Skool se biblioteek afgebrand

Die biblioteek wat afgebrand is. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn biblioteek by ʼn plaaslike hoërskool afgebrand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Donderdagaand by Akani High School in Hlanganani buite Giyani plaasgevind.

“Die motief vir die voorval word ondersoek. Die moontlikheid dat dit verband hou met voortgesette protesoptredes deur leerders en die gemeenskap kan nie uitgesluit word nie,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê skooltoerusting, waaronder rekenaars en boeke, is heeltemal verwoes.

Die situasie in die omgewing is steeds gespanne en gemeenskapslede het paaie in die gebied met stene en takke versper. Beamptes van die polisie-eenheid vir openbare orde is na die gebied ontplooi om die konflik te ontlont.

Niemand is nog in verband met die brandstigting in hegtenis geneem nie.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adriaan ·

Oor 2 weke gaan dieselfde “leerders” weer protes optredes hou. Oor die skool wat afgebrand is.

Adam ·

Elanie, die afbrand van die biblioteek is nie vir hulle tragies nie, want weinig van die brandstigters kan lees. Ons probleme op die gebied dateer terug na 1976 se “no education before liberation”. Ons het ‘n nasie met ‘n lae onderwyspeil geword omrede ons geregeer word deur die produkte van 1976.

Adri ·

Jer._6:26: “Dogter van my volk, omgord jou met ’n roukleed en wentel jou in die as; bedryf rou soos oor ‘n enigste kind, ‘n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons.” en Nah._2:1: “’n Verwoester trek teen jou op; bewaak die vesting, kyk uit langs die weg, versterk die lendene, versterk jou met alle mag!”.

marous ·

As hulle hom herbou moet die belastingbetalers hom vernietig. Punt

Lou ·

Brand kennis, wysheid en vooruitgang af. Dan sit jy op ‘n hopie en kerm van ellende.

Verwonderd ·

Lou – Hoe waar… Hoeveel ander lande sal nie hulle agtertande gee vir ‘n biblioteek nie?

Dawie ·

Stuur asb ‘n baie slim persoon na my toe om hierdie aksies te kom verduidelik.
Ek kan dit nie verstaan nie?

Johann Marx ·

Dawie, dis maklik. As jy iets nie verstaan nie…..brand dit af. As jy iets nie kan gebruik of bemeester nie….brand dit af. As iets nie vir jou sin maak nie…..brand dit af. As jy nie weet wat om met ‘n ding te doen nie…..brand dit af. As jy die skool afbrand, gaan niemand skool nie, kan niemand dop nie…..problem solved. Verstaan jy nou?

jack daniel ·

En dit te danke aan die minister van onderwys wat gese het dat te veel lees jou breinkanker gee. Lol

SARIE VAN HEERDEN ·

Johan Marx, ek het jou kommentaar geraam en in my studeerkamermuur gehang. Se net daarby: as jy afbrand het jy tyd om op die straat vir jou ‘n “ietsie” aan te hark want mens het darem menslike behoeftes ook. En oor 9 maande het jy jou eie skepping in jou arms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.