaar kon enige persoon wie hier kommentaar gelewer het, dit ook openbaar het indien dit deur een van hulle gesien was. Lyk of die Pastoor dit toevallig gesien het omrede dit duidelik is dat dit doelbewus soort van versteek was. Deurdat dit versteek was, wek n verdere indruk dat die persone betrokke daarvan bewus was dat die werk om die een of ander rede nie korrek is nie. Moontlik het die uitstalliers geweet dis Godslasterlik. Indien my kind, of leerder van my skool met so n versoek gekom het, sou ek onmiddellik erg bekommerd oor sy Christenskap gewees het, en baie beslis werk daarvan gemaak het vir wat dit werd sou wees, en beslis dadelik afgekeur het. Ek is steeds van mening dat n saak van duiwelaanbidding ook dringend ondersoek moet word want indien dit wel so is, is hierdie kind (moontlik ander ook) se toekoms ten gronde indien hy/sy/hulle nie gehelp word nie. DIE ROOI LIGTE BRAND BESLIS.

Leona ·

Nee EK is jammer… maar ʼn matriek kind… 18 jaar oud weet mos wat is verkeerd en reg… my kind is 13 jaar en hy sou net pleinweg gesê het… “Jammer Juffrou dit is teen my beginsels”

SêMaarNetEen ·

Kyk maar na ‘wonder net’ se kommentaar. Dis presies die verskoning wat die skool gaan gebruik om dit te regverdig.

Erika ·

Wat was die tema dan wat geskilder moes word van die IEB???
Ek dink dit is ‘n aanval op my geloof en Christenskap en ek vind dit baie onsmaaklik!!

Rosalie van Eeden ·

Die tema /opdrag was “Liminal” wat letterlik beteken “die spasie tussenin”. Die kinders kon dit interpreteer soos hulle wou.

Liz ·

Die tema was Ritual. En Almal sit die pot so vreeslik mis. Wat die kind uitgebeeld het is hoe die moderene samelewing godsdiens vervang het met die aanbidding van gemorskos (mcdonalds se nar), geld ens. Die kuns sê dat die moderne lewe due bybel opgeskeer het en dit vervang het met die aanbidding van aardse dinge, celebrities en ryk mense met geen morele waardes nie

neewatliz ·

Neewat, @Liz – mens kan daai boodskap wat jy wil verdedig, op baie ander maniere uitbeeld sonder om ‘n bespotting van Christus, die heilige sakramente en God se Woord te maak.

Gaan verdedig jou standpunt voor die troon van die Heilige God – sal jy dit steeds met soveel vertroue doen?

Debbie ·

Nee wat Liz jy sit die pot mis Ek reageer nie gewoonlik op sosiale media maar hierdie saak is baie na aan my hart Sal dit nooit in jou lig sien en so ook nie ons Hemelse Vader punt

JohanR ·

Nou waar is Lefusi? Oe daar is hy buite ‘n Afrikaans skool. Hy staan en dink aan ‘n nuwe naam.

@JohanR ·

Rerig? Jy is seker nie ernstig nie. Hy sal mos natuurlik se daar is niks mee verkeerd nie. Of is jy werklik so onkundig Johan?

John ·

Jy weet dat Lesufi die MEC vir onderwys vir Gauteng is? En jy weet dat hierdie skool in KZN is? En dat Curro a privaatskool is?

Teleurgesteld ·

Hoe gou word ons daarop attend gemaak dat ons oordeel as ons opkom vir ons geloof. Daarom gaan dit so in ons land. Satanaanbidders. En nou moet sulke opvoeders wat dit toelaat na ons kinders omsien. Skande man. A disgrace vir ons as Christene. Hy slaap nie en soos voorheen genoem Hy laat nie met hom spot nie. Ek sal regtig vreesbevange gewees het as ek sulke werke geteken het. Bid vir die leerder dat hy bekeer raak voordat dit te laat is.

Diana van Niekerk ·

Ek bevraagteken die leuse van Grantleigh ten sterkste: Wie is hierdie god in hulle leuse??? Galsiërs 6:7 Moenie dwaal nie, God laat Hom nie bespot nie, want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 2 Korinthiërs 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus 14 En geen wonder nie! Want die satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Die uitstalling van hierdie “onskuldige” kunswerke kan christelik op geen manier geregverdig word nie. Dit skep ‘n presedent vir toekomstige uitstallings van dieselfde aard onder die vaandel van: “freedom of expression” Ons as christene het ook “freedom of association” , ons wil nie hiermee geassosieer word nie!!!!

AndrewL ·

John, jy weet dan seker ook dat daai voertuig in KZN is. En jy weet seker ook hoe hoog Luci aangeskryf word.

Erika ·

Wat was die vraag van die IEB om so iets te skilder? Ek dink dan dit is ‘n walglike vraag van hulle gewees, want my God is nie ‘n clown nie!

Sondes ·

Jy kan nie vir God en mamon dien nie. Sekerlik sal Curro dit probeer regverdig as die REGTE van ander gelowe want geldmaak en dus mammon is vir hulle die belangrikste.
Laat jou ja ja wees en jou nee nee.

Abnormaaldie ·

Ek Sal hou van kunstenaar se storie hoekom het hy so n prent geteken en wat was die tema dat skool toe stemming Kon gee en hul self Dan bloot stel en gristen geloof n bespotting temaak. Wat die hart vol is loop die mond oor situasie die. N skool is veronderstel om normes en waardes hoog tehou en nie sulke dinge toe telaat.

Ansie ·

Dit is onaanvaarbaar en satanies, mense soek selfregverdiging maar glo my as hulle dink hulle kan weg kom daarmee moet hulle mooi dink elkeen van ons sal voor die God Troon staan of jy dit nou glo of nie, dis een afspraak wat nie een van ons gaan mis nie. Mag die Here elkeen se geestelike oe en ore oopmaak.

Frans C ·

Flou verskoning.Skeur die Koran so aan flarde en spot so met die profeet Muhammad en die Moslem gelowiges ruk in getalle op en sal alles in hul vermoë doen om die spotter van hul geloof aan die kaak te stel en te laat boet.

‘n Opstand is dan ook nie uitgesluit nie.Hoekom moet ons as Christene die spottery en draak stekery terwille van die uitbeelding van niks meer as sataniese kuns verdra en daaroor stilbly?

Annie ·

Stem saam met jou Frans! Ek hou skool in Saudi Arabie en my Christelike geloof word beskerm en gerespekteer deur die Moslems. Ons as Christene mag standpunt inneem en veral in ‘n privaatskool wat juis meer “sê “het in waardes en norme. Wat ‘n patetiese uitstalling!!!

Alta Edwards ·

Ouers dit is voorwaarlik n teken dat die skool nie meer kan onderskei tussen goed en kwaad en dat die skool geen eer aan Christenskap handhaaf nie. Dit is n bewys vir alle Christene dat die nie n Christelike skool is nie dit moes duidelik gewees het toe hulle alle gelowe geeer het. Tyd om wakker te word dieper te kyk en regte vrae te vra voor kinders in skole geplaas word.

Stan ·

Die skool keur nie godsdienstige onverdraagsaamheid, haatspraak en wanvoorstellings goed nie maar Christene moet maar sluk as hulle God verneder word. Hoe werk dit? Sal graag wil hoor wat hulle ‘interne’ ondersoek gaan oplewer.

Ruby ·

Die skool handhaaf ‘n Christen-etos???!!!

Die video het nie die skool se toestemming…het julle die ouers se toestemming van hierdie tipe “kuns” gekry???!!!

Julle verwelkom opbouende opmerkings maar stal afbrekende drogbeelde van Christenskap uit???!!!

Julle het die curro (ja, kleinletter) naam deur die modder gesleep en sal die prys betaal…

Louise ·

Ek kan dit nie glo nie dis so hartseer liewe Jesus verdien dit nie hy is net goed vir ons hy het vir ons gesterf en dis wat skoole toe laat dit breek my hart

Elize kruger ·

Mense wat my bloeddruk laat styg is die feit dat my BYBEL die WOORD VAN GOD wat vir my kosbaar is en my riglyn in die lewe is, opgeskeur was om iets uit te beeld. Wat uitgebeeld was is in elk geval kulties en satanies. Niemand en ek sê weer niemand sal die BYBEL met soveel misnoë en veragting behandel sonder dat ek opstaan daarvoor nie. Ons moet saamstaan en hierteen optree. Ongelukkig is dit ‘n privaat skool en gaan die Departement enigsins ‘n ondersoek doen? Ek twyfel

Cheryl ·

Elize as kind van God staan ek volbank agter jou. Ek hoop hierdie video steek soos’n veldbrand ‘n gebedsketting aan wat die fondasie vd hel sal skud. Kinders van God trek die wapenuitrusting van God aan en staan op vir Jesus. Wie anders sal ons kinders beskerm?

Kobus ·

Ek glo nie vir 1 sekonde dat die skool die selde reaksie sou gekry het nie as die kind n moeslem heilige boek sou so versnipper het nie. Hulle sou bond gestaan het.
Ek kry die arme kind jammer, duideluk is die arme kind net so verdwaald soos sy ouers.

Ek weet net een ding my God is genadig en liefde vol. En ek bid dat ons Vader die kind sal vergewe wat hy het geen idee wat hy doen nie.

Bekommerd ·

Siestog!!!

Hoe word daar nou wal gegooi en mooi gepraat… maar wanneer ‘n blanke onderwyser ‘n kind probeer opvoed, dan word dit opgeblaas en is die “mooi praat” ens yl gesaai!!!

Wat gaan gebeur as EK nou ‘n skildery van Allah of Mohammed in onsmaaklike situasies skep en uitstal – gaan dit met dieselfde (gebrek aan) gesag hanteer word?

Ek lag HARD in die gesig van die naiewe leierskorps van die Curro skool.

As ‘n onderwyser van die skool die kunswerk toelaat, is dit PRESIES die weerspieëling van die betrokke skool se waardes en sienswyses. Ek koop nie die paaiende terugvoer van die skool se leierskorps nie…

TwaalfBoor ·

Hoekom is hierdie betrokke “onderwyser” nie ook geskors nie?

Johan ·

Hoop die skool vat stappe want dit kan nie toegelaat word nie.,dalk is die kind gedwing om so iets te doen. Ons vergewe die kind want Jesus vergewe ons elke dag

M ·

Sonde is sonde en wie ookal dit toegelaat het is net so skuldig soos di “kunstenaar” self! Mag geregtigheid seëvier

Wynie ·

Christelike Waardes, Christelike skool, Nee ek dink nie so nie. Of jy staan 100% vir God of jy doen nie. Of jy aanvaar dit of jy doen nie. Daar is GEEN middelweg nie. Iewers moes iemand al gewonder het wat gaan hier aan, nog voordat dit eers n kwessie geword het. Waar is die Ware Kinders van Ons Lewende God? Die duiwel het julle al so gebreinspoel dat julle sogenaamde christelike waardes hierdie as “aanvaarbaar” of “godsdienvryheid” bestempel. DAAR IS NET EEN GOD. Een Waarheid, Een Weg, Een Lewe. My gebed is dat julle wat dit toegelaat het sal omdraai en vergifnis vra vir God want julle weet nie wat julle gedoen het nie. En ons bid dat God hierdie skool en gemeenskap en Land sal genadig wees en ons vergewe. Keer terug na God en LEWE.

Chris Engelbrecht ·

As ek van die kommentare lees en dan word daar verskonings of swak verduidelikings gegee, so dit is totaal onaavaarbaar die drie enige God is ons christene se bestaan geen bespotting of hierdie tipe twak sal verskoon word nie, want dit is n hele reeks snert vervloek satan met sy aanhangers

Bre Mercer ·

Wynie, jy is 100% reg. As almal soos ons wil dink sal selfs Suid Afrika n beter plek wees. Dis omrede die meeste mense nie meer weet wie GOD is nie. Hulle laat hulle aan hul neuse rondlei en verdraai die ware Woord van GOD. Dankie vir jou insae. Dit is SO baie van pas op hierdie berig.

Christo Cloete ·

Dit is skokkend om die minste daarvan te sê. En die skool probeer dit nog verdedig ook. Dis hoe jy vir satan vatplek gee. Om vir departement te vra om ondersoek te doen is so goed om wolf skaapwagter te maak. Ouers moet daadwerklik ingryp want wie anders.

Wickus de Bruin ·

Sluit die skool. Insien nie moet ouers hul kinders elders laat skool gaan. My Jesus het met Sy bloed betaal vir my sondes. Indien die skool sulke spottery toelaat en hulle nie weerhou van sulke gedrag nie, sal Vader wraak neem teenoor almal wat dit goed praat of saam stem om met Sy Seun Jesus te spot.

GEWETE ·

Ek stem saam. Onttrek alle Christen kinders uit daardie skool aan die einde van die jaar.

AmY ·

Wat sou gebeur het as daar met ander gelowe ‘gespot’ is? Sou die mense dan ook gedink het dis ‘net kuns?’

Potjie ·

As ek sou spot met CR….dan slaap ek met my alie in die tronk. Die mensdom het weggedraai van God af. Is so hopeloos en goddeloos.

Kiskar ·

Ek wonder net wat in daai leerder se kop aangaan dat hy/sy sulke ‘kunswerke’ gemaak het??????

Will Oosthuizen ·

Indien hierdie sataniese aanval op die God van christen-gelowiges goedgekeur word deur ‘n skool, is dit die refleksie van daardie skool se filosofie van opvoering en die waardes wat deur die kuns department aanvaar word. Kom ons sien wat gebeur indien daar ‘n soortgelyke kunswerk van Islam se Mohammed uitgestal word. God slaap nie en die oor deel wag, ook vir diegene wat dit goedkeur en ooglopend toelaat.

Johan ·

Ek is glad nie skaam om te se ek glo in Christus nie. Ek is ook nie bang of skaam om te se dat Curro skole vrot is nie. Ek lees op julle web bladsy julle staan vir “Christian Values (ethics and morals)” julle vat kinders vanaf drie maande tot Matriek. As daar een ding is wat ek julle kan verseker is dit die volgende, as enige van my kinders dit net oorweeg om my kleinkinders in daai gemors van n skool te sit onterf ek julle. Die hoof en onderwysers van daai vrot skool wat die gemors uitgestal het ek hoop julle noem julleself nie Christene nie.

Heidi ·

Hulle kan hulself Christene noem. Maar is hulle werklik? Te oordeel aan die blatante lasterlike uitstalling beslis nie. Dis net vreemd dat dit gewoonlik Chistene is wat so iets doen en nooit Moslem nie.

Sê maar net ·

Lyk eerder vir my of daar groot fout is in die kind se kop, die skool, die onderwyser so wel as die ouers moes voet neer gesit het en dit nie uitgestal het nie, maar my opinie is kry die kind by iemand wat hom kan help.

Johan ·

Janet is reg. Ek dink die skool moes nooit hierdie anti-chtistelike tema aanvaar het nie.

Wielspore ·

Die enigste kuns wat daardie kind het is om die kuns onderwyser om sy pinkie te draai. Tik jou hier en tik jou daar… en siedaar.

Tiaan ·

Wielspore ek stem saam. Die onderwyser het dit toegelaat in plaas daarvan om leiding te neem.

Johannes ·

Geen verskoning is aanvaarbaar vir hierdie uiterste lastering nie! CURRO is gedoem en sal die gevolge moet dra! Koning Herodes het gelaster en die wurms het hom opgevreet! Baie dankie aan die ouer wat die moed gehad het om die waarheid te vertoon. Nou weet almal CURRO is ‘n broeiplek vir Satanisme!

Kunsvlyt ·

Dalk beeld dit juis Christenskap onder beleg uit. ’n Wêreldse, sekulêre aanval op waardes. Maar net my mening.

Satansvlyt ·

Kunsvlyt en sataniste het ‘toevalllig’ dieselfde wonderlike ‘opinie’. Viva Azania.

Frans ·

Kunsvlyt, dit mag dalk so wees, ek weet nie, want die kind se mening is nie aan my bekend nie. Maar die uitbeeldings is duidelik afstootlik vir Christene en Godslasterend. So wat word regtig bereik? Hierdie kunswerk versterk juis en neem deel aan die aanval op Christenskap deur absolute verontagsaming van enige respek teenoor ons heilige Verlosser. Net my mening.

Pierre ·

Ek haal aan “Die Curro groep keer nie kuberboeliery, godsdienstige onverdraagsaamheid, haatspraak, neerhalende taalgebruik, wanvoorstellings op sosiale media goed wat negatief op die Curro-handelsmerk weerspieel nie”
Volgens myns insiens is dit juis alles wat met hierdie kunsuitstalling uitgebeeld word en daar n volslae bespotting van die heiligdom gemaak word. Dit is wel elke individu se besluit wat sy geloofsoortuiging is, maar om dit in ‘n skoolopset vir ‘n geruime tyd uit te stal en ander leerders daaraan bloot te stel is HOOGS onaanvaarbaar vir my.

$ ·

Vir my lyk dit of die skool dit duidelik probeer maak dat hulle nie die pastoor se optrede goedkeur nie en dit beskou as kuberboeliery (deur die video in die kuberruim te versprei), godsdienstige onverdraagsaamheid (deur nie die uitstalling te verdra nie weens die sataniese aard daarvan – lyk of hulle verwag dat satanisme as godsiens verdra behoort te word), wanvoorstelling op sosiale media wat negatief op die Curro-handelsmerk weerspieël (die video wat op sosiale media versprei is, en volgens hulle nie die ware feite deurgee nie, en nou die Curro-naam in gedrang gebring het). Dus is dit ‘n verskuilde dreigement.

Wat van wanvoorstelling (Christus buig NIE die knie voor satan en sy demone nie, Hy het die bose reeds oorwin!) en haatspraak (die uitstalling is haatspraak teenoor Christus en Chrstene!) en neerhalende taalgebruik (kuns is ook ‘n vorm van taal wat ‘n boodskap oordra en die hele uitstalling is neerhalend!).

Curro – vee eers skoon voor julle eie deur.

En gaan op julle knieë en pleit om vergifnis.

Almal is regters! ·

Wonder ek ook! Almal kruip weg agter hulle geloof maar neul, judge en is sarkasties teenoor almal en alles. En dis nie net op die berig van toepassing. Sies man! Dis om van naar te raak!

boerseun ·

Let op die woorde, “alhoewel ons Christelike-etos handhaaf, dit ook…”.
Nêrens op Curru lees ek dat hulle Christelik is nie, Curro skole is nie Christen skole nie. Hulle handhaaf net Christen waardes maar nie die Christen geloof nie.
Vir die ouer wat gedink het (soos die ouers van die skool) hulle sit hulle kind in n Christen skool, let op wat die mense sê.

Shocked! ·

Ek stem saam boerseun. As my kind in dai skool was, is hy more nie!

Hein ·

Stem saam boerseun. Curro is definitief ‘n anti christelike skool. Praat uit ervaring. Moenie enige Curro skool in die land ondersteun gebaseer op ‘n wanopvatting dat dit ‘n privaat christelike skool is nie.

Wielspore ·

Stuur gerus ‘n epos aan die uitvoerende hoof van die skool, Mnr Andrew Norris om jou mening te gee, dalk weet hy nie van die probleem want hy het tot op hede my nog nie geantwoord.
Geen antwoord is ook ‘n antwoord.

Gabby ·

Die skool hoof was ondervra…en hy het gese..I dont fear God!

Annie ·

Ek is jammer om te se maar ons Christene is ‘n klomp sissies. Ons is vinnig om te veroordeel en agter ons rekenaar skermpies naamloos weg te kruip maar wie gaan regtig opstaan vir Jesus, Seun van die enigste Lewende God. Is daar dalk al ‘n petisie opgetrek teen die skool ? Is daar dalk al by die MRK ‘n klag ingedien oor dat Christene openlik gespot en uitgelok word ? Nee want soos ons Christene is , kan ons geraas maak maar ook nie veel verder nie.

Sarie ·

As jy Christelike waardes het, dan is jy veronderstel om die kinders in die Naam van Jesus Christus te onderrig, want dit is wat dit beteken. Met die gesê – jy onderhou dan God se wette en Sy Gebooie. Niks verder nie. Punt

Patat ·

Ek stem saam en hierdie is n walglike afgrylike ding wat gebeur het in n Christelike skool waar die kind nooit eers toegelaat moes word om homself so uit te druk in die skool se millieu nie!! Laat hy vir hom n ander skool gaan soek en dit doen want Curro staan vir Christen opvoeding… Skande!!! Geen verskoning is goed genoeg vir hierdie nie…

Gene ·

.. ons moet “ander se sienings respekteer”, “geen haatspraak” or neerhalend teenoor mekaar praat nie – maar respek is tog wedersyds, is dit nie Curro?
So is dit hoe julle respek betoon aan nie die lewende ware God, wat vir Sy lewe afgele het vir my en vir jou? en wie julle veronderstel is om as skool te dien ? really ?.. no, REALLY ?!

Alta ·

Die Curro groep en betrokke Skool het ‘n lys van dinge wat hulle nie goedkeur nie, o.a “Wanvoorstellings” , Ons as volgelinge van Jesus Christus Sien die kunsvoorstelling as ‘n WANVOORSTELLING van JESUS CHRISTUS….gelykstaande aan godslastering. Verder sê hulle dat hulle Alle gelowe respekteer….leuen….as hulle volgelinge van Jesus Christus gerespekteer het sou hulle dit nooit toegelaat het nie. Duidelik weet julle nie Wie die God is waarmee julle so omgaan nie. Hy is Almagtig en Soeverein, en Hy laat nie met Hom spot nie. Hy het met woorde uit Sy mond geskep. En Hy het Satan oorwin.

Juffrou ·

JohanR dis duidelik jy weet niks van skole af nie! Maak eers seker van jou feite voordat jy jou tot sosiale media wend en jou naam lekker met ń plank slaan!

AndrewL ·

Juffrou, ek wil voorstel dat jy van jou eie raad gebruik, en bly weg van planke af.

Perspektief ·

Dank die onderwysers af. Maak die skool toe. As iemand bereid is om hulle hof toe te vat sal ek bydrae wat ek kan. Ek is seker daar is ander Christene wat sal help betaal. Afriforum, ek sluit uit die buiteland uit by julle aan as julle ‘n manier kan vind om hierdie skool hof toe te vat. Ek is moeg vir lasteraars wat breëbors my God bespot. Ek staan op. Hierdie was nou genoeg.

Jakes ·

Die woordvoerder van die Curro groep se verduideliking of verskoning van die debakel is lagwekkend dog ook skokkend. Die saak behoort op die hoogste vlak ondersoek te word asook n indiepte ondersoek na gebeure by die skool in die algemeen. Die sogenaamde kunswerk is godslasterlik en aanstootlik. Die hoof van die skool sowel as die onderwysers moet pa staan vir die etos van die skool.

Elmarie ·

Mense kom ons kyk nie hier na met ons emosies nie maar na want die kind uit beeld wat hy se is dat Modernde Christine maak n bespotting van god dmv valse leering en prosperety teachings en preaaching kerke wat geld maak besig hede geword het misbruik God se woord om geld te maak (gou koppe Uit bybel blaaie)en soek n quick fix(Ronald Mcdonald) as dit by christenskap kom wat hartseer is id dat dit ons nou skok want hoe kan iemand dit doen met die bybel maar ons verskeur die bybel elke dag waneer ons God se woord draai om ons te pas NG Kerk met hulle gay dominees aborsies kerke wat lyk soos nag clubs binne in. die kind is 100% reg en ek dink God praat deur hom en se wys my volk wat maak hulle met my woord

Jammer ·

Jammer geen verskoning kan dit regverdig. Sou dit nou regtig so diep gewees het, moes dit op ‘n ander private perseel beoordeel word. Moes dit in oorleg met predikante, pastore by ‘n leadership summit gebruik word om so die spesifieke boodskap oor te dra. Wat gaan jou gewone, gemiddelde en bright matriek en jonger leerlinge met die aanskou hiervan maak, nee wat eers as ons uitgevang word, dan is dit iets moois, iets sonder lelike bedoelings, daar is net te veel kriminaliteit en Godslastering.

Naomi ·

En toe is die “grand” skool groep nie so “grand” nie.

Alice ·

Goeie plasing en perspektief maar GEEN WARE CHRISTEN sal so iets teken of maak nie

Andrea ·

Dankie Elmarie. Hopelik sal die kommentators nou met meer begrip na die kunswerk kyk. Kuns is nie noodwendig net n stillewe wat in die eetkamer hang nie.

Reinhardt ·

Gaan lees asb Exodus 20:4….dan gee jy my asb n mooi verduideliking van hhoe dit geredgverdig kan word asb. Ek sien uit.

$ ·

Elmarie, twee vrae:

– Is jy gemaklik om jou standpunt eendag met vertroue voor die Lewende God te verdedig in die naam van kuns en die boodskap wat dit probeer oordra? Sal jy voor Hom kan staan en werklik verdedig waarom jy dink Sy Seun wat jou verlossing met Sy dood en opstanding en onbeskryflike lyding aan die kruis gekoop het, sodat jy die ewige dood en duisternis gespaar kan word, kan maar as McDonalds se nar uitgebeeld word?
2). As daardie uitstalling van jou eie kind was (as dit jou kind was wat so uitgebeeld is) of jou man of jou ma of jouself – sou jy dit dan nogsteeds goedgekeur/goedgepraat/verdedig het in die naam van kuns??

Buckles ·

Dankie tog, nog ‘n rasionele persoon!!
Dis presies wat ek dink toe ek die gesien het, ek dink almal is nou kwaad want hulle sien hulle self in die kuns.
Sal eerder vir hulle self iets doen as om hulle mede mense te help.
En al die haat in hierdie comments, ja dis mos baie christerlik……
Mens noem dit die one day Christians – net op ‘n sondag sien jy dat hulle eintlik soos christens gedra.
En dan helse bohaai oor iets opskop, maar ek sien nerens waar iemand se – help die kind nie. Net geweld en haat teenoor die skool, goeie voorbeeld mense.

I wouldn’t say a single word to them. I would listen to what they have to say, and that’s what no one did. – Marilyn Manson

Ergste ·

Ergste is die Bybel wat opgeskeur is. ek kan nie glo so iets gebeur regtig nie en dan word dit goed gepraat. Alle Curro skole landwyd moet maar ondersoek word. Help nie jy het goeie uitslae, maar jy bevorder satanisme en diskrimineer teen ‘n Geloof nie.

Abnormaaldie ·

Ek Sal hou van kunstenaar se storie hoekom het hy so n prent geteken en wat was die tema dat skool toe stemming Kon gee en hul self Dan bloot stel en gristen geloof n bespotting temaak. Wat die hart vol is loop die mond oor situasie die. N skool is veronderstel om normes en waardes hoog tehou en nie sulke dinge toe telaat.

J Kumm ·

Ek kannie verstaan hoe dit ‘n “wanvoorstelling” is nie? Wat jy sien is mos wat jy sien?
Nee, Curro, vat verantwoordelikheid en moenie dit erger maak deur mense aan te val nie.

m ·

Daai leerder en sy kunsonderwyser sal ook seker nog leer dat ‘n goeie kunstenaar nie noofwedig uitdagend hoef te wees nie, want sy of haar tydlose goeie werk spreek vir dit self!! Dit het nie een of ander foefie nodig om dit te laat uitstaan nie!!

mandie ·

Ek het vreeeslik ongemaklik gevoel toe ek die video in die vorige berig kyk en my ma het my nog altyd geleer – sodra jy ongemaklik voel rondom geloofsake dan is dit verkeerd, my kind.
Soooo my innerlike stemmetjie sê ook dat hierdie kunswerke verkeerd is.

MANIE ·

Sal graag kommentaar van die ouer beheerraad en depapartement van onderwys wil hoor.

marous ·

Wat is hulle skool se leuse ? As dit verwysend is na die God van Abraham , Isak en Jacob is dit niks anders as misbruik van die geloof van diegene wie hulle nou walg , net vir reklame doeleindes nie .

Dennis ·

Dis nou ‘n onderwyser, kind, ouers en skool met swak smaak. Skors die onderwyser wat dit toegelaat het!! Kon die kind en onderwyser werklik aan NIKS beter dink om te skep nie? Swak opvoeding by die skool en geen morele leiding deur ouers sal sulke dinge tot gevolg he.

My mening ·

Dit is absoluut walglik! Wat het dit met ander gelowe te doen?! Wat gaan in n onderwyser/es se kop aan om iets so siek toe te laat? En die kinders wat dit gedoen het- ek is verstom oor wat uit hulle kom. Dit maak mens bang vir hierdie kinders. Wat gaan in hul wese aan om iets so boos te skep? Hier is iets duister en boos in hierdie skole aan die gang.

Gert ·

Was dit n gespot met Mohamed was die moslems in rep en roer hulle sal selfs daai skool afbrand , ons as Christene is heeltemal te aanvaarbaar as daar met Jesus gespot word.

K ·

Alle godsdienste word gerespekteer ? Ek daag julle uit om ‘n soortgelyke uitstalling van die Moslem geloof ten toon te stel !! Julle kosbare skool sal brand en wêreldwyd sal daar opstand wees. Ons Christene is BAIE vergewensgesind, volgens my te veel

Pieter ·

Die kind en die onderwyser sal nie die POORTE VAN DIE HEMEL BINNE GAAN NIE!!!!

What God ·

Jul leuse is ” To God be the Glory” ons wonder regtig watter God jul op jul leuse na verwys?

Madeleine ·

Ek verstaan dat kuns daar is om baie keer te skok en n boodskap uit te dra. Dalk is hierdie reeds n uitbeelding van wat die werelf met godsdiens gedoen het deur dit cheap te maak en mee spot te dryf. Maar ek stem saam dis n skool! Dus kan dit misleiding bring by kinders en sekere grootmensewat twyfel in hul geloof.
En ja ek se weer Curro is nie n christelike skool as hul se hul lewe n christelike etos nie. Dis 2 heel verskillende wereldsienings.
En as hul se hul aanvaar alle gelowe en enige kan hulself uitleef in daardie skool… moet mense nie skrik as hul sulke goed sien nie. Want dis nie n christen skool nie. Of jy staan vir Christus of nie! Daars geen grys area!

Se maar net ·

Ek het die video gesien. Dit was vir my absoluut skokkend dat enige iemand sulke spottende kuns kon maak van my GOD wat ek met my hele hart en siel aanbid. Ek gee nie om watse verskonings deur curro aangebied word nie. Hierdie is n groot klap in GOD se gesig en glo vir my hy slaap nie en sy wraak is verskriklik vir mense wat hom bespot. Gaan lees maar julle bybel. Ek bid vir julle dat GOD sy vergifnis oor julle sal uitstort.

Anoniem ·

Is die leerder wat hierdie kunswerke gemaak het ‘n satanis?

Gerda ·

Ai die skoolgroep beweer hulle volg n Christelike etos…. maar laat so iets toe. Jy kan nie aan beide kante van die draad eet nie Curro!
En díé werke van die leerder(ders) spreek boekdele. Wonder of dit hul ouers grief en watter waardes hul geleer is?

Ek ·

Vat die skool die skool hoof die onderwyser die leerling gelykheidshof toe die nonsens moet gedoen word by hulle huise of waar hulle ookal bly. Wie die hel is enigeen om n Bybel op te snipper
Dan moet ons Christinne dit opeet vir soet koek nee ons Christinne het vir te lank stil gebly en dis hoekom ons as Christinne so gestraf word

Peet ·

Ek kan nie aanvaar dat ‘n kind toegelaat word om sulke Godslasterlike uitbeelding van CHRISTUS en my geloof dien nie en dan gaan die skool hierdie ding instuur na die Nasionale liggaam stuur vir beoordeling. Ek sê vernietig dit. God laat nie met hom spot nie.

Prok ·

Ouers wat erns maak met hul doopbelofte aan die Een wat hul tot verantwoording gaan roep moet hul na die CVO skole wend, waar Bybelonderrig as verpligte vak aangebied word en kinders met die wapenrusting geklee word.

Michelle ·

Absoluut skokkend.
Kan nie glo dat enige verskoning hierdie goed wat uitgestal is regverdig nie.
Sies man

Jr ·

In Frankryk toe die uitgawes sekere dinge geskryf teen ander gelowe geskryf het het “hulle ” bomme laat afgaan. WORD WAKKER hoof van die skool. JY is net so skuldig.

Toetsie ·

Wel hy IS beslis ook skuldig as hy n uitlating maak van “I don’t fear God”!!!!

Bamsie ·

Wat die hart van vol is loop die ‘mond’ van oor. Defnitief gaan die skool die saak nou so plooi dat hulle nie sleg lyk, maar wat gaan in hulle harte aan?

Sonja ·

Een punt onder Curro se ” Our Mission” op website:
*To Uphold Christian values and encourage principled, caring and responsible behavior at all times.
Ek dink dit sê genoeg dat die verklaring uitgereik deur skool en sy website se missie beslis twee verskillende goed is. Ek hoop van harte dat ouers in daardie skool hulle oë sal oop maak vir dit wat daar aangaan. En dat ons as ouers by ander skole ook waaksaam sal wees.

not everything is racism ·

There is no such thing as reverse racism. Racism is racism. Secondly no one is even bringing in race, except you, they’re mad because they feel their religion is attacked.

Willie ·

Ek wonder of die skool nog sou gestaan het as Mohammed so uitgebeeld was ?.
Wonder maar net.

Anoniem ·

Hierdie “Christen” skool is regtig nie onskuldig. Ek meen een ouer se dis so weggesteek dat dit eintlik nie gesien moes word. Hulle was deeglik bewys van die walglike affêre of weet hulle nou weer nie wat in hulle skool aangaan nie. Ek dis maar net hoe satan hom inwurm en die Bybel sê was jy maar warm of koud, maar nou is jy lou. Wie staan nou vir die merk vd dier net om in te wees. Maar elke een wat my Jesus getart het, het ‘n prys betaal, ook sal hierdie prys opgeëis word.

Marinda ·

Die hoof en die betrokke onderwyseres behoort gekors te word. Dit wat hulle ondersteun is twenatrydug met die lwuse vam die skool waaraan hulle hulswlf verbind het. Die veragtelike kunswerk moes deur beide goedgekeur word alvorens die leerling daarmee begin het. Die leerling se ouers moes saamgewerk het aan die konsep voorstelling. Daar is geen twyfel dat hulle presies geweet het wat die eindresultaat sou wees. Die ouers en die leerling behoort ook ondersoek te word. Ek kry koue rilings as ek dink wat die leerling aan die mede leerlinge verkondig. Dit moet in die kiem gesmoor word! Dankie vir die ouer wat dit openbaar gemaak het. Ons weet nou bietjie wat in die skole aangaan. Ons God is verhewe bo alles en verdien nie om met soveel minagting uitgebeeld te word nie! Die versnippering van die Woord wat ons gps is om daagliks te oorleef is absoluut onaanvaarbaar. Na my beskeie mening, moet die kerke by hierdie aangeleentheid betrokke raak! Ons kan nie toelaat dat ons kinders wat ons toekoms is, deur satan bepaal word nie. Ons moet opstaan en ons God se se naam in ere herstel!

Suid-Afrikaner ·

As mens kyk na sommige tv programme, flieks, musiek en veral musiekvideo’s is dit wat uitgebeeld word geen verassing nie

LANA ·

ART se ALIE
Te veel mense probeer agter “art” wegkruip.
Daardie uitstalling is walglik en maak ‘n bespotting van God.

George du Plessis ·

Hierdie is die begin van openlike satanisme soos nou gesien in Amerika waar die man-vrou-in-een standbeeld opgerig is. Hierdie propageer ook homoseksialisme en geslaglooshied en rebellie teen ouers en enige ander vorm van gesag. Lees Romeine 1:24-28. Ons as ouers moet wakker wees en ons kinders wakker hou deur hulle uit die Bybel te leer wat die waarheid is, was goed is en wat edel is. Jesus is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Ons hoogste roeping is om Hom te vereer en verheerlik en dit begin by ‘n besef van my persoonlike sondigheid en verlorenheid en ‘n heelhartigie bekering tot Hom, in so ‘n mate dat ek ‘n nuwe mens word. Is hierdie hele situasie nie net ‘n aanmaning vir ons in SA om te wys dat dit is wat ons as nasie met God se Woord gedoen het nie, met al die nuwe verkeerde dinge wat as reg aanvaar word. Die Bybel gaan nog eendag ‘n verbode boek word as dinge so aangaan. Alle taalgroepe in SA het Bybels in elkeen se taal. Lees ons, glo ons, en doen ons dit nog? Sal dit nie skrikwekkend wees om te besef dat die hand van God se bewaring en beskerming oor ons al klaar besig is om opgelig te word oor ons sonde nie?

H ·

Boikot die skool vanaf 1 Januarie 2020. Ons God, Here Jesus is Koning, laster Hom en Hy sal jou vinnig uithaal. Baai skool.

Thea ·

Op Curro skole se Facebook bladsy kan kunswerke van die matrieks gesien word. Hulle kunswerke is van hoogstaande gehalte. My kind is in Curro skool en geen van hulle werke is afstootlik of beledig n geloof nie. Dit is die onderwyse se plig om vir die kind te help met regte intepretasie van werk opdrag. Die skoolhoof het ook n verantwoordelikheid om te sorg dat skool se Etos gerespekteer word.

hercu ·

“Perhaps you think I’ve come to spread peace and calm over the earth—but my coming will bring conflict and division, not peace. Because of me, A son will turn against his father, a daughter her mother and against her mother-in-law. Within your own families you will find enemies. “Whoever loves father or mother or son or daughter more than me is not fit to be my disciple. All who seek to live apart from me will lose it all. But those who let go of their lives for my sake and surrender it all to me will discover true life” ~ Matt 10 The Bible

Hans ·

As Christen is ek diep geaffronteerd dat iemand so min respek het vir my Godsdiens om sulke Godslasterlike “kuns” ten toon te stel. Wereldwyd was daar streng teen persoone opgetree wat teen enige gelowe diskrimineer of bespottings daarvan maak. Sien Charlie Hebdo et al… Ek sal as Christen glad nie eens oorweeg om my kind na die Curro groep van “Christen” skole toe te stuur nie. Hulle het werklik geen respek of agting vir die Christen godsdiens wat as integrale deel van hulle bestaan voorgehou word nie. Curro sal as “Christen” skool sterk standpunt moet inneem teen hierdie afgrys om nie die argwaan van alle Christene in SA op die hals te haal nie. Swak, uiters swak Curro.

Andre ·

Kuns ? Dit maak my bekommerd wat in hierdie “kunstenaar” se kop aangaan.

Frans Calitz ·

Die ouergemeenskap behoort aan te dring dat elke onderwyser wat hulle nie in die openbaar van hierdie satanskunsternaar en sy duiwelse kunsmentor distansieer nie, onmiddellik ontslaan moet word. Die hoof behoort geskors te word. Ons kan nie wag tot hierdie sotte kinderverkragters of moordenaars verheerlik en uitbeeld as kuns nie.
Hoe kan enige ouer hulle kosbare kinders in die sorg laat van mense wat konformeer as hulle moet konfronteer.
Kinders word in skole gevorm en behoort beskerm te word teen Satan en sy lakeie wat alle waardes en norme probeer vernietig.
Ek dank die Here vir ń pa wat sy gesin se belange, asook ander leerders se belange voorop stel. Ek salueer u.

Luanita ·

Ek was so geskok toe ek gisteraand hierdie video sien! Ek kan nie dink dat enige interne ondersoek dit kan regverdig nie! Waar was die res van die onderwysers in die skool om dit toe te laat? Duidelik bevraagteken ek die kuns onderwyser se geloof ook en die hoof kan sê net wat hy wil, hy is nie ń hoof se titel werd nie! Ek kry skaam om te dink hierdie leerling het trofees gekry vir bybelbladsye wat opgeskeer word vir satanisme! Ek sou seker opgesluit geword het as ek daar was, want ek sou sulke snert verwoes het! Dis skokkend wat kinders deesdae in die silabus leer en take wat hul moet doen, g’n wonder daar word so maklik gemoor in hierdie land nie! Wette word aangepas om wêreldse sonde goed te keur, ipv te hou by wat die Woord sê! Dankie aan hierdie pa wat nie stil gebly het nie! Niemand maak van ons Hemelse Pappa so ń bespotting nie! Ons sal bid vir hierdie skool en elke verlore siel om uit die grepe van satan te kom! Ons God is Groot en Almagtig en alomwetend en Hy is!

Trots RSA ·

Skokkend dat so iets in ‘n skool toegelaat word – mag die Hemelse Vader ons genadig wees. Plaas druk op die skool om die gemors te verwyder.

elna ·

Ek word vertel dat Curro nié deel is van Grantleigh privaatskool nie?

Penelope ·

Elna, iemand probeer duidelik wol oor jou oë trek! Gaan kyk maar self op die Curro webblad – Grantleigh is beslis een van die Curro groep se skole.

Realis ·

Kry julle kinders uit daai skole so gou as moontlik!! Daai skole gaan julle kinders se denke besoedel!!!

Jandre ·

Duidelik te sien, in die boonste berig, dat hulle weet hoe om n hond uit bos uit te praat. Pasop vir slange! Hulle sissss en fluister dat hulle Jesus-Volgelinge of mede-gelowiges is, en kruip onder ons in. Bly op julle hoede!!

Jan ·

Wonder maar net
Sou die skoolhoof, of enigeen wat die uitstalling probeer regverdig, steeds die “kuns” so heftig verdedig het as een van hulle gesiggies daarin uitgebeeld was?

Melanie ·

Galasiers 6:7

Moenie julle self mislei nie. GOD laat nie met hom spot nie. Wat jy saai sal jy maai.

Toubs ·

God was verwyder uit die parlement . . . So wat kan die mens anders verwag. Dis walglik. Kerke en selgroepe, gebeds groepe, hier is werk.

Oom Jaco ·

Jy mag naas My (Yahweh) geen ander gode hê nie…
DEUTERONOMIUM 5:7.

Janine ·

Curro julle kan sê en verduidelilk soos julle wil. Party sal julle glo..maar ek kan julle verseker…ek glo niks wat uit julle monde kom nie. Veral nie na wat julle toegelaat en kwytgeraak het nie. My God, my Skepper, my Redder is die spot mee gedryf. Sy Woord is in stukke opgeskeur en in drogbeelde omskep. Geen maar geen verduideliking sal dit regmaak nie. Gaan op jul knieë en vra Hom verskoning.

Willie ·

Ek stem saam niks sal nou dit leer nie. God is steeds Here.

Mareke ·

Dit us al jare dat die Curro groep Nog in die kinders se koppe plaas. Hul volg nie christel I jg e waardes nie hul onderwysers het snaakse gelowe en siendes oor dielewe. Dan betaal ouers duur om hul kinders sulke opvoeding te gee.

Foxi ·

UIT VERBAND UITGERUK???? EK kan dit nie glo wat ek vandag gesien het nie! Weet hulle nie hoe bedroef ek as mens is nie. Ek moes getroos word man. My Vader vir WIE ek so liefhet, word so belaster. Ek wil skreeu, huil en alles wat gepaard gaan van droefheid! N skoolkind se kuns? Ouers……hoe kon julle dit toelaat….hoe kon julle? EK MOET EERDER STILBLY NOU…..

Emelia ·

Ek dink ek voel Baie dieselfde as jy. Dis asof alles wat reg is verkeerd is en alles wat verkeerd is reg is…deesdae. dalk kom Jesus gouer as wat ons dink.

Hendrina ·

Ek stem saam geen respek word hier betoon vir ons God, ons geloof nie, wat n donker siel moet jul Dux leerling nie wees!

Skaam My ·

Die hele nar ding kom uit n populere film genre so dit is waarskynlik wat die onderwerp hiervan bepaal. Ek skaam my om as Afrikaners te vereenselwig gegewe hul oppervlakkige sienings. Dit is kuns (soos n ander leser reeds uitgewys het). Maar wat my dwars in die krop steek is die klomp Christene se opmerking dat indien dit die Koran was, sou daar hel op aarde gewees het. Dit is asof hulle so hard wens hulle kon soos lede van ander gelowe te kere gaan.

Ek voel jammer vir daai pastoor se kinders. Hy is so bang vir die duiwel mens sou sweer hy glo nie sy God is almagtig nie. En die lot van julle ook.

JJ ·

Wel skaam my dis dalk tyd om bang te raak vir God!! Dis juis die probleem die vrees vir God het uit ons Christene verdwyn.
Die pastoor /ouer is nie bang vir die duiwel nie maar tereg diep bedroef oor iets so absurd dat dit eintlik ongelooflik is.

Lani ·

Kan wragtig nie glo dat n onderwyser hierdie in n uitstalling sal toelaat nie. Die onderwyser hiervoor moet ook verantwoordelikheid neem! Dis hele situasie is onstellend en ek hoop die persone wat dit toegelaat het word aanspreeklik gehou. Sies man!

Toks ·

VIESLIK…AFSTOOTLIK….WALGLIK……
SWAK SKOOL…SWAK HOOF…..SWAK ONDERWYSER……. SWAK LEERDER..
.. WAT SULKE GODSLASTERLIKE GOED DOEN

Bronwen Gildenhuys ·

Heeltemal onaanvaarbaar! GODSLASTERING en bespotting van die Christen geloof. Hoe kan n skool hulself uitgee as n Christen skool en so iets toelaat!

jan ·

dan wil ons weet hoekom reen dit nie ….. hoekom is die land in so n gemors die Here sien wat aangaan ,Hy laat nie met hom spot nie…

Christa ·

Dis kommerwekkend dat enige onderwyser dit Kan goedkeur. Dit is seker n vrymesselaars gebou en/of skool. Hoe hoër die standard hoe erger word jy Vas gespin. Ouers Moet info insanely voor hul kinders by n skool inskryf. Op die ou end Sal tuis
onderrig beter wees.

Bome en Vrugte ·

En so wys die ware kleure van diegene wat so onderlings by die skool doenig is. Bome word aan hulle vrugte geken.

J ·

OK, ons het dit gesien, ons is omgekrap, ons het kommentaar gelewer. Wat nou? Jou Christelike gewete het meer as share & comment nodig om gesus te word. As die saak jou grief, tree op. Trek ‘n laer om daardie skool en gaan vertel net van die vehoog af wat Jesus in jou lewe beteken. Die Heilige Gees sal dit van daar af vat. Is jy en jou kerk/selgroepe bereid om as gemeente in julle massas op te daag en God te gaan loof met psalms en gesange in daardie skool? Dis al. Moenie klippe gooi nie, moenie argumenteer nie, gaan net en gaan wys Wie God is, want obviously weet hulle nie.

Ne. ·

Dit is hoe die wiel aan die rol gesit word..Een vir een maak sy misnoë te kenne en die vertel nog n een…Die skool het n probleem …N grote..Ek is seker dat na dese baie ouers hul kinders gaan ontrek…

Rooi Jan ·

Curro gebruik die Christen Etos storie om mense uit ń spesifieke gemeenskap se kinders na hul skole te trek. Maar hulle probeer regverdig dat n student die Christene wat hulle kinders soontoe stuur as geld aanbiddende sataniste uitbeeld. Ek dink Curro moet gestraf word waar dit hulle die seerste sal maak nl dat hulle geldsak wat hulle elke maand bank toe dra aansienlik leer moet wees. Afrikaanse mense julle kinders kan skoolgaan by Afrikaanse privaat skole waar werklike Christenskap skaamteloos uitgeleef word en waar hulle akademiese kwalifikasies net so goed indien nie beter is as Curro s’n.

Celia Tjaden ·

Was da so gespot met mohammed en die koran, was da nou oolong!!
Ma christene ?

En ons bid vir reen?

Mitzi Viljoen ·

Dis eienaardig hoekom die kunswerk nie uitgestal mag word nie, ‘n talent moet mos vertoon word en nie weggesteek sodat mense dit nie moet sien nie. Dit maak nie sin nie. Wat vir my duidelik blyk is dat Christus by herhaling as die patetiese verloorder teen die duiwel uitgebeeld word op ‘n godslasterlike en walglike wyse – watter ander konnotasie kan mens daarvan maak? Dit is nie verdigbaar nie. Ons het ‘n reg om op te staan vir ons Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus. Dit is nie onderhandelbaar nie.

Rita van Zyl ·

As n skool hom voordoen as n Christelike Skool wat Christelike waardes en etos handhaaf, is die vraag: “Hoe waar is dit” as die “Kuns” deur onderwysers van die skool bekroon word terwyl dit duidelik n bespotting van die Almagtige God is. Vir die wat sê dit is net kuns wil ek vra: As ek vir jou die beste Rykste sjokolade koek voorsit met net n eetlepel “poop” in, gaan jy dit eet? Jy gaan dit nie proe of ruik nie!!!! Mense bekeer nie tot die ware God nie want te veel “Christene” is ruggraat loos en gaan saam met die stroom. Jesus het nie doekies omgedraai wanneer dit by sonde gekom het nie, eenvoudig omdat jy nooit die waarheid sal ken as almal om dit praat nie. HY het vir elkeen wie hy vergifnes gegee en genees het gesê “go and sin no more” Nie dis “OK ” nie, eenvoudig omdat Sonde Sonde is en nie aanvaar kan word nie. Mense word wakker ons kinders word oop oë hel toe gestuur deur misleiding. God is n God van liefde, maar jy kan Hom nie bespot en dink jy gaan ongestraf bly nie. My gebed is dat God almal se oë sal oop maak vir die waarheid en dat Christene sal staan vir die waarheid en nie net saam met die stroom gaan om almal te “please” nie. As jy sê jy is n Christen moet dit in jou waardes/lewe wys.

Bekommerd ·

Die onderwyser wat die projek en onderwerp gekies het se intensies is duidelik om Christus te bespot. Jammer dat kinders so gebreinspoel word en hulle talente so mis aangewend word!

Rita van Zyl ·

Gaan daar n ondersoek geloods word en staple geneem word om nog sulke voorvalle te voorkom of gaan dit net onder die mat ingevee word?

Willie ·

Wat die Skool se verdediging mag wees hulle bevorder satanisme openlik. Sal graag wil weet of die kind en die kuns onderwyser sataniste is want dan is dit verstasnbaar. Maar soos Beulah se was dit oor die Quran sou die Skool gesluit word. Christene Moet nie Curro Skole ondersteun nie. Is hulle gestig deur die Vrymesselaars ?

Willie ·

My God sal nie toelaat dat daar met Hom gespot word nie. Hy is n jaloerse God en jou uiteinde is die dood.

Marius ·

As jy n werklike Christen is, behoort jou kind daar weg kom.

Willie ·

Ek stem vind mooi uit want die Skool mislei christen ouers.

Willa ·

Ek haal my hoed af vir die persoon wat dit uitgelig het.Dit is n ware Christen doen.Jy het die moed en oortuiging gehad om die regte ding te doen.As n mede Christen staan ek bankvas agter jou.Baie dankie.Ons kan nie sulke goed toelaat nie.

Se net ·

Art is about expression and creating conversation. Even though the topic is not favoured amongst Christians it must be said that religion ans society has mocked the Christian faith in so many aspects. The art can not be viewed as blasphamy until the content and concept is known. What the parent did do by complaining about the art is create awareness and more conversation. So in retrospect helped the young artist bring his message to the masses. We live in a society that is constantly mocking the Christian faith. Perhaps bringing awareness and getting people to talk about it, is what make this a deserving matric exibition. Artists shock. They did centuries ago and will do it today. It is opinion, freedom of speech and expresion. If you stand firm in your faith then use this as an oppertunity to prove society wrong by your own comments conduct and behaviour. So well done to a student that followed through with their vision inspite of being critised. It takes courage. Agreement is not really the point here. Just saying…

Blah blaah ·

Blaah blaah blaah – a lot of drivel about art and artists. I think it is a personal expression of a school child. And surely many teenagers of today have funny ideas. The point you are missing here is that the school endorsed the expressions by putting them on an exhibition. Parents at that school enroll their children because of its alleged Christian character and by doing this, the school seems to have shot itself in the foot. You do not pretend to support the Christian faith and have a Christian character but then go and endorse anti-Christian sentiments. I am sure that if the learner involved is such a good artist, he/she could have found another space where to exhibit the semi-plagiarised works. A school that alleges a Christian character, is NOT the platform to display such openly blasphemous works. Because then they are hypocrites.

Danie ·

Wie is ons om klippe te gooi ons ieder en elk maak daagliks foute ons bid tot die Hemelse Vader, en ongelukkig het die jong persoon die pad buister geraak hy soek liefde maar by die verkeerde persoon kom ons dra hom elkeen in ons gebede op en bid dat hy die regte pad sal kry weer en die LIEFDE VAN ONS HEMELSE VADER WEER SAL BELEEF

M Grobler ·

As a retired Dramatic Arts educator I must admit that I find this art work repulsive. Yes we are given certain themes to follow each year but we are very clearly told that certain issues must not be brought into school work: no 1, sexual orientation; no 2, politics, and no 3, religion. I taught for many years and fully understand how some children think and if the educator allowed this frame if thought to be brought to the fore I blame said educator. Teenagers are gullible and there are those who blatantly want to shock. So people I do believe that there is demonic activity in the work, no matter how we protest it, and that it needs to be addressed and there needs to be an exorcism because, believe me, the evil is now lurking in every nook and cranny of said school. I also agree with many of you, everyone is falling into Satan’s trap by moaning and groaning about it. Prayer and only prayer is the answer to this revolting situation. Stop casting stones and stand up as true Christians should and stop the murmuring and pray

Rina ·

defnitief satanisme …. hulle breinspoel die.kids. OUERS van daardie skool gaan jul kids se boeke deur hul tasse…. kyk waaroor gaan hul skoolwerk . kan n hoof dit toelaat arme drommel ….. en leerkragte ….. dis walglik skaamteloos verander jul skool se naam ….. …

God is op Sy troon ·

ONTSPAN MENSE; GOD KAN HOMSELF VERDEDIG . . .

Romeine 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: AAN MY KOM DIE WRAAK TOE, EK SAL VERGELD, SPREEK DIE HERE.

AAN ALMAL WAT HIERDIE GRUWEL ONDERSTEUN HET . . . hier volg die Woord se oordeel oor julle – Deuteronomium 28:15 tot 68

Hebreërs 10:31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.

Koos ·

Ja en dan soek hy mense as banoffers-Lev27 vers 28. Dit is nou na al die olie, meel,lammers ens.

Sterlig. ·

Koos,alias spook.Jy het vasgehaak op Lev 27:28.Hierdie was voorskrifte wat op die Israeliete van toepassing was vir wanneer losgekoop word na straf vir ongehoorsaamheid wat deel is van die 5 Wetsboeke van die Bybel.Bestudeer die volle Woord en jou oë sal oopgaan.

Tinus ·

Sies Curro – ek het nog altyd respek vir julle gehad – maar ek hoop julle is reg vir wat wag. As ons dan roem op n land met baie Christene hoop ek julle aandeelpryse val tot op die vloer – miskien is hierdie n toets vir ons Christenskap !!

snip ·

As ‘n leerder glo ek jy is gefaal deur jou mentors.
1) hoekom net Christenskap uitbeel en nie al die gelowe nie
2) hoekom is ‘n waarskuwing op gesit, dit is bewys dat hulle (jou mentors) geweet hiet hier kom groot moeilikheid
3) hoekom moes jou uistalling so afgesonder word?
a. hoekom met so baie afskortings sodat niemand dit eintlik mag sien nie.
b. hoekom was dit net oop vir sekere mense en nie die here skool nie
4) jy het ‘n reg dat jou sieing gerespekteer word, MAAR dit betek dat jy ander se REG ook moet respekteer. Dit is ‘n baie fyn lyn
Jy het nou op ‘n baie jong ouderdom een van jou grootste lesse geleer. Al jou ander prestasies beteken niks want dit sal altyd oorskadu word deur die uitstalling van disrespek aan ander mense.
Mag God jou en jou mentors vergewe want julle het nie geweet wat julle doen nie. Julle het nie Sy woord (Bybel) geken or geraadpleeg nie, ook nie wat Hy van ons as mense op die aarde verwag nie.

Stripes ·

Dit is Godslastering en daar is geen verskoning daarvoor nie.

Ek wonder nou net, as die betrokke skool dan nou deel is van die Curro-groep dan behoort die leerplan vir die Groep tog sekerlik dieselfde te wees? Sou dit dan beteken dat daar by alle skole in die Groep ‘n soortgelyke uitstalling is of is dit maar net ‘n enkele skool in die Groep wat so verrot is?

Tydsgees ·

Wat ons hier sien is ‘n spieel van ons samelewing. Die leerder hou vir ons ‘n spieel voor en ons walg.

As ons walg dan is ons nog lewendig.

Die vraag is waarom sien die leerder die wêreld so? Is dit nie omdat ons maak asof of Christelik is nie, maar terselfde tyd haat ons, ons naaste. Ons verontagsaam die 10 gebooie. Ons as Christene se egskeidingsyfer is net so hoog as die van mense sonder geloof. Vir ons is tans geen probleem om op Sondag sport te kyk nie. In verlede was dit ondenkbaar.

Mag God ons genadig wees. Mag ons kinders ons vergewe vir ons lou geloof. Mense kom ons keer terug na God, sodat ons kinders nie Jesus sien as ‘n hanswors nie.

Kom ons bid saam vir wysheid en geloof sodat ons kinders ons getuienis kan sien en ook glo dat Jesus het vir ons sondes gesterf het.

Sanet Els ·

“vreeslik is om te val in die hande van die lewende God” (Heb. 10:31).”

Estelle ·

Êrens in die Bybel, word daar gesê,…..”die wraak kom MY toe!” Ek stem saam met Jan…..gin wonder ons kry nie reën nie!! Daar is meer Godslastering aan die werk as net die Curro- skool.

EDL ·

My hart is baie seer en eina, dit is vreeslik om te dink in die tyd wat ons in leef dat daar so baie onkunde aangaan, mag onse God intree en hierdie mense se harte sag maak en hulle laat sien dat ons GOD LEWE sodat hulle kan regmaak voor dit te laat is, goedheid en guns aan al die broes en susters wat opreg glo in GOD, laat ons saam staan en vir hierdie mense bid.

Martin ·

Maak nie saak of die skool n privaat of staats skool is of deel van n groep skool is nie, die betrokke Hoof en Kuns onderwyser/res moet summer afgedank word. Hulle moet dit NOOIT toe gelaat het nie. Laat my wonder oor hul persoonlike opinie rondom DIE Kuns.

Irene ·

Om jouself uit te druk of vryheid van denke, is nie meer vryheid as jy van iemand anders se godsdiens n bespotting maak nie! Ek verwonder my oor die hoof en die skool se reaksie dat hulle geen naamskending, ens sal verdra nie?? Ek wag nog vir ons kerke om iets te se… miskien wil die Here hierdie situasie gebruik om ons te leer om op te staan vir Hom, en ons land se Christene bymekaar te bring, DAN sal Hy vir ons reen gee?!

Anon ·

Daai uitstalling moes onmiddelik verwoes/vernietig/verbrand gewees het. Mag God die een genadig wees wat in opdrag van ‘n onderwyser opgetree het. En God sal die wat hom bespot nie ongestraf laat nie. Ons DIEN ‘n GROOT GOD….

Anneke ·

Johan, ek stem saam met alles hier, dit is moreel erg verkeerd, en gaan teen ons almal se geloof, maar jy kan nie alle CURRO skole onder dieselfde kam skeer nie. Ek het kleinkinders in ‘n Curro skool, en een van die dinge wat my opgeval het is juis hul “Christian values”, daar is nie ‘n manier wat my kleinkinders na ‘n Departementel skool in hul area kan gaan nie, daar gaan dit nog erger, kom ons vat die betrokke Curro skool aan en veralgemeen nie.

AI AI AI ·

Anneke, ek stem saam. My dogter is in ‘n Curro skool, en die Christelike Waardes word definitief uitgeleef. Die hoof en personeel se lewens spreek die waardes.
Nou spring almal op die wa oor die een skool? Dit is nie regverdig teenoor die ander wat wel die paadjie reg loop nie!!!

Sodom en Gomorra ·

Sodom en Gomorra – dit is wat die skool uitbeeld.

Hennie ·

Emosie loop hoog!
laat die uitkoms wees soos dit moet wees, nie asof ek n slapelose nag hieroor sal he nie. As jy weet wie jy is kan iets jou nie ontstel nie, ek stem saam n vorige skrywer. Jesus en God het niemand gevra om hulle te verdedig nie, waarheid staan op sy eie voete. Nie asof die die eerste skokkende verskynsel is wat Christenskap bedreig nie. Maar eerder is die n geleentheid vir almal hier betrokke om te groei. Liefde oorwin alles. Die selfde tong waarmee ek kan ontklee is die tong waarmee ek kan beklee. Oordeel net nog nooit goeie vrugte opgelewer nie. En hy wie haastig is kom in die moeilikheid.

boerseun ·

Is so, maar die mense lok kinders (geld) onder die voorgee dat hulle Christelik is en dit is hoekom gemoedere nou hoog loop.

Ja swaer ·

Die persoon wat die uitstalling toegelaat/ goedgekeur het en die skoolhoof het oordeelsfoute begaan. Hulle behoort om verskoning te vra en te sorg dat dit nie gebeur nie. Kuns is soos die grondwet van hierdie land – dit word misbruik om teen mense se waardes, norme, geloof en taal te diskrimineer. Ware kuns het ‘n waardevolle boodskap, nie ‘n gemene streek om mense te verneder nie.

Ai ja jai ·

Wat ‘n belaglike klomp – die Curro narre. Al waaroor hule bekommerd is, is hulle goeie naam en reputasie – ha ha, julle is skynheilig. Julle lok leerlinge onder die dekmantel van geloof – sies man!

Koos vd M ·

Uitstekend. Is dit moontlik om een van die kunswerke te koop, en waarso?

Bedaar ·

Sjoe, waar was al die kommentaar toe 60 000 lewende hawe in haglike omstandighede op n skip gelaai is na n Moslem land. Toe nou maar, bedaar, en berei jul blootjies eerder voor vir Halloween, dis mos vir meeste aanvaarbaar. Interessant hoe ons God net denkbeeldig verdedig maar die realiteit van onchristelike optrede daagliks aanvaar want dis mos net “besigheid”. As jy my vra het die leerder Christenskap mooi saamgevat. Want almal bid, lees Bybel en skeur dan op wat hul gelees het want leef dit nie.. Swets hier op sosiale media op mekaar en sien nie eens die Satan daarin raak nie. Herinner my aan die fliek”Devil’s Advocate” Want: Vanity is still his most favorite sin”.

Sonia Joubert ·

Die student het ander mense se kuns gebruik. Dit kan klaar tel as: Doen die opdrag oor of druip. En die skool moet besluit: Als vir Jesus of niks! Die student kon definitief beter gedoen het, meer positiewe en na die punt gesprekke tot gevolg gehad het. Byvoorbeeld dalk al hierdie satanistiese superheros wat brand in ‘n helse vuur. Saam met daai nar! En al die “onskuldige” disney karakters. Geen kind van God wat met Sy Gees gevul is, sou sulke kuns kon doen nie. So, bid vir die student en bid vir die skool. Ek bid ook dat die skool die student ‘n tweede kans gee vir oorspronklike kuns wat nie ons Here so godslasterlik uitbeeld nie. Die student het liefde nodig, en aanvaarding. Skyn ander gelowiges hul lig in daardie skool? Reik hulle ‘n hand van liefde en aanvaarding uit na die student en almal?

Mariette Hammann ·

Klaarblyklik het die “kunstenaar” ‘n klomp pryse gekry, en ek neem aan dat die punte dan seker baie goed moes wees.

Philip ·

Gaan lees gerus Openbaring 13, hierdie dinge word voorspel, ook dat daar baie valse profete sal wees, die vraag kan met reg gevra word of die bestuur van die betrokke skool deel uitmaak hiervan, vooraf gee hulle voor dat hulle Christelike waardes en normes handhaaf alhoewel hulle eintlik in die naam van mense regte duiwels waardes propageer.

Hierdie hoofstuk openbaar verder hoe die satan teen God en sy kerk veg.
• Die satan gebruik allerhande aardse magte en middele as instrumente om die gelowiges te beveg en hulle lewens te verswaar.
• Dit word uit hierdie openbaring duidelik dat die satan die volgende middele onder sy beheer kry teen die einde van die tyd:
o Wêreldse regerings
o Politieke magte
o Kerke en gelowe wat wêrelds (valse gelowe) is
o Gelowe wat teen God gesind is
o Valse profete
o Wetenskap
Het u al opgelet hoe vinnig ons aan dinge gewoond raak wat stadig in ons lewens inkom? Dit is wat hier beskryf word.
• Die antichris verskyn geleidelik en maak die mense op die aarde gewoond aan hom.
• Wanneer hy eers so ver op die voorgrond getree het dat hulle hom heeltemal kan herken, is hulle al so gewoond aan sy manier van doen, dat almal nie meer omgee om oor te skakel na sy waardesisteme toe nie.

Terry ·

Opsommend is die gevolgtrekking dat Curro moontlik Satanisme en Christian Bashing in n Christelike skool goedkeur

OEPSIE ·

Dit is kuns, en kuns gee uitbeeldings.
Almal skree satanisme ens. Dit is die uitbeekding wat julle sien.
Ek sien in die kunswerk hoe die samelewing en alle ander goed verafgod soos ranald mcdonald en superheroes ens en die Vader en sy Seun eenkant stoot.
Die feit dat dit in n hoek half weggesteek is, is alspris deur die kunstenaar gedoen om te wys dat ons almal onself dit toelaat en blootsel aan onsself en ons kinders en net ons oe anderkant toe draai.
Die bybel wat opgeskeer is is nie n sonde nie want dit is nie GOD nie. Jy mag GEEN voorwerp of adbeelding van hout, klip, metaal of papier….GEEN maar GEEN voorwep of afbeelding aanbid nie.
Die Woord was en sal altyd met die Vader wees en ounthou…dit is in ons harte gekerf.
Ek sal eerder oppas vir die Pastoor soos ek ook vir die ander oppas. Hulle maak inelkgeval mense deurmekaar met hull toelating van homoseksuele manse in die KLIP en HOUT geboue wat kerke genoem word.

Tans ·

My Kinders is self in ‘n Curro. Ja, soos my kinders se: “Dit is baie fancy nancy”… dit is net nog ‘n besigheid! Ek is juis nou besig om te kyk na ander skole vir my kinders vir volgende jaar. Om R13500 ‘n maand te betaal vir 2 kinders is inelkgeval verregaande. Ek is ook so moeg om dieselfde ruimpie oor en oor te lees, elke keer wanneer daar gekla word: “Die Curro groep keer nie kuberboeliery, godsdienstige onverdraagsaamheid, haatspraak, neerhalende taalgebruik, wanvoorstellings op sosiale media goed wat negatief op Curro-handelsmerk weerspieel nie.” Die kunste is afskuwelik en ek is erg geskok en seer gemaak. Vandag stuur my kind vir my ‘n prentjie wat ek moet print vir hul kuns – ‘n hand wat ‘n pistool vashou… en ek wonder waarnatoe is dit nou oppad… Ek was nog altyd ‘n voorstaander vir Curro, maar dit voel al hoe meer vir my “bo blink, onder stink…”

@AH ·

Ons Allerhoogste word bespot, belaster en verneder in die sogenaamde “kunswerke”. In geen van daardie tentoonstellings is daar enige positiewe uitbeelding van God en Sy Almag nie. Dis ‘n absolute skande (en satanisties) en die skool moes nooit die uitstalling toegelaat het nie. Ek kan net dink hoe hartseer ons Here Jesus hieroor is, maar God slaap nie en reg en geregtigheid sal geskied. (Onthou die deler / uitstallers is net so goed soos die steler / die skepper van die “kunswerke”. Ek sal my kop in skaamte sak as ek die skool is. Ek sal nooit so iets goedkeur of ondersteun nie, dis dan net so goed jy ondersteur satan en sy trawante.

FBI ·

Ja ons lewe in ‘n siek en gebroke wêreld. Verdraagsaam wees vir ander gelowe is om ons ALMAGTIGE God te reduseer tot net nog ‘n god soos alle ander. Die wat dus ons Verlosser Christus wil misbruik en uitbeeld as ‘n nar sal die toorn van God moet kan verdra wannner dit op hom afkom vir die gods lastering.
Gebruik dan ander uitbeeldings om die lou en gebroke Christen lewe kan uitbeeld.
Laat ons almal bid vir alle Christene om ware Christene te wees.

Christen ·

Skole moet baie duidelik wees oor wat dit beteken om ‘n “Christelike” skool te wees. Christen is ‘n tipe geloof. Hulle moet dan liewers hulself adverteer as ‘n “Gelowige” skool. Siende dan die Christen skool alle gelowe respekteer. Christene respekteer mense, maar staan op vir hul geloof. Dis van alles respekteer en oorsien dat ons is waar ons is.

Jacques ·

Die skool praat van godsdienste verdraagsaamheid, maar teen ons Christen geloof word geem verdraagsaamheid getoon nie. Dis altyd interessant hoe Christene en Afrikaners aan die kort ent van verdraagsaamheid moet trek.
God stel dit duidelik dat dié wat Sy naam ydelik gebruik, nié ongestraf sal bly nie. En dis presies wat die skool en die leerling doen.
Christen of nie-Christen, almal sal uiteindelik buig voor die Here Jesus Christus.

Penelope ·

Here, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Dis ‘n skande, weereens leer vandag se jeug by die bestes… Ons land is siek en die mense in beheer het nie ‘n idee hoe om dit reg te doen nie.
Ons sal moet op ons kniee bly.

vanAfrika ·

Sy Woord sê help die wat verkeerd is reg sodat jy nie bloed op jou hande het nie, as die persoon verkies om nog steeds in sonde te lewe is sy bloed op sy eie hande, nou sê Rian wat die kind doen is ok, vir iemand soos hy wat op n openbare platvorm lewe, behoort hy die geleentheid te gebruik om ons jeug in te lig dat wat nou gebeur het nie in God se guns is nie. Laat die Heer met die wees wat so verdwaald is en nie ons Westerse geloof verstaan nie. Help hulle wat nog in onkunde lewe en onder die invloed van die volwassenes is wat nie die erns van God se wette verstaan nie. God is jaloerse God, jy sal geen gode aanbid, dis n gruwel in God se oë. Ek glo God sal beheer neem oor hierdie skool en dat Hy Sy boodskap sal uitdruk dat wat daar gebeur het oorwin sal word deur ons God wat hemel en aarde geskape het

Avokado ·

Weereens bewys van ‘n instansie of groep wat Christenskap en-waardes as ‘n “catch phrase” voorhou om mense om die bos te lei om hul geld in die hande te kry. As iemand vir my sê hy of sy is ‘n Christen hardloop ek weg!

Nettie ·

@Avokado – wel, ek is ‘n Christen, maar hoh nou! voor jy wil weghardloop: ek beoefen my geloof in privaatheid en het respek vir ander mense se gelowe, want ek vra: “Wie is EK om iemand wat ánders as ek glo, te veroordeel en te eis dat mý geloof die enigste, die regte is?”. Ek lees my Bybel, bid tot my God (Here Jesus Christus) soos ek geleer is. Maar as iemand Allah aanbid of Die Profeet Mohammed navolg, sal ek daardie persoon nie kritiseer nie. Ek dink hierdie is ‘n “storm in a teacup” – synde die persoon wat die ‘kunswerke’ geskep is …. wel, weliswaar ‘n KUNSTENAAR is, moet dit nie as direkte kritiek of verwerping/onderwerping van die Christen-geloof aan Satan of selfs Satanisme beskou word nie. Dis Duiwelsbeelde, gedrogte, lelike goed …. gemaak van ‘n (dalk ou) Bybel se blaaie, maar …… dis KUNS, alternatiewe KUNS (of so iets ……..).

Erna van Biljon ·

In die eerste plek dink ek die mense wat so klippe gooi, bietjie moet terug dink aan Jesus se woorde. Tweedens, indien die kind wel God bespot het – wat ek sterk betwyfel: ek verkies om te wag tot ek sy verduideliking gehoor het – is God die Een wat oordeel, nie ons nie. En ek voel sommer so aan my agterwereld dat ek nou ‘n klomp mense die harnas in gejaag het. Wel, soos my kleindogter altyd se: tough!

Anoniem ·

Gods lastering deur en deur. Dit is hoekom dit met ons land gaan soos wat dit gaan. Om hierdie te sien is Sick verby.

mags ·

When you look at the the table with all of them sitting there, in the middle is a clown, that depicts Trump. Behind him is the dollar signs!!!! the whole picture lets us know that the world is ruled by money…..the most “biggest, best & strongest” is the USA. So it is just showing you all how corrupt the world is and how the followers look like. Please people get a grip!!!! Julle “christene” het altyd baie te sé, kyk na jou binneste dan sien jy wat jy werklik is. As jy moet sé dat jy ‘n christen is , is dit maar tragies. As jy ‘n ware christen is sal mense dit dadelik SIEN!!!!

Nooit ·

Moet julle nie opwerk nie. Die Here sal self Sy straf uitdeel soos dit verdien word.

Bertie ·

Nooit, as jy ‘n kind van die Here is, sou jy soos die res van ons gevoel het. Jy het jou punt gemaak.

Wesley ·

Bertie, dink jy nie dit is dieselfde woorde wat die Fariseers gebruik het om mense op te sweep en hul agenda te dryf om mense te vervolg en uiteindelik Jesus te kruisig nie? Jesus het gese “volg my” en die res wat nie so gemaak het in vrede gelos, om uiteindelik alleenlik deur God beoordeel te word. Laat elkeen self na sy eie siel omsien, en nie deur ander beoordeel te word nie.

EAN ·

Moenie my kruisig nie!! Ek dien die Here volluit. Kom on benader dit uit ‘n heel ander hoek! Enige iemand wat iets van kuns af weet, sal weet kunstenaars (hetsy sangers/skrywers/beeldhouers ens) is ‘n profetiese stem van ons tyd en die leefwêreld waarin ons leef. Kunstenaars beeld die werklikhiedi van hulle wêreld uit in hulle kuns om daarmee iets te kommunikeer. Hierdie kinders sê eintlik deur hierdie uitbeeldinge presies wat tans besig is om te gebeur in ons land op “geestelike vlak”….lees 2 Tim 3/4. Mag geestelike leiers en volgelinge van Jesus ag slaan op hierdie versinnebeelding!Carpe Deim!!

Help my reg ·

So as ek jou redenasie reg verstaan om iets uit ‘n ander hoek te kyk om dit te regverdig; dis eintlik ‘n goeie ding dat ons so ‘n hoë moordsyfer het want dit is goed vir die ekonomie as ons begrafnisondernemers en bloemiste en dominees ekstra werk gee? Daar is ook minder mense, wat positief is vir die bevolkings aanwas, nie waar nie?

LANA ·

Dit gaan nie oor kuns nie, maar sou dit daaroor gaan –
Meeste van ons is nie kunstig nie.
Ons kan nie “hoor” wat die prente en beelde te sê het nie, want dit kan nie praat nie.
Ons eie oë kan wel sien en dit wat ons sien, walg.

Francois le Cochon ·

LANA. Dit is presies wat die kunstenaar van jou verwag, om gewalg te wees oor hoe valse “Christene” geld wil maak in die naam vn God/Jesus deur liggelowiges uit te buit, want dit is waaroor die kunswerke gaan.

Wesley ·

Ek is nie n “fan” van wat die kunstenaar uitgebeeld het nie, moet nou mos weet watse herrie dit gaan veroorsaak, maar watse verhouding die kunstenaar het met God of nie is irrelevant. het niks met ons mense te doen nie. Sy geloof en siel is syne om na te kyk.

Maar n mens kan sien die wereld is so, en was nog altyd, soos hierdie kunstenaar blykbaar wil uitbeeld. Kerke, geloofs-instansies, geldlustige predikers om elke hoek en draai om mense te verlei en van hul geld te onteien vir privaat jets, luukse motors, kitskos en sjampanje elke aand. En hul gebruik die Woord om so te maak, en niemand staan op teen hierdie mense nie, liewer heil hul op soos afgode.

Indien jy wil weet of n geloofs-instansie werklik die Woord wil versprei, luister na wanneer hul vir geld vra. Dit sal nie wees “gee vir ons, en ons lewens sal beter raak nie” dit sal wees, “gee vir ons, en ons sal iemand anders se lewe wat moeiliker gaan as ons sin, probeer help”. Daarin le die verskil.

Waarheid ·

Is daar n foto van die hoof sodat ons kan sien hoedat hy lyk en weet om weg te bly van hom wat tevrede is met demone en satanisme?
Hy is n groot gevaar vir die samelewing.
Dit is waarom SA vandag is waar hy is oor geen morele waardes aan die orde van die dag is.
Die duiwel regeer in ons land.

Mariette Hammann ·

Hoe respekteer die Curro groep ander gelowe as hulle toelaat dat Christus so gespot word? Moenie praat van kuberboelie as Christene hulle godsdiens wil verdedig nie. Die sogenaamde “kunswerke” is walglik en Godslasterlik, Moenie verwag dat ander mense daaroor gaan stilbly nie!! Die “kunstenaar” is nie die enigste persoon met ‘n mening nie. Die skool moes nooit toegelaat het dat hierdie gemors uitgestal word nie.

adriana ·

Ek het dit nou vir almal wat ek in die Buiteland ken, aangestuur sodat hulle kan sien waarvoor party skole in S A staan.

Satanskinders ·

Hierdie skool is gedoem.
Ek sal my kind daar uithaal.
Dit kan nie goed wees om tussen satanisme en demone skool te gaan nie.
Wys asb foto van die hoof en personeel sodat ons almal kan sien hoe hierdie mense lyk wat hulle morele waardes en siele aan satan uitverkoop het?

Attie. ·

Ek voel baie jammer vir die skool en alle personeel wat dit goedgekeur het want die God wat ons lei en vir ons sorg sal dit nie hier laat nie. Almal wat dit nie afkeur nie moet besef hulle is aan die Duister se kant in sy oorlog teen die Lig. Hierdie sal nie ongestraf bly nie. My God sal julle wegvee voor Sy aangesig. Onthou dit goed.

Laat my dink. ·

Walglik, skokkend. Tot ek my eie oorspronklike kommentaar lees. Toe begin ek dink. Verskeur ek nie die Woord elke keer as ek ‘n taxi vloek nie? Laat ek nie dat evil uit hierdie verskeurde Woord opstaan nie? Verskeur ek nie die Woord as ek nie geduldig, vriendelik en vergewensgesind is nie? As die selfde gesindheid wat in my Verlosser is nie in my is nie, laat ek nie die satan uittroon bo die verskeurde Woord nie? Jesus wat die Lewende Woord is, het gebid vir vergifnis vir die wat besig was om Hom te verskeur. Ek wou dat die kunstenaar en onderwyser hard deur God ge-oordeel word. Hiermee was ek ook besig om net so hard aan die Woord te skeur.

Sophia ·

Dit wat deur die video uitgebeeld word, het my INNERLIKE WESE DIEP ontstel. Ek was werklik uiters bedroef, in my wese geskok… tot in my siel! Ek vind dit uiters onverskillig verwaand en vermettel van die persoon wie dit gedoen het en ook die wie dit goedgekeur het en dit boon-op ook nog bekroon het! EK SIDDER OM DAARAAN TE DINK, DAT DIT WEL KAN GEBEUR DAT DIT WAT DIE PERSOON, WIE AL HIERDIE UITERS VIESLIKE, MINAGTENDE, GODSLASTERLIKE BEELDE EN TEKENINGE GEDOEN HET, OOK GODSWOORD OPGESKEUR EN VERVRIMMEL HET, DIT ALLES WAT HY UITBEELD, HOMSELF KAN TREF! HOE VREESLIK VERSKRIKLIK MOET DIT NIE WEES NUE!? ONS KAN NET VIR ALMAL BID WAT BETROKKE WAS MET HIERDIE ONDENKBARE WALGLIKE, MINAGTENDE AANVAL OP ONS ALMAGTIGE SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE, EN ALLES WAT DAAROP IS! JESUS CHRISTUS MAG NOOIT OOIT SÓ BESPOTLIK GEMINAGDEND VERNEDER EN WANVOORGESTEL WORD NIE. JESUS IS DIE ENIG GEBORE SEUN VAN GOD, WIE VIR AL ONS SONDES EN SIEKTES AAN DIE KRUIS GESTERF HET, SODAT ONS DIE EWIGE LEWE KAN BE-ERWE! HOE BEDROEF MOET ABBA VADER , JESUS CHRISTUS EN ONS WONDERBARE HEILIGE GEES NIE WEES NIE! EK BID NOU: VADER VERGEWE HULLE WANT HUL WEET NIE WAT HUL DOEN NIE!!!

Henk ·

My vraag vir die skool is net as volg. Wat sou die skool maak as die Moslem geloof so uitgebeeld word, of dalk een van die ander gelowe. Ek verstaan dat daar ‘n tema was en dat dit die kunstenaar se uitbeelding is van die tema. “Dit maak dit nog nie aanvaarbaar vir my as Christen nie”.

Sonja ·

1Pet 4:14) As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. –

Anton ·

Laat ons maar eerlik wees. Deur jou skool te bemark as gebaseer op christelike beginsels , het sy finansiele voordele. Ek was betrokke by so ‘n skool en een van sy besluitnemers was ‘n Moslem !

Heidi Lundie ·

Al wat die kind verkeerd gedoen het is mense se intelligensie oorskat. Kuns is nooit net oppervlakkig en wat mens met eerste oogpslag “sien” nie. Dalk sien elke mens iets anders, dalk sien ons wat in ons harte is? Ek kon duidelik sien dit is nie lasterlik teenoor God nie maar teenoor mense wat God se woorde verdraai en van Godsdiens ‘n besigheid maak. Godsdiens is deesdae een van die grootste kommoditeite. Dit is net geld geld geld. Ek voel half jammer vir die kind dat mense so toe soos klei-osse se oor is en nie eers net bietjie dieper kyk en vrae vra nie. Kuns se doel is om mense te laat dink. Maar mens kan ‘n perd tot by die water lei maar jy an hom nie maak drink nie. Jammer jongman, ek hoop jy oorleef die massa se klippe.

Junior ·

Kry darem ‘n skoftoelaag om die tyd van die aand te sit en goed uitvee.. ??

LNK ·

Heidi Lundie ek stem volkome saam met jou – baie mooi gestel!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.